Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die Joodse sersant-majoor, `n hartstogtelike vriend van die Messias in die gees van Dawid

244 Die offisier gaan nou na die in die gelid staande krygsliede en sê: “Gee ag, broeders! Tot nou toe was ek nog steeds julle kaptein en julle het my gehoorsaam soos dit eersame en opregte krygsliede betaam. Omdat julle groot was in die deug van die gehoorsaamheid, het dit God die Heer behaag om julle na julle liggaamlike dood ook in die geesteswêreld so lank onder my kommando te laat, totdat julle deur my lesse en vermanings op `n vlak gebring word, waarop julle tot `n vryer lewensbeskouing in staat sou wees.

[2] Ons word almal nog gevange gehou in wêreldse verpligtings, hoewel ons die beste weet dat ons onsself al geruime tyd in die geesteswêreld bevind. "Ons dien die keiser nog, hoewel ons teenoor hom geen meer verpligtinge het nie. Ons het hom selfs goeie dienste bewys, want die geheimste sameswerings het ons ontdek en ons werk dan so op die nog op aarde lewende funksionarisse in, dat hulle dan weldra die heimlike intriges van die kwaadaardige vyand van die staatsorde se spoor kan kom. So bewys ons as geeste nog `n goeie diens aan die aardse staat tot op die tyd, waarop ons onsself nou bevind.

[3] Maar van nou af aan begin daar vir ons geheel ander lewensomstandighede. Die aardse diens hou nou op en daar tree vir ewig `n suiwer geestelike in werking, in die Naam van God die Heer, in die plek van al die ander. Ons sal voortaan in die ryk van God ook wel stry, maar nie meer met wapens nie. En hierdie heerlike en magtige wapens heet: Die liefde tot God die Heer en die liefde tot ons broeders en susters wat hulle nog in groot geestelike armoede bevind. Lê daarom nou hierdie wapens neer! Julle is tog niks anders as suiwer gedagtekronkels van ons, nog van die aarde saamgeneemde verbeeldingskrag en die oënskynlike verlies daarvan, maak verder nie saak nie. 

[4] Maar kyk net daar. Daar sien ek `n pragtig geboude man, wat juis met `n hemelse, allersaligste voor Hom staande jong vrou staan en praat. Hierdie man is Jesus, die groot Heiland van die wêreld en tegelykertyd in dieselfde persoon God Self, die allerhoogste Wese, die enige Skepper van alle geeste en materie wêrelde! Hierdie ewige Heer van die oneindigheid laat julle nou deur my na Hom roep om julle die ewige lewe te gee. Lê dus onmiddellik julle wapens neer en volg my na God, die almagtige Vader en Skepper van die oneindigheid!”

[5] Na hierdie kragtige en besielende toespraak van die offisier lê almal hulle wapens voor hulle op die grond en begewe hulle met die offisier na My toe. Wanneer hulle hulleself in `n halwe sirkel om My heen opgestel het, gee Ek dadelik My seën aan hulle almal, waarop almal My eenstemmig loof met ontroerende woorde, diep uit hulle hart; by name `n sersant-majoor, wat by hierdie geleentheid optree as `n volmaakte woordvoerder.

[6] Hierdie sersant-majoor was op aarde by sy geloofsbelydenis `n Jood, wat rotsvas daarin geglo het dat die Messias nog moes kom en dat, volgens `n mistieke berekening van die Joodse kabbala, die tyd juis nou gekom het, waarop die Messias in die wêreld sou moet verskyn om Sy volk, die Jode, weer bymekaar te bring in die beloofde land om dié tot die magtigste volk van die aarde te verhef. Met so `n geloof het ons sersant-majoor dus na die geesteswêreld oorgegaan en het daar verlangend op die groot Messias gewag. Toe die offisier sy manskappe egter die uitnodiging vir My ryk oorbring, meen die sersant-majoor aanvanklik dat Ek die verwagte, groot Messias van die Jode sou wees; hy verbaas hom slegs daaroor dat Ek ook die ander, wat geen Jode was nie, ook na My toe laat kom.

[7] Toe die offisier egter My Naam voor die troepe noem, gaan daar vir die sersant-majoor `n magtige lig op en hy sê vir `n kameraad, wat ook `n Jood was en gespanne op die Messias sit en wag: “Dit word my nou maar al te duidelik dat ons Hom dan tog gemis het! Op hierdie Jesus was die voorspellings tog die meeste van toepassing. Maar die domheid: “Uit Galilea staan geen profeet op nie!” het miljoene verblind. Die Messias is volgens Dawid, Heer Self en hoef nie onder die vermomming van `n profeet na sy volk te kom nie. Daarom kon Hy juis Galilea kies, sodat die dom mense nie verlei sou word om ten slotte ook die Heer van alle profete as `n profeet te beskou nie, omdat Hy juis kom vanwaar `n profeet nooit kon gekom het nie. Om kort te wees: Jesus, afkomstig van Nasaret in Galilea, was die verwagte Messias! Ons het Hom altyd misken, maar ons beide sal Hom nou nie meer verloën nie! As ons voor Hom sal staan, laat my dan spreek! Ek sal ons groot blindheid vir Hom beskryf en dan namens almal lof betuig, geheel volgens Dawid se aard.

[8] Daarna tree hierdie sersant-majoor dan ook vir die ander soldate as woordvoerder op, waarby iedereen hoogs verbaas was oor sy egte Oriëntaal verhewe, welluidende toespraak. Hy is nou dan ook een van My vurigste aanbidders.

[9] Die offisier sê na `n rukkie: “Ek was op aarde en ook hier in hierdie wêreld sy meerdere. Nou is hy in die wysheid `n serafyn en is ek, met al my op aarde verworwe teosofiese kennis, `n gewone esel! Luister net na hierdie pragtige beeldspraak. Selfs al was `n mens `n klip, dan sou `n mens, na so `n rede, so lig soos eter word! As hy hierdie toespraak maar sou opgeskryf het; sou ek haar duisend keer agtermekaar kon lees. Hoe pragtig is byvoorbeeld die sin:

[10] “Ewige Vader, daar waar tallose miljarde sterre deur heilige beskeidenheid bevange, hulle suiwer aangesig met die donker sluier van die nag omhul, waar die ligte adelaar en die pragtige swaan langs God se weg ewig die wag hou en in ewige verbasing in die onpeilbare dieptes van U werk aanskou... daarheen was ook dikwels my dowwe en deur heilige weemoed betraande oog gerig en wag dus met adelaar en swaan langs die groot weg van die Heer op die groot Beloofde!”

[11] Die beeld het ek onthou en ek tref daar so `n diep wysheid en waarheid in aan, dat ek daarvan begin te huiwer. O Heer, hoe kom hierdie Jood tog skielik tot so `n wysheid en so `n egte hemelse liriek? Ook die beeld van die ou seder van die Libanon, van die toppe van die Ararat, van die Eufraat en die Ganges, van die wieg van Juda, van die blom van die woestyn... (roos van Saron!) o God, wat lê daar in sulke beelde beslote! O Heer, gee my tog slegs `n bietjie van die wysheid van my vroeëre sersant-majoor!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205