Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

`n Ou vors en die Heer. Die vors vra vir `n egte godswonder

209 Hierop kom een van die nog geestelike dooie vorste na My toe en sê: “Jy het gehoor wat die Paulus en die ou Rudolf oor jou gesê het. Die saak klink byna ongelooflik, maar ek wil geen aanstoot neem teen dit alles nie. Ek kom daarom na jou toe om te hoor of daar in die getuienis van Paulus oor jou `n kern van waarheid sit. Ek wil die goeie man nou nie as leuenaar beskou nie, omdat hy baie eerlik daar uitsien, maar hy kan weliswaar te redelik met jou ingenome wees en jou daardeur in sy sterk liefde verafgod.

[2] Ek wil hierdie goeie man daarom nóg loof nóg laak, maar ek wil hierdie gebeurtenis wel ondersoek, omdat daar geskrywe staan dat mens alles moet ondersoek en die goeie behou. Sê my daarom self wat ons van jou moet dink. Kan God wel in jou kleding aan Sy skepsele verskyn? Kan God, die Oneindige, eintlik wel deur Sy skepsele gesien word en met hulle spreek?” 

[3] Ek sê: “Vriend, jy verlang geen woorde van My nie, maar dade. Handel Ek egter vir jou soos `n mens in sy onmag, dan sal jy sê: “Dit kan iedereen doen sonder om daarom `n God te wees!” Doen Ek ongewone dinge vir jou, dan sal jy My of as `n magiër, of as `n natuurgeleerde beskou en sê: “Dit gebeur op `n baie natuurlike manier, as mens die korrekte kennis het en dit in praktyk kan bring. Mens is daarom nog lank geen God nie, al laat mens ook oënskynlike wonders gebeur!” Sou Ek egter voor jou oë `n daad verrig wat slegs vir God moontlik is, dan sou dit jou tog nie baat nie, maar slegs buitengewone skade berokken, want dan was jy vir `n tweede keer geoordeel en weliswaar tot die ewige dood. Want `n geboeide kan My ryk nie binnegaan nie, sê die Heer. Glo dus die woorde van Paulus, dan sal jy lewe! Meer oor Myself kan Ek jou ook nie sê nie, omdat jy nog lank nie daarvoor ryp is nie.”

[4] Daarop sê die vors: “Jy het wel gelyk, maar ek sien nie in, waarom `n wonder wat daadwerklik van jou Godheid getuig, vir my skadelik, ja selfs dodelik sou wees nie! Alles wat ek aanskou, is tog `n wonder van die almag en wysheid van God en ek is vir myself die grootste wonder. En kyk, dit alles bring my tog nie om die lewe nie! Of daar nou deur toedoen van God aan die tallose wonders nog een toegevoeg word, mag vir God tog geen enkele verskil uitmaak nie. Dit maak vir my egter niks uit in welke gedaante die Godheid hom aan Sy skepsele wil toon en voor hulle oë `n buitengewone daad wil verrig nie. Ek sal in my gees tog ongebonde bly en dink en handel soos nou, solank ek nog nie eg van jou Godheid oortuig is nie

[5] Jy kan dus doen wat jy wil; ek sal steeds dieselfde bly wat is en was. Is jy God, dan sal ek baie bly wees om my Skepper persoonlik te leer ken, maar as jy dit nie is nie, dan sal ek jou nie as `n slegte, maar wel in bepaalde opsigte as `n ietwat oorspanne persoon beskou en daaraan sal jy jou hopelik nie steur nie.

[6] Laat my daarom iets wonderbaarlik sien. Skep `n wêreld voor my oë en ek sal my daarby net so gedra soos tot nou toe, want by my is die een wonder nie groter of kleiner as die ander nie. God is en bly God, of Hy nou `n muggie of `n olifant skep en of Hy Hom aan Sy skepsele openbaar in die oneindige gewaad van die sonlig of in die vodde van `n bedelaar. Wat se indruk het Christus met al Sy wonderwerke dan op die Jode gemaak? Kyk, so goed as geen nie, behalwe op enkele vissers en aanverwante na, wat die mense dan as geestelike blindes beskou het. Alle ander het Hom as `n magiër, `n dokter of vir wat dan ook beskou, eerder as `n God. En tog was Hy werklik God Self.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205