|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die deur en deur slegte aard van Cado. Die Heer oor goddelike tugtiging
164 Daarop sê Petrus weer: “Maar jy was tog nooit tydens jou lewe op aarde koning gewees nie! Hoe kan jy dan sê dat jy in die wieg gelê sou wees om te heers? Jy was niks anders as `n Bedoeïen-hoofman nie, en dit maar net tydens die laaste jare van jou lewe. Voor dit was jy skaapherder en daarna `n handlanger van jou prysenswaardige voorgangers. Eers deur die skandelike huwelik met die oudste dogter van die Bedoeïen-hoofman het jy hoofman geword. Jy het op aarde dus vir lang tye blindelings moes gehoorsaam en het eers die laaste jare `n smadelike heerskappy oor jou gemene rowersvolkie en jou bloedhonde gevoer. Ek is dus van mening dat die heerskappy jou nou nie juis in die mate aangebore is soos jy ons dit vertel het nie!”
[2] Cado sê: “Dit is om`t ewe! Wat ek nie wil nie, dit wil ek absoluut nie! Julle mag vir my part gode wees, tog sal julle my nie tot ander gedagtes bring voordat julle my `n ander hart en `n ander wil ingeblaas het nie. Dink julle dan, dat ek bang is vir die hel? O, dan vergis julle julleself deeglik! Om `n almagtige God te gehoorsaam kan elke lafaard doen, maar om God hardnekkig te trotseer en Sy wysheid tot skande te maak, kan slegs `n sterk gees doen, wat selfs vir die ergste hel geen angs ken nie. Gooi my in kokende erts en ek sal julle na die hewigste, brandende pyne dieselfde antwoord gee, want groot is die gees wat sy Skepper ook onder die grootste pyne kan verag! Welke dank sou ek die Skepper ook verskuldig wees? Ek is slegs aan iemand dank verskuldig, wanneer hy vir my doen, wat ek hom gevra het. Ek het die Skepper egter nooit gevra om my te skep nie. Hy het dit eiemagtig gedoen. Dit is dan ook skandalig genoeg vir Sy hooggeprese wysheid en mag, dat Hy met my die reinste knoeiwerk van `n skepping tot stand gebring het. Of moet ek miskien terwille van die behoud van die geheel juis so wees soos ek is? Julle sal daarom nóg op die een nóg op die ander manier iets met my bereik. Maak daarom dat julle wegkom!”
[3] Nou word Cado heeltemal swart en sy gedaante ontsettend lelik, sodat Helena baie bang begin te word. Sy oë begin te gloei soos die van `n dol hond en hy maak aanstaltes om beide die apostels aan te val, maar Petrus sê vir hom: In die naam van Jesus gebied ek jou dat jy jou rustig teenoor ons gedra, anders sal jy, as jy dit waag om ook maar `n vinger na ons uit te steek, die onverbiddelikheid van God se toorn ondervind!”
[4] Cado bewe nou van woede en word van binne heeltemal gloeiend, uiterlik word hy egter ontdaan van alle kleding. So staan hy voor ons, afskuwelik om te aanskou, sonder om ons egter te sien.
[5] Ek vra nou aan Helena: “"Wel geliefde dogter, wat sê jy van hierdie siel? Vind jy dat daar van My kant ook maar iets agterweë gelaat is, wat vir haar redding gedoen kan word? Jy sê in jou edele hart: Nee! En so is dit ook. By hierdie gees is alles geprobeer wat ook maar as `n sagaardige, met My liefde ooreenstemmende middel bedink kan word, maar sonder die geringste resultaat. Hierdie gees was so te sê op die hande gedra. Sterk engele was aangestel om hom te beskerm, maar sy wil, wat vry moet bly, was steeds magtiger as My liefdesbande. Hy het hulle almal verbreek en het altyd `n afskuwelike spot daarmee gedryf! Dit het hom nie aan insig ontbreek nie: Hy ken elke letter van die Skrif en het selfs die vermoë om met die hele geestewêreld kontak te hê. Hy ken My en My goddelikheid en kan nogtans die spot met My dryf. Vir hom is elke heerserstoel `n vloek as hy dit nie sy eiendom kan noem nie. Elke wet wat hy nie uitgevaardig het nie, is vir hom `n gruwel. Hy erken slegs sy eie wil en die wil van `n ander is vir hom `n misdaad. Sê My net, wat kan My liefde dan nog vir so `n siel uitrig?”
[6] Helena sê: “Ag groot, liewe, heilige Vader! So `n siel verdien geen verdere genade meer van U nie, maar wel so lank `n geregtelike tugtiging, totdat sy in alle deemoed tot inkeer sal kom.”
[7] Ek sê: “Alles goed en wel, as die tugtiging wat wel van My uitgaan, nie ook reeds `n oordeel sou wees nie! As Ek die mens vanweë hulle groot boosaardigheid tugtig, dan moet die tugtiging so wees, dat dit soos `n natuurlike gevolg lyk van hulle kwaadwilligheid. Netsoos iemand wat homself `n klap toedien, wat die daaropvolgende pyn dan `n noodsaaklike en baie natuurlike gevolg moet sien van sy handeling, so moet dit met elkeen van My uitgaande tugtiginge gesteld wees, as die vryheid van gees en siel nie daardeur ondermyn wil word nie.
[8] Daarom mag ook by hierdie redelike slegte gees geen ander tugtiging toegepas word as die, welke hy homself, deur sy hoogseie boosaardige wil, as produk van sy liefde besorg nie. Wanneer hy dan deur so `n eie skepping genoeg van die pyn sal kry en in `n sekere sin in sy woede sal stik, sal dit eers weer moontlik wees om hom langs `n sagter weg te benader. Daardeur beland hy gaandeweg in die onderste en allerergste hel, maar nie omdat hy deur My daarheen verdoem is nie, maar deur sy eie wil. Want hierdie hel skep hy vir homself vanuit sy liefde! Wat egter iemand se liefde is, is ook sy lewe en dit mag hom nooit ontneem word nie!”
[9] Helena sê: “Maar Heer, die enigste waaragtige en mees volkome liefde en erbarming! As hy dan in so `n liefde in die boosaardige volhard en om U te tart om liewer ewig die ergste lyding te wil deurstaan as om sy starre wil onder U sagte wil te buig, wat moet daar dan met so `n gees gebeur? Sou na sulke totaal verdorwe geeste dan nie met sukses `n sagte oordeel toegepas kon word nie? Die gees sou mettertyd miskien daaraan wen en ten slotte van die nood `n deug maak, soos dit van tyd tot tyd op aarde ook die geval was.
[10] Byvoorbeeld: `n Meisie van ligte sedes vind huisvesting in `n afgeleë huis onder die voorwaarde, dat sy haar van nou af aan gedra asof sy in `n streng klooster was. Dit is vir so `n egte nagvlinder sekerlik `n klein oordeel. Sy dink wel `n tydjie daaroor na, maar omdat die voordeel van `n goed, gereëlde lewe haar tog sterk aanspreek, laat sy haar die oordeel graag welgeval, word ten slotte van hierdie ordening dan `n egte fatsoenlike persoon, en bly en sterf dan ook as sodanig. Daarom is ek van mening dat iets dergeliks miskien ook by Cado die geval sou kon wees.”
[11] Ek sê: “Ja, liewe Helena, daar is op hierdie gees al op allerlei maniere geprobeer, maar helaas, steeds sonder die minste resultaat. Daarom bly daar vir ons nou niks anders meer oor as om hom aan sy lot oor te laat nie. Wil hy met alle geweld na die hel, laat hy dan maar volop daarvan geniet. Aan hom wat self iets boos wil, geskied in ewigheid geen onreg nie. Wie in die hel wil bly, die bly! Ek sal niemand teen sy wil aan die hare daaruit trek nie. As die omstandighede vir hom dan tog te erg word, sal hy vir wel vanself `n uitweg vir hom baan. Het hy egter plesier in die hel en is die ewige nag vir hom lekkerder as die alles gelukkig makende lig, laat hy dan verkies wat hom vreugde skenk. Is jy daarmee eens?
[12] Helena sê: “Heer, goeie Vader, nou volkome! Ek het ook heeltemal geen medelye meer met so `n dom esel nie, maar wat gaan daar nou met hierdie duiwel gebeur?” Ek sê: “Dit sal jy dadelik sien. Ek sal beide apostels nou `n wenk gee om hom volkome vry te laat en hom - maar dan slegs in sy eie sfeer - te laat doen wat hy wil. Jy sal dan goed sien hoe dit verder met hierdie gees sal gaan.”
[13] Ek gee beide nou die vooraf genoemde wenk. Toe sê Petrus vir Cado: “Omdat ons beide ons meer as voldoende daarvan oortuig het dat jy jou nie deur ons wil laat voorberei vir God se hemele nie, kan jy nou gaan waarheen jy wil en doen waarin jy plesier het. Want dit wil ook jou God en ons God, Jesus Heer Sebaot. Van nou af aan sal God geen bodes meer na jou toe stuur nie. Ons twee was die laastes.” Na hierdie woorde word hulle vir hom onsigbaar, terwyl hyself vir alle aanwesiges goed sigbaar, asook met alle gedagtes en woorde, hoorbaar bly.
|
|
|
|
|