Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Robert se vurige liefde tot God. Helena se goeie rede. Haar beskeidenheid voor die Allerheiligste. Hartversterkende antwoord van die Heer

158 Met hierdie woorde spring Robert letterlik van die piramide af en hardloop so vinnig na My toe, dat hy selfs sy mooi vrou vergeet. By My aangekom, wil hy hom dadelik aan My voete werp en sy hart heeltemal voor My uitstort. Maar Ek maak hom daarop attent, dat hy hierdie keer Helena, sy vrou, vergeet het.

[2] Daarop sê Robert vol heilige ontroering: “O Heer, Vader Jesus, wie kan in U nabyheid nog aan iets anders dink as aan U alleen! Ek het my buitengewone mooi en godvrugtige Helena lief soos `n goeie onderdeel van my wese of van my geestelike liggaam, maar U alleen is nou vir ewig my alles, my God, Heer en Vader! Wat sou `n hele wêreld vol Helenas vir my wees sonder U? Niks! Het ek U egter, dan kan ek ook sonder Helena volmaak gelukkig wees. Ek wil haar nogtans gaan haal, omdat sy `n gawe uit U hand en daarom ook vir my eindeloos waardevol, dierbaar en aangenaam is.”

[3] Ek sê: “Ja, doen dit en gaan haal haar, want sy staan erg verdrietig na ons en kyk omdat jy haar alleen gelaat het en vra haarself af of sy jou beledig het.”

[4] Robert haas hom nou na Helena toe en sê vir haar: “Kom, kom, my geliefde vrou; ek het jou deur my bomatige groot liefde vir die Heer `n oomblik vergeet, maar nou is alles weer in orde! Kom daarom nou saam met my na die Heer en wees nie meer verdrietig nie!” 

[5] Helena sê: “My liefdevolle hart is vir die Heer en vir jou as dank vir die feit dat jy weer aandag vir my het, want in my hart het ek werklik besorg geraak, omdat ek gedink het dat my siel miskien iets verkeerd gedoen het. Nou is alles egter weer meer as goed, want die enigste ware en waaragtige liefde trek jou van my weg na God, die heilige Vader. Trek jy my nou ook na Hom toe, wat nog steeds die enigste eienaar van my hart is en wat dit ook ewig sal bly. Laat ons harte één word voor Hom, wat hulle eers vervul het met Sy liefde, sodat, as jou vlees gelouter word deur die opstanding in die vuur van die liefde tot God, ook myne saam gelouter mag word en ons dan saam as een hart, een siel, een liefde, een lewe en wese voor Hom staan en ons kan verheug in `n allersaligste lewe!”

[6] Robert smelt byna van liefde en bring Helena nou na My. Wanneer hulle voor My is, wil hulle ook neerkniel! Ek verhinder haar eweneens en sê vir haar: “Wel, My liefste Helena, durf jy My dan nie meer so liefhê as wat jy My voorheen liefgehad het nie? Kyk, Ek is immers altyd dieselfde!” Helena sê huilerig: “Vir die oog wel, maar vir die hart het U baie anders geword: baie groter en heiliger! Die hart bewe nou vir U grootsheid en heiligheid, want U is waaragtig die enigste God!” 

[7] Ek sê: “Ja, allerliefste Helena, dit het jy tog al vroeër geweet en toe het jy tog nie so `n geweldige heilige beskeidenheid vir My gehad nie. Ja, jy het My selfs na hartelus gekus! Dink terug daaraan en bly jouself, soos Ek onveranderlik Myself bly, dan sal jy nie meer terugval in so `n onnodige vrees vir My goddelike Majesteit nie!” 

[8] Helena sê: “O Heer, allerbeste, heilige Vader, dit sal in geen geval meer moontlik wees nie, want na die eerste herkenning, het U goddelikheid nog `n ietwat mensliker voorkoms gehad en was U vir die hart van `n arme sondaar te verdra. Wanneer die steeds groter en wonderbaarliker wordende gebeurtenisse egter maar al te duidelik die oneindige onderskeid laat sien tussen U, o Heer, en `n skepsel wat hom volgens die wette van U ordening self vry moet ontwikkel, dan is dit gedaan met die menslike voorkoms van U. Hoe onbesmetlik staan U Godheid dan in alle heiligheid voor ons oë! Dat ons dan alles in meer of minder mate `n sekere, heilige beskeidenheid voor U Godheid moet aanneem, is tog heeltemal duidelik.

[9] Ek het in die twee sale, wat ek in die huis van Robert die eerste keer te siene gekry het, al meer as genoeg wonderbaarlikhede gesien om my daar `n hele ewigheid oor te verbaas en U vanweë U goedheid, liefde en wysheid te prys. Maar toe lei U liefde ons die museum binne, waar die vleeslike wese van Robert in ooreenkomstige beelde voorgestel word en daar het geen einde aan die wonders gekom nie. Dit geld veral die verhewe betekenis van die merkwaardige opskrifte op die trappe van die groot piramide; daarby sou mens tot op die laaste druppel kon wegsmelt van suiwer eerbied en aanbidding, waardeur die arme hart vir U, o Heer, aangegryp word! Daarom kan daar van my vroeëre, volkome beskeie houding seker geen sprake meer wees nie!” 

[10] Ek sê: “Jou verontskuldiging word nie baie hoog deur My aangeslaan nie. Wat jy nou voel, weet Ek wel die allerbeste. Maar dan weet Ek ook, dat daar geskrywe staan: “Wees volmaak, soos ook julle Vader in die hemel volmaak is!” Hoe kan `n kind dit egter ooit bereik, as dat hy vir sy Vader nog meer eerbied en respek het as wat `n haas het vir die gebrul van `n leeu?”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205