Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die drie afgesante ontwaak. Nog drie doktore in die teologie word streng tereggewys en kry `n opdrag

271 Op dieselfde oomblik kom daar nog drie ander geeste naby, wat die afgesante vra wat hulle so lank hier doen.

[2] Die eerste drie sê: “Ons luister na die wysheid van die man wat hier voor ons staan. Sy woorde dring soos gloeiende pyle in ons harte in en ons besef dat hierdie man die waarheid in hom het. Die ander drie vra daarop: “Hoe lui dit dan?” En die eerste drie sê: “Hy, wat die waarheid gespreek het, staan hier voor julle. Ons is nie geroep om Hom aan julle te verkondig nie. Vra dit daarom aan Homself!”

[3] Die drie nuwe aankomelinge rig hulle tot My en sê: “Hoe lui jou waarheid dan waarvan ons drie broeders so deurdronge is?” Ek sê: “In die Skrif staan: “Nou vind die oordeel plaas oor die wêreld en die vors van hierdie wêreld sal verstoot word!” Begryp julle hierdie woorde?”

[4] Die drie sê: “Wat het ons nog met die vorste van die wêreld te make? Ons is geeste en het met die dom wêreld niks meer te doen nie. Duisend vorste van die wêreld kan daagliks geoordeel word, dit is vir ons om`t ewe. Ons sal eers dan heelwat met hulle te doen kry, as hulle in ons ryk kom. Ons wil maar net die waarheid, wat jy ons drie broeders verkondig het, uit jou mond verneem” Bybeltekste ken ons self genoeg en ons begryp hulle ook, want ons is doktore in die teologie.”

[5] Ek sê: “As julle die Skrif na waarheid begryp het, dan sou julle My herken het, want Ekself is die waarheid en die lewe uit die waarheid. Omdat daar in julle geen waarheid is nie, herken julle My ook nie en sou julle ook nie begryp wat Ek julle sou openbaar nie. Julle behoort egter self aan die vors van die wêreld, aan die vader van die leuen, die bedrog en die hoogmoed. Oor hierdie vors en sy hele huis het egter `n oordeel gekom - en dit kom nog steeds. Daarom staan dan ook, dat iedereen wat die wêreld in sy hart dien, onder haar geoordeel en uitgestoot sal word na die diepste duisternis. 

[6] Gaan daarom weg van My, julle kinders van die wêreld, en soek na julle eie god, wat julle gedien het met liggaam, siel en gees, want vir My is julle vreemdes en Ek het julle nog nooit geken nie. Julle was dienare terwille van die geld; nog geen drie woorde het julle ooit gebid vanuit julle innerlike liefdesdrang tot God nie. Elke paternoster, (Onse Vader) elke begrafnis as `n laaste liefdesdiens aan `n broeder, moes duur aan julle betaal word. Alle soorte misse, wat julle voor God as hoogswelgevallige dienste beskou en wat julle dan sodanig met alle mag aan iedereen opdring, moes selfs duur aan julle betaal word. Daardeur het julle egter vir julleself reeds lank julle loon gevind en het hier daarom niks meer te verwag nie. Gaan daarom weg! My tyd vir hierdie wêreld loop ten einde, want die wêreld slaan geen ag meer op My stem nie, en My knegte het vir haar `n las en `n doring in die oog geword.

[7] O, My arm broeders op aarde, kla nie! Die tyd het gekom dat julle en Ek ons sal verheug. Van nou af aan sal julle ook op aarde ryklik van alles voorsien word; die hardvogtige ryke daarenteen sal arm word! As hulle dan luid sal protesteer, sal Ek hulle nie aanhoor nie. As hulle dan by My knegte sal kom, sal hulle die deur voor hulle op slot grendel en niemand binnelaat nie, want die deur tot die woning van My knegte is tegelykertyd ook `n poort na My ryk!

[8] Waarlik, Ek sê vir julle: Vir die vreemdelinge sal hulle hulle woning oopstel, maar vir die inheemse broeders sal dit gesluit wees. Julle is die “inheemses” en die poort sal nie vir julle geopen word nie, want julle het altyd maar net vir die wêreldse gesorg. Die ryk van God beteken niks vir julle nie. Groot kapitaal het julle versamel, en as dit met die koers en die rente nie na wense gegaan het nie, dan het julle moord en brand geskreeu en het met die gee van julle tog al powere weldade aan die armes gestop, het vervolgens swaar boetes gepreek, die gelowiges tot rojale offers gemaan en julle gelowige skuldenare pandbeslag opgelê.

[9] Julle het julle daarom slegs oor die wêreld bekommer. Die wêreld sal julle nou ook die loon gee, waarna julle altyd self gestreef het. Ja, die wêreldse oordeel sal ook vir julle tref! Die loon, wat die hele wêreld nou spoedig sal oes, sal julle ook oes. En almal wat nog op aarde lewe, sal dit saam met julle oes, of hulle nou geestelikes of wêreldlikes is. Wie vir die motte en die wurms gesorg het, moet sy loon ook maar by die motte en die wurms soek. "Wie vir sy aardse kinders gesorg het, moet sy loon ook by sy kinders terugneem as hy saam met sy kinders gebrek ly. Waarlik, wie nie met ywer vir My arme broeders en susters op aarde gesorg het nie, het sy loon reeds ontvang en het dit nie meer van My te verwag nie. Julle drie is mense van daardie geslag; daarom sal julle niks meer van My ontvang nie. Gaan weg van My, want Ek ken julle nie!” 

[10] Die drie sê: “Wie is jy dan wel dat jy op so `n gebiedende toon teen ons spreek asof jy die Heer self is? Kyk omhoog! Jy is in die hele ruimte deur miljoene omring. Slegs `n wenk van ons en jy bevind jou op dieselfde oomblik in die strengste gevangenskap!”

[11] Met `n bang stem sê die drie eerstes: “Julle drie verblinde dwase, sien julle dan nie dat dit die Heer van hemel en aarde Self is nie, wat julle, treurig genoeg, nou net afgewys het? Hoe wil julle die Almagtige bedreig! O, julle ellendige dwase, wat is julle van plan? Is julle nie almal in Sy almagtige hand nie?! Julle bestaan is immers Sy gedagte! As Hy julle in Sy gedagtes laat val, wie sal julle dan te hulp kom? Op die oomblik wat Hy julle laat val, bestaan julle al nie meer nie! O, julle dwase, Hy, wie se sagte asemtog tallose miljarde van wêrelde en engele gebied, is alles in alles. Hy is die oermag van alle magte, die oerkrag van alle kragte... en julle waag dit om `n dreigement teen Hom uit te spreek? In plaas daarvan moes julle eintlik dadelik voor Hom op julle knieë geval het en met `n berouvolle en boetvaardige hart kan sê: 

[12] “O Heer, versag U regverdige toorn teen ons en wees ons arme sondaars genadig en barmhartig. Ons het baie boosheid op aarde gestig. Vergeef dit ons, want toe was ons steekblind. Noudat ons egter siende geword het en dit erken, kan ons niks anders meer doen as om ons tot U mildheid, genade en erbarming te wend nie. Ook al was ons self baie onbarmhartig teenoor al ons broeders, wees U tog barmhartiger teenoor ons, want U, o Heer, weet immers hoe dom en blind ons was.” Kyk, so moet julle spreek, maar nie die Almagtige met dreigemente tegemoet kom nie! Wie sal Hom tot verantwoording roep as Hy julle duisendvoudig na die hel sou verdoem?”

[13] Nou val die tweede drietal bewend voor My neer, begin jammerlik te ween en smeek om genade en erbarming. Ek sê egter vir hulle: “Staan op julle, want dit pas duiwels nie dat hulle huil en smeek vanuit `n hart waarin geen liefde woon nie. As julle dit uit liefde gedoen het, in plaas van uit angs, dan sou die hulp aan julle, nie agterweë gebly het nie, maar omdat slegs die angs vir straf julle daartoe aanspoor, het julle gekerm geen waarde vir My nie. Wie nie die weg na My vind deur die liefde nie, kom nie tot My nie, ook al besit hy die wysheid van alle engele! 

[14] Gaan terug na julle geselskap, sê wat julle gehoor en gesien het en Ek sal julle dan vir die nuwe werk die loon gee, wat julle daarmee verdien het. Dit sê Ek egter aan julle: Daar is in julle geselskap baie wat hulle op aarde met vroue ingelaat het en met hulle saamleef. As so iemand julle hoor en dan sal sê: “Wag, ek wil eers met my vrou oorleg pleeg”, laat hom maar gaan. Want wie nie terwille van My sy vrou kan verlaat nie, is My ewig nie waardig nie. En wie sê: “Gee my tyd om met my vriende oorleg te pleeg”, neem hom ook nie meer aan nie, want wie sy vriende belangriker vind as My en hom wat Ek stuur, ook hy is My nie waardig nie. Gaan julle nou maar. Na die mate waarin julle vir My oes, sal julle ook loon ontvang!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205