Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die offisier as heilsverkondiger. Hy neem hulle vertwyfeling weg en lei hulle na die Heer

238 Die offisier buig diep voor My, begeef hom onder die menigte en verkondig hulle die heil op `n redelik energieke manier, sodat iedereen deur `n soort duiseligheid bevange word en die vroue begin te sug en te ween. Want enkele swakkes meen dat die jongste dae waarop hulle opgewek en geoordeel sal word, nou sal kom.

[2] Maar die offisier spreek hulle kragtig toe en sê: “O, julle dom vroue en dwepers! Hoe kom julle by so-iets doms uit? Glo julle dalk dat die jongste dag so moet lyk soos wat die priesters dit vir julle afgeskilder het? Dit is hier ongetwyfeld `n jongste dag vir ons almal, omdat ons tot nou toe in `n duister nag geleef het, maar God die Heer Self het ons opgewek op hierdie dag en dit is `n egte jongste dag, waarop ons vir ewig die heil sal wedervaar. Daar bestaan ook wel `n oordeel tot die dood, waarin ons onsself tot op die uur met huid en haar bevind het, maar dit is `n oordeel uit onsself en nie uit God nie. Die Godswoord self en ons verleende wilsvryheid is dit, wat ons oordeel, anders sou ons klippe sonder lewe gewees het. Het ons onsself egter uit vrye wil die doodsteek gegee en kan ons onsself dan nie meer help nie, dan kom die Vader van bo met Sy engele en bring die dooies weer tot lewe! As die “dooies in die gees” dan weer tot ewige lewe in en by God ontwaak, dan is dit vir elke opgewekte gees `n waaragtige jongste dag. Wees daarom nie meer so kinderlik bang vir `n sekere dag van die oordeel wat hom in hierdie geestelike wêreld nooit sal voordoen nie. Staan daar dan nie in die Skrif, vir sover ek my nog herinner: “En Ek, sê die Heer, sal hom op die jongste dag opwek!”, en nie: “Ek sal hom op die jongste dag ombring en verdoem nie!”?

[3] God, die Heer het ons mense vir die lig geskape en nie vir `n ewige nag van dood en kwelling nie. Daarom wek Hyself ook almal op wat nog begrawe lê in die dood. Wees daarom verstandig en laat julle leer. Die Heer het aan alle mense die beste met Sy goddelike leer gegee. Dat die mens haar uit domheid en hebsug totaal verkeerd uitgelê het, daaraan kan die Heer niks doen nie. Dus weg met alle aarseling en volg my na die Heer; Hy sal julle almal salig maak volgens die mate waarin elkeen van julle daarvoor ryp is.”

[4] Die vroue sê: “Maar beste vriend, daar staan tog uitdruklik in die Heilige Skrif, dat na die opstanding, almal in die dal van Josefat bymekaar gedrywe sal word, vanaf Adam tot by die laaste mens. Daar sal hulle die Seun van God sien aankom te midde van Sy heilige apostels, alle heiliges en martelare, begelei deur tallose engeleskares. Daar sal die verskriklike Regter op Sy regterstoel gaan sit en dooies en lewendes oordeel. Kyk, dit staan ook in die Heilige Skrif! Hoe verklaar jy sulke verskriklike woorde?”

[5] Die offisier sê: “Beste vroue, kan julle glo dat ons God en Vader daarvoor kan sorg dat `n kinderrokkie, sonder om groter gemaak te word, nog te wyd kan wees vir `n reus? Sonder om die reus so klein te maak soos `n kind, of die rokkie reusagtig te vergroot, sou dit nie kon gebeur nie; of wat dink julle?” “Ja, ja,” sê die vroue en manne, “dit kan inderdaad nie!”

[6] “Goed” sê die offisier verder, “ons is nou reeds geeste in die geesteswêreld. Vind julle julleself groter of kleiner as toe julle op aarde was?” Almal sê: “Ons sien geen daarin verskil nie, vooropgestel dat ons al werklik in Godsnaam gesterf het.” Die offisier sê: “Nou goed, nou sal ons die dal van Josafat spoedig beter begryp! Dat ons onsself almal werklik in die geesteswêreld bevind, is nou goed duidelik en hoef nie meer bewys te word nie, maar dat ons ook werklik so groot is as wat ons op aarde was, kan ek met `n vergelyking aantoon.

[7] Kyk, daar staan die Stefanustoring, die katedraal en die huise alles nog presies so voor ons soos wat ons dit al `n duisend keer op aarde gesien het, en ons is, ten opsigte van hierdie geboue, net so groot as wat ons op aarde was. So sien ek ook by julle die baie normale postuur, soos wat julle dit op aarde gehad het. Kort en bondig, ons het hier, wat ons gestalte betref, eerder groter as kleiner geword. Die grootste bewys skuil egter daarin, dat God, die Heer Self, wie se gestalte sekerlik geen bedrog is nie, net so is soos ons. Maar let nou op, want nou gaan ons `n bietjie reken!

[8] Ek was eens op `n ekspedisie in Asië en het die goeie dal van Josefat gesien. Dit lê nie ver van Jerusalem nie. Die dale in die beloofde land is smal, taamlik rotsagtig en gladnie te lank nie. `n Dal met `n lengte van verskeie myl en `n breedte van ongeveer `n halwe myl behoort daar tot die grootste seldsaamhede. Selfs die dal van die Jordaan, een van die mees uitgestrektes, is gladnie breed en lank nie en ewemin die dal van Josefat.

[9] As ek tweeduisend man in die dal plaas, dan moet die man­skappe al rondkyk vir `n plekkie. As ek egter `n hele leër van seshonderdduisend man daarin sou plaas, dan sou die soldate die hele dal soos harings in `n ton opvul, en wel so dat, vanweë die gedrang, iemand hom nouliks sou kon omdraai. `n Miljoen mense in die dal van Josefat sou alreeds, net deur die gedrang, bloed laat sweet. Maar stel jou nou net `n honderd miljoen mense in die dal voor, waar sou hulle `n plekkie moet vind? Ons neem nou egter `n periode van minstens vyfduisend jaar, gedurende welke tydperk seker twee- tot driehonderd-duisend miljoen mense op aarde geleef het - en hoeveel daar daarna nog sal lewe, sal Onse-Liewe-Heer wel die beste weet - en hierdie ontsettende groot mense­massa moet op die jongste dag in die klein dal van Josefat op `n natuurlike manier `n plekkie vind?!

[10] Luister, dink net `n bietjie na, dan moet die groot ongerymdheid julle daarom tog opval! As so-iets moontlik moet wees, dan sou die mens ineen moet skrompel tot die grootte van infusiediertjies om almal in die dal van Josefat te staan. Die engele van God sou dan aangeraai moet word om hulle te voorsien van die beste hemelse mikroskope om, na die uitspreek van die oordeel, die goeies van die boses te skei. Dit sou werklik `n besonder moeilike arbeid wees vir die goeie, liewe engele van God! Sou die hele aarde egter verander word in die dal van Josefat, dan sou hulle nie almal tegelyk die streng regter kon sien en die verskriklike oordeel ook nie tegelykertyd kon verneem nie. Die Heer sou die oordeel dan minstens een keer elke sekonde moet uitspreek met `n enorme sterk stem, want die aarde draai ongeveer vyf Duitse myle per sekonde. As mens die hele saak op die materiële vlak wil uitlê, is `n aardige donderstem daarvoor nodig om op tenminste drie myl afstand gehoor te word.

[11] Julle sien nou goed in, welke ongerymdhede daar is, as mens God se Woord volkome letterlik en materieel wil opneem. Mens moet God se Woord, omdat dit deurgaans geestelik is, ook steeds geestelik opneem, as mens tot die waarheid wil kom, wat alleen in staat is om die menslike gemoed vry te maak van alle onsinnige dwaashede.

[12] Kyk, die dal van Josefat is vanweë sy besondere aard dikwels aangehaal by begrafnisse van vooraanstaande families. Soos wat mense by ons sê: “In die kerkhof kom ten slotte almal bymekaar: Groot en klein, ryk en arm, vriend en vyand!”. Dieselfde sê mens ook van die “dal van Josefat”. In `n enger sin is die dal, vanweë sy smal en ongasvrye vorm, tiperend van die graf self, en in geestelike sin vir die geesteswêreld, vir sover ons onsself tot nou toe daarin bevind het. Want ook die geesteswêreld is `n graf vir die gees van die mens, totdat God, die Heer hierdie gees deur Sy heilige, almagtige liefdeswil daaruit opgewek het, soos ons nou.

[13] Ons was dus tot nou toe in die eintlike dal van Josefat. Toe kom die Heer met Sy grenslose liefde en erbarming; Hy het vir ons die weg na die lewe deur Sy genade geopen. Daarom moet ons nou ook daaroor nadink hoe ons Hom moet bedank vir so `n eindelose genade. Kom daarom saam met my na die Heer om Hom te eer, aangesien Hy julle nou uit die dal van die dood en oordeel verlos het!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205