Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Wat die liefde doen is welgedaan. Laat jou slegs deur haar lei

253 Die offisier sê: “O hoe heerlik is dit om afhanklik te wees van `n Heer, wat in die wysheid weliswaar vir ewig alle wesens op onnavolgbare wyse oortref, maar aan die liefde die hoogste vryheid toeken en haar so maak, dat sy gladnie kan faal nie. Ja, dit is oneindig groot, verhewe en heilig!

[2] Dat U, o Heer en Vader, tegemoetkomend uit liefde was, blyk goed uit tallose voorbeelde in die Heilige Skrif. Ek wil tog net in die eerste plek dink aan voorbeelde uit die Ou Testament, waarin vertel word hoe U Sara verhoor het, die liefhebbende Jakob die eersgeboortereg gegee het en Josef tot weldoener van sy broeders gemaak het. En verder hoe Moses, wat van die begin af aan `n seun van die liefde was en uiteindelik deur die drang van sy hart tot U in die brandende doringstruik gekom het en toe eers volledig `n werktuig van U liefde en erbarming geword. 

[3] Maar ek dink hoofsaaklik aan die Nuwe Testament, waarin U die mense so uit liefde behandel het, dat U leerlinge en apostels hulle dikwels danig daarvoor vererg het. Hoe graag sou hulle wou sien dat U in talle ergerlike situasies vuur en swawel uit die hemel laat reën het, maar U het hulle tereggewys en genees, waar hulle verwag het dat U sou verwond. O Heer, `n hele ewigheid is te kort om al die wonderdade van U liefde op te som! Maar wat kan `n mens doen? Niks anders nie as om U lief te hê en nogeens lief te hê nie, omdat U Self slegs liefde en nogeens liefde in alles is!”

[4] Ek sê: “Goed, goed, My broeder, My seun! Wat die liefde doen, is welgedaan; laat jou daarom steeds maar net deur die liefde lei! Waarheen sy jou ook sal voer, jy sal steeds op die regte plek aankom; My ryk bestaan slegs uit liefde en waar liefde heers, daar is ook Ek tuis. Daarom kom daar ook niemand sonder liefde ooit in My ryk nie en nog minder regstreeks tot My nie. Die lig van My oë deurstroom weliswaar die oneindigheid en dit is die ewigstralende diamant van My wysheid, maar die liefde is slegs daar, waar Ekself onmiskenbaar tuis is, liggaamlik en redelik wesenlik herkenbaar.

[5] Die lig van die son deurdring ook `n byna onmeetlike ruimte, maar van haar warmte geniet slegs die hemelliggame wat hulle in haar nabyheid bevind; buite die kring van haar planete dring geen warmte meer deur nie. Die hemelliggame, wat deur die son verwarm wil word, moet ewenwel eers self warmte in hulle hê. `n Ysblok neem geen warmte op nie, tensy hy eers tot water smelt, wat wel in staat is om warmte in homself op te neem.

[6] Wie dus liefde besit, sal ook in homself liefde vind en dit dan volledig as eiendom verwerf, maar wie geen liefde het nie, kan ook geen liefde in hom opneem nie. Sou `n klip geen vuur in hom hê nie, dan sal hy nooit gloeiend gemaak kan word nie.

[7] Bly dus in die liefde, omdat jy die liefde in jou het - en gaan nou en neem Mathilde-Eljah by jou sodat al jou liefde vir My `n ewige voeding mag hê, want as die magneet as simbool van die krag van die liefde geen voeding kry nie, verswak hy. Gee mens hom egter voeding, dan word hy steeds sterker. En so moet ook Mathilde-Eljah vir jou `n versterkende voeding wees! Laat dit so wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205