|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 77
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Verhelderende woorde van die Heer oor die “onoorbrugbare kloof” en die vergewing van “doodsondes”
227 Josef sê: “O Heer, dit het ek weer volkome begryp, maar daar staan nog iets in die skrif wat ek nie heeltemal begryp nie. Dit is naamlik die onoorbrugbare kloof in die gelykenis van die ryk swelger, wat U vir die oog van die wêreld in die hel geplaas het. As daar tussen diegene, wat hulle in die skoot van Abraham in die hemel bevind, en diegene wie se verskriklike lot die hel is, `n onoorbrugbare kloof bestaan, hoe kan `n verlossing uit die hel dan moontlik wees? Dat mens moeilik daaruit verlos kan word, blyk ook nog uit `n ander onderrigtende teks van die skrif, waarin die sogenaamde sondaars teen die Heilige Gees, oftewel `n slegs baie moeilik te verwerwe, of heeltemal geen vergewing toegesê word nie, en dit, o Heer, nog wel uit U hoogseie mond! Hoe werk dit nou eintlik alles?
[2] Ek sê: “Dit is presies soos wat die regsgeleerdes in die wêreld sê - “Wie self vir iets kies, aan hom geskied geen onreg nie!” Die kloof beteken egter weer die nooit te oorbrugte onderskeid tussen My mees vrye orde in die hemele en die alles teenstrydige wanorde van die hel. Hierdie teks dui dus slegs op die onverenigbaarheid hiervan, maar nie op `n ewig geslote deur vir diegene wat hulle daarin bevind nie.
[3] Dat iemand, wie se innerlike al volkome tot hel geword het, vanweë sy vrywillige uittrede uit My mees vrye orde, na die noodsaaklik geoordeelde teenorde, nie al te vinnig en te maklik uit die hel sal kom nie, is vanselfsprekend. Dit is maar al te bekend hoe moeilik dit vir iemand is, wat volkome gevange sit in kwaadaardige trots en heerssugtige hoogmoed, om oor te gaan na die sagmoedigheid en deemoed van die hemele. So-iets is sekerlik nie onmoontlik nie, maar wel baie, baie moeilik. Jy sal in die toekoms nog dikwels ondervind hoe moeilik dit is om iemand volledig uit die hel te haal. Die trotse keer telkens weer terug na die trots, die onkuise na die onkuisheid, die luie na die luiheid, die jaloerse na die jaloesie, die vrek na die gierigheid, die leuenaar na die leuen, die rower na die roof, die moordenaar na die moord, die wrede na die wreedheid, ensovoorts. Ook al berispe mens hulle hoe dikwels teen hierdie eienskappe, tog val hulle steeds weer terug in dieselfde hartstogte, sodra hulle die ewige vrye lewe en vereiste vryheid gegee word. Hoe dikwels hulle weer terugval, soveel swakker word hulle en soveel moeiliker word dit vir hulle om aan die bose sonde te ontkom en as gelouterde geeste in My goddelike vryheid oor te gaan.
[4] Maar begryp My goed, vir menslike geeste is baie onmoontlik, wat vir My ewenwel baie goed moontlik is, want vir My is alle dinge moontlik!”
[5] Josef sê: “Ja, heilige Vader, nou is die tekste waaraan ek op aarde wel geglo het, vir my duidelik, maar hulle het nooit `n weldadige indruk op my gemaak nie, hoewel ek my as keiser moes hou by die mees gewetensvolle geregtigheid en nie genadig mag wees as ek teenoor een of ander swaar sondaar te staan gekom het nie.
[6] Merkwaardig was dit wel, dat ek geen streng regter kon staan nie. Die kantonregters, wat die sondaars te streng veroordeel het, het nie in my guns gestaan nie. Wie egter die sondaars so veroordeel het dat hy die sondaar wel baie noulettend gewys het op die omvang en die erns van sy sonde, maar die berouvolle in my naam genade bewys het en die sondaar slegs `n sagte en ligte straf gegee het by die verbetering van homself, het aan my `n troue vriend gehad.
[7] So was dit ook wanneer ek die evangelie gelees het. Wanneer ek die verse van die verlore seun deurgelees het, van die goeie herder, van die egbreekster ten opsigte van U in die tempel, as ek U Saggéüs uit die boom hoor roep, die geregverdigde tollenaar in die tempel hoor en U met die Samaritaanse vrou aan die Jakobsbron, heilige woorde hoor wissel, kon ek my trane nooit bedwing het nie. O, welke gevoel het U Woord aan die kruis gehad: “Heer, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” steeds in my losgemaak! Maar die plek waar U, hoewel met die volste reg, die sondaars onder skerp vervloekings na die hel verwys het, het werklik geen indruk op my gemoed gemaak nie. Daarin het ek wel `n regverdige God aan die werk gesien, maar teenoor Hom niks anders as magtelose wesens nie, wat hulle die mag van hulle Skepper en Regter moes laat welgeval.
[8] Ek het my hart wel gedwing om hierdie almagtige God met al my kragte lief te hê, maar moet tog tot my skande beken dat my hart Hom nie in hierdie liefde kon vind nie. Deur dergelike selfondersoek word ek toe `n vrymesselaar, om sodoende tot `n dieper kennis van God te kom. Ek het daardeur wel baie gewen en baie gelees oor die suiwer liefde tot en in God, maar die onverbiddelike regter wou absoluut nie verdwyn en die hel uitdoof nie.
[9] So het ek my ook dikwels lewendig voorgestel hoe U, wat soveel gely het uit liefde tot die mens om hulle gelukkig te maak, `n geregtelike rede gehad het om vir sondaars onbarmhartig te wees en hulle hulle sonde onverbiddelik streng te vergeld. Desondanks kon my dom hart haar nooit heeltemal vind in die hoogste liefde tot U nie.”
|
|
|
|
|