Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die ervarings van keiser Josef met die geestelikes. Rede van die vroeë dood van hierdie keiser, hy word nou aangestel as oordeelsengel teen Rome

218 Nou kom keiser Josef* na My toe en sê: “Heer, wees my sondaar genadig! Ek kan weliswaar nie oor ander spreek nie, want ek is self nog vol allerlei skuldgevoelens, maar omdat dit hier oor die hoë Roomse geestelikes gaan, kan ek onmoontlik swyg! Ek het die gebroedsel leer ken soos geen ander voor my en nie maklik iemand na my nie. Dit is egter sodanig deur my bestraf, dat dit sy wel tot in ewigheid sal hyg. O Heer, dit is vir my byna onmoontlik om U alles te beskryf wat ek as keiser met hierdie wesens deurgemaak het! Die skandalige en gewetenlose ingesteldheid van hierdie kaste het so `n vlak bereik, dat mens werklik geen woorde kon vind om haar te beskryf nie. *(Josef II, gebore 13 Maart 1741, oorlede 20 Februarie 1790, Rooms-Duitse keiser uit die huis Habsburg-Lotharinge, seun van Maria-Theresia van Habsburg en Frans-Stefanus van Lotharinge, regeer van 1780-1790 en voer in hierdie tyd baie betekenisvolle vernuwings deur in die sin van geestelike verligting, in sy lande (die sogenaamde Josefinisme: vertaler))

[2] Omdat dit my as aanhanger van U suiwer leer maar al te duidelik was welke verskil daar gelê het tussen die leer van Rome en U suiwer hemelse waarheid, het ek graag die valse Roomse vir goed uit die wêreld gehelp. Was dit my vergun gewees om nog tien jaar langer op aarde te lewe... volgens U heiligste Naam, dan het ek dit ook gedoen! Maar juis hierdie skurke, vir wie ek as die ergste klip des aanstoots gekom het, het geweet om as `n kwaadaardige kankergeswel op slinkse wyse na my aardse lewensdraad te kom en hom voortydig deur te knaag. Sodoende kon ek my voorneme nie uitvoer nie.

[3] Tog verheug dit my dat ek tenminste die weg tot haar verval gebaan het en dat dit begin om goeie resultate te hê. Want telkens wanneer ek in hierdie wêreld berigte ontvang van die aarde, sê mense altyd dat die hoer van Babel aan ongeneeslike uitteer ly, en dit is vir my `n groot vreugde, ja `n volkome hemel. O Heer, seën my werk, sodat dit op U aarde goeie vrugte mag dra! Dit sou vir my die grootste vreugde wees as U vir my sou sê dat ek geen nuttelose kneg op aarde vir U was nie!”

[4] Ek sê: “My liewe broeder Josef, Ek kan voorlopig niks anders sê nie, as dat jy vir My `n kneg was soos daar weiniges voor jou was en soos daar tot nou toe geen meer na jou was nie! Jy het heeltemal na My hart gehandel en was trou in die toevertroude huishouding wat aan jou gegee was. Die rede dat Ek dit toegelaat het dat jy My slegs `n kort tydjie op aarde hoef te gedien het, is hierin geleë, dat die mensdom jou nie werd was nie. Daarom het Ek haar dan ook met oorloë en allerlei node en teenspoed besoek, waardeur hoog en laag verdeemoedig was soos nooit êrens anders tevore nie. En hierdie verdeemoediging sal voortduur totdat die laaste slegte saad van die aarde verdelg sal word.  

[5] Jou sal Ek egter nou eers `n goeie swaard gee, waarmee jy die hoer van Babel baie anders sal kan bestry as wat jy ooit op aarde geken het, want jy is vir My `n goeie stryder vir hierdie allerbelangrikste saak! Wat Babel en sy swart, skarlaken en purperrooi knegte alles vir gruwels bedrywe het, hoef jy My nie hier te vertel nie, want Ek weet alles die allerbeste, en daarom het dan ook die tyd van die oordeel oor haar aangebreek. 

[6] Maar let nou op: Daar uit `n donker gewelf kom `n aartsbiskop uit jou tyd op ons af. Jy sal hom dadelik herken en ook hy vir jou. Gee hom `n gepaste antwoord, soos Ek dit jou in die mond sal lê.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205