|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 33
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Minerva se prag in die hemelse gewaad. Robert en Sahariël maak hulleself bekend. Opvoeding tot ware vryheid en selfstandigheid
183 Miklosch gaan verder met sy verslag: “Minerva trek die gewaad nou werklik aan. O, drommel, dit is sterk! Nee, dit is onuithoudbaar, hierdie onuitspreeklike skoonheid! Heer en Vader Jesus, wees my arme sondaar genadig! Heer, ek gaan dood of ek word dom as ek nog enkele sekondes na hierdie al te verhewe skoonheid sou moet kyk! Hoe `n Cado en die twee ander, Robert-Uraniël en Sahariël, wat in haar nabyheid is, kan uithou sonder om hulle lewe te verloor, is vir my `n raaisel. Wel kry beide laasgenoemdes enkel en alleen al deur die glans en skoonheid trane in die oë, maar hoe Cado in staat is om dit so naby uit te hou...Hy wat dit kan, begryp dit. Broeder Bathianyi, kom neem my plek vir `n rukkie in, want ek kan dit werklik nie meer uithou nie.”
[2] Bathianyi sê: “Vriend Miklosch, dit sal sekerlik nie moontlik wees nie. Ek het slegs `n enkele vlugtige blik op haar gewerp en staan daarvan al skaakmat. Wat sou van my word as ek my langer aan haar sou vergaap? Beste vriend, vir die aanbod bedank ek jou! Verrig maar hierdie aangename diens self, ek sal wel myne uit jou woorde agterkom.”
[3] Miklosch sê: “Nou goed, dan sal ek maar weer so dom wees! Wel, nou moet jy dit sien! Nou laat beide die engele hulle aan Cado en Minerva sien en beide lyk heeltemal oorbluf te wees deur die feit dat hulle nou opeens geselskap van twee vreemdelinge kry. Cado bekyk beide met `n ondersoekende blik en skyn hulle te wil vra vanwaar hulle kom, van bo of van benede. Ek is benoud oor wat hier gaan gebeur.
[4] Nou stryk Cado die hare uit sy gesig, neem `n heldhaftige houding teenoor beide aan en sê: “Waar kom julle vandaan? Wat wil julle hê en wie is julle? Gee uiters noukeurig en waarheidsgetrou antwoord. Dink goed na... Die duiwel Cado verlang dit van julle!”
[5] Robert treë na vore en sê: “Ons albei is jou innigste vriende, ons is van bo en tegelykertyd van benede afkomstig. Ons het jou heimlik beskerm, anders sou jy nie hierdie oerkoningin van alle materie sover gebring het nie. Aan die einde van jou groot werk kom ons jou nou gelukwens, omdat jy dit, waar die inspanning van soveel magtiger broeders skipbreuk gelei het, so pragtig geslaag het. Sou jy na die groot werk, wat God welgevallig is, van ons dienste gebruik wil maak, dan staan ons gereed vir jou!”
[6] Cado sê: “Ek dank julle vir julle uiteindelike beskerming en ook vir julle bewaking oor my, maar ek moet aan julle beide beken dat dit vir my beter sou gewees het, as julle my nóg beskerm, nóg bewaak het, want ek het al genoeg aan die Naam en die Krag van die groot Een; al die ander tel niks vir my nie. Ek versoek julle daarom om julle onmiddellik van my te verwyder, anders sou ek geweld moet gebruik. My vurige beminde Minerva het immers nog lank nie op die punt aangekom om vreemde gaste, wat soos egte parasiete lyk, te verdra nie. As sy eenmaal heeltemal volmaak is, dan kan julle terugkom en julle oor haar volledige herstel verheug Maar nou verder geen hulp meer nie, want dit sou my moeite maar net vertraag en geensins verkort nie. Dus die Heer behoed julle, vriende!”
[7] Minerva sê: “Vriend Cado, daar ek nou die oerkoninklike gewaad aan het, meen ek hier ook wel `n woordjie te mag sê en iets te mag verlang. Ek eis daarom dat beide hierdie wyses van “bo en benede” hier bly om my in menige opsig goeie dienste te bewys, as hulle dit wil!”
[8] Cado sê: “ Dit mag slegs gebeur wat ek bepaal! As ek toegee, is jy en ek weer vir minstens `n halwe ewigheid verlore. Vergeet nie dat ons beide duiwels is en `n ander weg het om te gaan om tot die voleinding te kom as God se engele nie. Vriende, doen julle my daarom hierdie suiwer vriendediens en gaan, want in julle teenwoordigheid kan ek Minerva nooit verder lei nie!”
[9] Robert sê: “Vriend Cado, jy ken ons nog nie goed nie, as jy dink dat ons vir jou hinderlik sou kon wees na die uitvoer van jou goeie plan met Minerva. Kyk, wat jy tot nou toe gesê en gedoen het, dit het jy deur ons gedoen, want God die Heer, wie se Naam verhewe is, het ons die korrekte krag en mag daartoe verleen. Sou jy alleen teenoor hierdie sogenaamde Minerva gestaan het, dan het jy haar lankal smadelik ten offer geval. Dit was immers ons wat jou elke woord in die mond gelê het. Ons het jou klippe, wat jy as wapen gebruik het, geseën en versterk en het die vuurvloed nie hoër laat styg nie, sodat jy op hierdie heuwel `n veilige toevlug sou vind. Daar die dinge egter so en nie anders lê nie, hoe sou ons dan nou hinderlik vir jou kan wees? Wel nuttig, dit wil en kan ons na jou loflike en alle hemele welgevallige werk wel vir jou wees. Wees daarom wat ons betref, heeltemal onbesorg.
[10] Ons bly daarom nog `n rukkie by jou, sodat jy nou vry vanuit jouself verder sal kan doen wat nodig is vir die voltooiing van die grootse werk. Van nou af aan sal jy ons raad nie meer heimlik nie, maar openlik ontvang en `n daad sal slegs op jou verlange gebeur, sodat jy, netsoos Minerva, daardeur waaragtig vry kan word. Jy sal ons raad volkome vry kan aanvaar of afwys. Sou ons, soos tot nou toe, jou heimlik iets ingee, dan sou jy nooit vry en daardeur salig kan word nie, want in dié geval sou jy slegs `n werktuig in ons hande bly. Ons maak nou die werktuig vry uit die kettings van die oordeel, sodat dit dan uit homself iets mag word vir die Heer. Die swak werktuig moet dit egter insien en hom self daarvolgens oprig. Dan sal jy spoedig die ware en vrye volmaaktheid bereik en nie langer in gedwonge knegskap bly nie. So is dit in die Naam van die Heer Jesus, die enige God van die hemel en alle wêrelde!”
[11] Cado sê: “As dit so is, bly dan maar hier, want ek moet en wil self vry handel om bevry te word van elke juk. Of Minerva egter ook sal bly, dit is `n ander vraag.”
[12] Minerva sê: “Die treë wat ek nou voorwaarts gesit het, is blywend; ek sal sekerlik nie meer teruggaan nie, maar hierdie twee hemelse opligters moet nou uit my oë verdwyn, omdat hulle stief en slu ten opsigte van my gehandel het. As hulle hier gaan bly, sal ek geen stap meer voorwaarts neem nie.”
[13] Robert sê: “Daar doen jy geen goed aan nie, bekoorlike Minerva! As ons jou iets boos aangedoen het, sal ons dadelik gaan, maar jy moet tog self toegee dat ons jou maar net `n baie goeie diens bewys het deur God se krag, wat kragdadig in ons werk. Jy moet dankbaar insien dat ons jou sover vrygemaak het van die kettings van die hel en dit meer en meer laat verstom het in jou hart, waarin die oerkiem van al die kwaad vroeër geleë was. As jy dink aan die huiweringwekkende lang tyd, waarin jy - weliswaar as gevolg van jou eie starre wil - groot kwellings ondergaan het, dan sal ons aanwesigheid, wat vir jou toekomstige welsyn dien, sekerlik nie vir jou onaangenaam kan wees nie!”
[14] Cado sê vir Minerva: “Volkome korrek! Dus dink na en dan sal alles goed afloop! Beide moet nou bly, omdat ek dit gebied. Het jy ook iets teen my gebod in te bring?” Minerva sê: “O ja, want jy beveel, omdat beide jou daartoe dwing!”
[15] Cado sê: “Dan vergis jy jou; ek handel volgens my vrye wil en laat my deur niemand dwing nie. Sou ek egter geoordeel wees om wel so-iets te moet doen, dan sal jy jou nog minder kon verset teen wat my veroordeelde wil uitspreek, omdat dit dan nie meer my wil nie, maar die van die almagtige God is. Daarom bly dit nou by dit wat beide beslis het en wat ek beveel het!”
[16] Minerva sê: “Ja, wat eiesinnigheid betref, is jy groot en weet jy om die saak so te draai dat jy niks van jou aansien verloor nie. Slegs ek, die eersteling van alle skepsele, moet na jou om aansien bedel! Ek sal my weliswaar uiterlik na jou wil skik soos tot nou toe, omdat ek te swak is om doeltreffend teen jou te stry, maar die innerlike behoort aan my en dit het van nou af aan sowel vir jou as vir jou vriendskapsverbond niks anders oor as `n vervloeking nie. Amen! Begryp jy dit. Amen?”
[17] Cado sê: “O ja, soveel verstand besit ek, en god sy dank ook nog iets meer. As jou uiterlike eenmaal baie teëspoed sal kry, sal ook jou innerlike hulle oprig na dit wat ek, volgens die onveranderlike godsordening, met jou wil bereik. Daarop sê ek ook `n onveranderlike amen! Begryp jy ook wat ek met die onveranderlike amen gesê het?”
|
|
|
|
|