|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 89
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Vrae en wense van die volk. Die geduld van die offisier word op die proef gestel
239 `n Ietwat ouer, nie al te onaangename man van die plattelandse volk, kom na die offisier toe en sê stotterend soos `n boer: “Wel, wel, u is `n baie skerpsinnige man! U het gesê dat Onse-Liewe-Heer hier is! Hê, sê my eens, wie is dit dan? Neem my nie kwalik nie, edele heer!” Die offisier, wat deur die komiese manier van vra van die boer sy lag moet onderdruk, sê daarop: “Beste vriend, kyk daar! Dit is die Een wat daar nou by die hoek van die huis met `n sekere Rob Blum en die vlak daarnaas staande salige keiser Josef staan en praat en wat sulke mooi, blonde hare het soos niemand anders om Hom nie, hoe geval Hy u?”
[2] Die boer sê: “Hê, wat sê u? Dit sou Onse-Liewe-Heer wees? My God, my God! Ek het my Hom baie anders voorgestel! Hy is nie groter as ons nie, en daarby tog so almagtig! Werklik, dit is vreemd! So `n klein Heer as God en tog so almagtig! Wie sou Hom nou daarvoor aangesien het?! Maar neem my nie kwalik nie, edele heer, ek praat nou eenmaal soos wat ek verstand het!”
[3] Die offisier sê: “Ja, beste vriend, so is dit! Mens sien dit weliswaar nie aan Hom nie, maar tog is Hy die Een! Kom nou maar saam met die ander na Hom toe. Ek sal julle almal na Hom toe bring, dan sal Hy julle Self die beste kan leer en julle so vinnig moontlik na julle bestemming lei. Laat Hom egter nie lank wag nie, anders kan Hy Sy geduld verloor en dit sou dan vir ons werklik nie meer so goed wees nie. Begryp dit goed, beste vriende!”
[4] `n Ander paar kom daarby en sê: “Ons het tuis, toe ons die lawaai gehoor het, alles in wanorde agtergelaat. Die ander weet nie waar ons is nie. Miskien kan ons nog net na die huis gaan om ons familie op hoogte te bring, anders sal hulle groot sorge oor ons maak!”
[5] Die offisier sê: “Julle dwase! As julle na God, die Heer kan kom, wat kan julle dan nog meer ter harte neem? Julle hele huis hier is immers tog niks anders as `n ingebeelde hersenskim nie. Die waarheid en werklikheid begin eers hier; al die voorafgaande was niks anders as `n ydele, nietige droom nie! Wil julle dan `n droom koester en die heilige werklikheid op die spel plaas daarvoor? As God die Heer ons roep, moet ons oombliklik alles agterlaat en Hom volg, anders is ons Hom nie waardig nie.
[6] Hier roep God, die Heer van alle lewe Self en wil ons vir ewig iets onuitspreeklik gee. Wat kan julle dan terwille van God agterlaat, wat Hy julle nie duisendvoudig weer sou kan vergoed nie? Begryp tog God se orde en herken wat verkeerd en wat waar is! Neem liefde vir God in julle harte op en kom nie meer met dwaashede na my toe nie, maar volg my na God die Heer, anders laat ek julle staan en julle sal nog steeds in die dal van Josefat bly sit!”
[7] `n Ou dame wat `n gebedeboek en `n rosekrans in haar hand hou, sê: “Maar edele heer offisier! Dink u nie dat ons onderweg tot die allersaligste maagd Maria moet bid of tenminste `n halwe rosekrans moet bid oor die bittere lyding nie?”
[8] Die offisier sê: “O God, gee my geduld! nou kom die ou dweper ook nog met haar probleme!” (Tot die ou dame:) “Wil u nou ook nog vooraf bieg en Nagmaal gebruik? As die werklike Heer en God voor ons staan, sal ons tog hopelik geen gebakte eksemplaar van klei meer nodig hê nie! Kyk, jou ou slaapmus, as jou versoek vir my al baie dom en kinderagtig voorkom, hoe dom moet dit dan nie vir wel ons liewe en wyse Heer en God voorkom nie?
[9] Werp alle gees- en sieldodende priesterinstrumente van julle af en kom saam met ons na Hom, wat slegs die lewe is. Hy sal julle sê wat julle voortaan moet doen. Die Heer is ten opsigte van die dwaashede van die blinde mens wel baie geduldig en toegeeflik, maar vreugde en welgevalle kan Hy tog nooit as te nimmer daaraan belewe nie. Duld beteken lyding uit liefde, as die goddelike wysheid die mees sinnebeeldige dinge waarneem, maar God kan in die ewigheid geen behae daarin skep nie! Nou sê ek julle vir die laaste keer: As nou op die heiligste en belangrikste oomblik vir die ewigheid, nog iemand na my toe sal aankom met dwaashede, word hy uit dié geselskap verwyder en kan hy teruggaan na sy fantasie-behuising en vir die hele ewigheid fantasie-aartappels bak!”
[10] Die oue sê: “Nou, nou, ek vra u om vergewing, heer offisier! Ek weet tog nie dat bid so-iets verkeerd was nie. Ek weet ook wel dat bid bepaald geen pret is nie, maar juis omdat bid iets onaangenaam was, het ek gedink dat mens homself moet verloën, die kruis van die bid op homself moet neem en Christus, die Heer navolg. Ek het dus gemeen, dat as ons op weg daarheen ook nog so `n kruisie gedra het, ons onsself dan ook nog `n bietjie verdienstelik gemaak het. Maar ek sien nou al, dat u, heer offisier, hierdie heilige dinge beter begryp, dus doen ons wat u, heer offisier, wil!”
[11] Die offisier sê: “Hou asseblief op met daardie “heer”! God alleen is die Heer; ons is almal broeders en susters. O Heer, hoe ontsettend dom het U mense tog geword! Die gebed, die salige verheffing van ons hart tot U, heilige Vader, beskou hulle as `n soort boetedoening, `n drukkende kruis! O, dit is tog al te dom! Maar helaas, hulle in hoë mate sinnelose manier van bid, waardeur die gees slegs gedood word, is in wese ook niks anders nie. Die mense oordeel tenminste baie korrek oor hulle manier van bid en daarom moet mens geduld met hulle hê, maar mens moet hulle wel `n bietjie wakker skud, anders sak hulle steeds verder weg in hulle domheid. Heer, wees geduldig met die domheid van die armes! Sleg is hulle bepaald nie, maar wel dom soos esels! Dit is egter niks nie, want hulle laat hulle immers leer. `n Mens moet hulle slegs dikwels vir wil en dank `n ietwat flinke hou gee; dan laat hulle hulle domheid eerder vaar. Miskien kom daar nog so `n paar ou vroue hierheen?”
[12] Nouliks het die offisier hierdie woorde, meer vir homself, uitgespreek, of daar kom alweer `n ander oumens met `n silwer relikwie kruis na hom toe en sê: “Pardon, nog `n vraag! Met die kruis wat deur die pous self drie keer gewy is, het `n redelike eerwaarde vader kaptein my vereer, omdat ek `n skuld vir die klooster betaal het. In die kruis sit relikwieë van Christus, die Heer. Wat dink u, sou ek die kosbare kleinood aan Christus die Heer kon skenk?” Die offisier stuif nou gewoon op van ergernis en sê: “Nou is die maat goed vol! O God, o God, hoe onvoorstelbaar dom is hierdie mense tog nie; iets dommers kan mens hom nouliks voorstel!” Aan die vrou: “Doen maar wat jy wil met jou presentjie! In godsnaam!”
|
|
|
|
|