Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Peter se uiting van vurige liefde vir die Vader. Afskeid van die droomgesig van die stad Wenen

251 Ondertussen roep Ek die offisier na My toe en vra hom: “Hoe gaan dit nou met jou gemoed?” Die offisier antwoord: “Heilige Vader, oerbron van die suiwerste liefde! Ek voel buitengewoon hemels en kan dit, van liefde vir U, nie meer uithou nie! O, laat U ook deur my omarm word; ek word magtig na U toe gedrywe, O Vader, doen met my wat U wil, maar belet my nie om U, die Liefde van alle liefde, te omarm nie, want my hart dring my daartoe!”

[2] Nou kan Peter nie meer teëgehou word nie, hy val in My arms en ween van oorgrote liefde. Ek omarm hom ook en sê: “My broeder, jy hou baie, baie van My, maar Ek hou nog baie meer van jou! Kyk na hierdie wederliefde van My en sê My, of jy tevrede is daarmee?”

[3] Die offisier sê: “O Heer en Vader, dit is soos wat `n mens van U kan verwag. U is die ewige, allersuiwerste, van elke dwang oneindig ver verwyderde liefde. Hoe sou mens iets anders van U kan verwag as slegs dit wat die suiwerste liefde in U en uit U skep? [4] U is die enigste anker vir almal wat op die stormagtige golwe van die lewe van die een klip na die ander geslinger word. So is dit ook U strewe om volgens U heilige orde selfs die onheilbringer terug te bring tot die korrekte insig en alles weer in orde te maak wat al bedorwe was. U soek steeds die verlore skaap, U neem elke dag `n redelike groot aantal verlore seuns op en U roep dooie Lasarusse uit hulle grafte tot lewe!

[5] Daarom is dit ook billik dat elke hart U bo alles liefhet, want U alleen is goed en meer as heilig; alle ander wesens is egter slegs goed deur die liefde vir U. As `n wese iets anders meer liefhet as U, heilige Vader, dan is dit al sleg, want alle liefde moet gerig wees op U. Het ek `n skepsel lief terwille van die skepsel, dan is my liefde al `n sonde, maar het ek hom slegs lief terwille van U, dan is my liefde `n deug en gee dit die hart blywende saligheid. U alleen is liefde en het ons uit liefde en vir die liefde geskape. Daarom kom U alleen al ons liefde toe en wie U liefhet, aanbid U ook in waarheid.

[6] Nie verniet sê U al deur die mond van die profeet Jesaja nie: “Die volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My.” Nie verniet skenk U die sondares Magdalena groot genade nie, want sy het haar hart na U laat uitgaan, en nie verniet roep U die sondaar Saggeùs uit die moerbeiboom, want sy liefde vir U, het hom in die boom laat klim. O Vader, U was steeds liefde, en alle sondaars wat U Naam in hulle hart aanroep, sal nie beskaam word nie. Maar huil en weeklaag sal almal, wat hulle harte van U afgewend het en hulle nie opnuut tot U wil wend nie, wat hulle tog maklik sou kon doen!”

[7] Ek sê: “Baie goed, liewe broeder! Jy het die korrekte weg gevind. Maar helaas lewe daar in hierdie stad nog baie vir wie hierdie weg vreemd is en nog lank vreemd sal bly. Wat ryp was, het Ek nou geoes! Al die ander is nog onryp en moet nog op die veld bly staan.

[8] Ons sal ons daarom nie langer in hierdie plek ophou nie, maar ons na `n ander stad begewe, waarvan Ek eers die Naam vir julle sal noem wanneer ons in haar nabyheid is.”

[9] Die offisier sê ietwat weemoedig: “O liewe Vader, hierdie stad Wenen tel enkele honderdduisende inwoners en ons is hier met nouliks meer as duisend persone. As ek nog daarby dink aan diegene wie se stof deur die grond van die kerkhowe bedek word... wat sal daar met al hierdie mense gebeur? Daaronder sal daar wel enkeles wees, wat reeds lank in die ewige lewenslig bad, maar met miljoene uit hierdie plek is dit sekerlik nie die geval nie. Sal hulle ooit verrys?”

[10] Ek sê: “Maak vir jou geen sorge oor hulle nie! Ek het baie dienare wat hierdie skape moet behoed en lei. Daarom is dit ook nie nodig dat juis ons almal moet lei nie, maar slegs diegene wat hulle tydens hulle lewe op aarde hoofsaaklik oor My Naam bekommer het - op die verkeerde of op die korrekte manier, dit maak hier nie saak nie. As `n geloof maar aanwesig was, dan kan ons dit altyd in orde bring en hulle liefde opwek. Maar waar glad geen geloof nie, of `n hardnekkige bygeloof aanwesig is, mag ons aanvanklik nie openlik die rol van leier of opwekker vervul nie. Daarvoor het Ek miljoene dienare aan wie sulke dinge toevertrou word. Daar is egter wel `n deeglike verskil tussen diegene wat Ek Self persoonlik opwek en lei en die baie wat deur My engele en dienare opgewek en gelei word. Hier geld die woord: “Baie is geroep, maar slegs weiniges uitverkore!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205