|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 149
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Eerste deur in die suidelike wand. Oorweldigende lig van `n hoof- en oermiddelson. Haar reusagtige afmetings. Die lewende wesens daar as sonbalwerpers
299 Daarop sê Ek: “Ja, laat dit so wees! Kyk Robert, die eerste deur in die suidelike wand staan al oop. Die nog baie sterker stralende lig wat deur hierdie deur val, toon aan dat ons hier te make het met `n, vir jou nog nouliks te bevat, groter son as wat ons die laaste gesien het. Daar sal ons onsself dan ook by die sluitstuk van die materie, wat deur My wil en My wysheid geskape en georden is, bevind.”
[2] Almal begewe hulle nou ronduit met angs na die deuropening (behalwe Paulus, Petrus en Johannes, wat dit alles reeds deur en deur ken). By die deuropening aangekom, keer almal hulle aanvanklik luid skreeuend om en verseker dat dit volslae onmoontlik is om ook maar `n fraksie van `n sekonde in dié lig te kyk; want die lig kom vir hulle nog triljoenmaal sterker voor as die lig van die vorige al-middelson.
[3] Ek sê: “Ja, dit kan Ek sekerlik nie ontken nie. Maar dit sal by hierdie laaste hoof- en oermiddelson net so gaan soos by die vorige sonne. Slegs `n sterk wil, moed en deursettingsvermoë! Wel, vriend Robert, het jy ook geen moed nie?”
[4] Robert sê: “O Heer, dit is hier byna nie te doen nie! Die straling steek te sterk! Mens word hier letterlik teruggewerp. Maar ek wil dit in U allerheiligste Naam probeer. Ek sal eers my oë heeltemal sluit en hulle eers dan geleidelik aan oopmaak; miskien sal dit dan gaan.” Ek sê: “Doen soos wat dit raadsaam vir jou lyk, maar dit is beter as jy dadelik met wydoop oë in die lig begin te kyk. `n Paar minute stryd en jy het ook die kolossaalste van al die materiële lig oorwin.”
[5] Robert sê: “Goed, dit sal gebeur! Wat U, o Heer en Vader, bepaal, moet ewig die beste en doelmatigste wees. En nou oppas, my ligsku oë! Nou sal julle met `n sterk ligstorm te make kry!” Met hierdie woorde draai hy hom vinnig om en kyk, aanvanklik hewig knipperend met sy oë, in die lig.
[6] Na `n rukkie sê Robert redelik verheug ook oor hierdie oorwinning: “Vader, U sy dank, eer en alle liefde! Ook die grootste lig gehoorsaam nou aan my baie klein oë. So is weer by U, heiligste Vader, in alle erns selfs die onmoontlik lykende dinge moontlik! O, mens op die armsalige aarde! Julle oë word al verblind by die kyk in julle klein sonnetjie, terwyl `n vonkie van dié lig miljoene male sterker is as die lig van die son van julle aarde. Wat sou julle sê as julle slegs so `n kleinste vonkie in sy natuurlike toestand te siene sou kry? Ek sê julle: `n Vonk sou volstaan om die hele aarde in `n oogwenk tot niks te verander.
[7] O Heer en Vader, hoe is `n dergelike, alle menslike berekenings te bowe gaande toename van lig moontlik? `n Kubieke sentimeter lig van hierdie son het in wese reeds meer ligsterkte as die lig van die hele aardse son op so `n kubieke sentimeter saamgepers! Dit is tog `n onbegryplike verhouding... en tog is dit so! Nou kyk ek reeds geruime tyd baie maklik in die lig, maar dit wil deur die gewoond word van my oë nie swakker word nie. Wat `n ligsterkte is dit nie! Hoe groot moet hierdie son dan wees en wat `n groot doel mag haar reusagtige bestaan wel hê?”
[8] Ek sê: “Dit is `n hoof- en oermiddelson waaromheen presies sewe miljoen sonne-al-alle draai en beweeg. Sy is ook presies `n miljoenmaal groter as al die sewe miljoen bymekaar. Haar deursnee bedra so `n twee oktiljoen aardse myle. Die lig met sy grootste elektromagnetiese snelheid - veertigduisend Duitse myl per sekonde - sou baie duisend triljoene aardse jare nodig hê om van die een pool van hierdie son na die ander te kom!”
[9] Nou krimp almal van ontsetting ineen. Heeltemal verbouereerd sê Robert: “En so `n sonkolos is ook deur U geskape! Deur U, wat hier so baie minsaam oor hierdie grootte staan te vertel asof dit slegs oor `n handvol erte gaan!”
[10] Ek sê: “Ja, My liewe broeder, nie alleen hierdie een nie, maar nog tallose ander, wat nog baie groter is as hierdie, wat ronduit die kleinste van almal is.” Robert sê: “Ek kus U hande, o God! Om dit voor te stel is tog sekerlik nie vir `n geskape gees moontlik nie!” Ek sê: “Tog wel, vra dit maar aan een van My drie broeders; hulle sal jou wel vertel of iets dergeliks moontlik is of nie.”
[11] Robert sê: “Ja, ja, by U is alles moontlik, maar dat dit desondanks iets so ontsettend groots is dat elke gees daardeur tot in sy binneste begin te bewe, kon nóg Petrus, nóg Paulus, nóg die diep-wyse broeder Johannes ontken. Baie duisende triljoene ligjare sou die vinnigste lig daar oor laat gaan om van die een pool tot die ander te kom? O Heer, o God, wat `n angsaanjaende grootte! Hoe ver moet so `n son dan wel van ons aarde verwyder wees om van daar af slegs as `n liggewende puntjie gesien te word?” Ek sê: “So `n tienmiljoen myl is genoeg om haar tot die skynbare deursnee van Venus te reduseer. `n Verdere berekening mag vir jou `n genoegdoening wees!”
[12] Robert en Peter sê: “O Heer, met sulke berekenings sal ons beide ons hoof nóg ons hart breek! Dit mag so wees, want dit is volgens U heiligste wil, maar dergelike afmetings sluk ons denk- en begripsvermoë te geredelik op.”
[13] Robert gaan alleen verder: “O Heer en Vader, nou begin ek ook in hierdie son `n hele spul groot menslike wesens te ontdek! Hulle moet deur en deur gloeiend warm wees, maar van een of ander soort gebou ontdek ek nêrens iets nie. Met groot haas beweeg hierdie ontsettende groot wesens hulle deur die magtige vlamme en lyk by hierdie seker redelik hittige werksaamheid buitengewoon opgewek te wees. Enkeles verhef hulle taamlik hoog bo die ligsee en slinger redelike sterk gloeiende balle die oneindigheid in! `n Sonderlinge genoegdoening vir hierdie wesens. Hulle skyn nie al te matematies te bereken waarheen hulle hulle hemelse granate werp nie. Dit lyk asof dit heeltemal aan die toeval oorgelaat word. Daarom sou so `n granaatjie ook `n reis na hier kon onderneem. Ondanks my suiwer geestelike hoedanigheid, sou ek werklik nie graag die eerste wil wees, wat so `n bal op sy kop kry nie! Hierdie balle sal ook wel danig omvangryk wees, want met kleinighede sal hierdie reuse hulle nouliks besighou. Hoe groot sou so `n vuurmens van hierdie son van alle sonne tog wel wees, ten opsigte van ons aarde?”
[14] Ek sê: “Danig groot, My beste Robert! Die meeste koeëls wat jy hulle sien wegslinger, is groter as die son van die aarde; sommiges ook wel kleiner.”
[15] Robert sê: “U onderdanige dienaar, maar die wesens op die hemelliggaam werp sonne die wye oneindigheid in, asof dit niks is nie. Bravo, dit word steeds beter! Wanneer so `n mensie dus op aarde sou staan, wat vir sy lieflike voetjies slegs `n sandkorreltjie sou wees, dan sou dit vir hom `n koue kunsie moet wees om die hele son met al haar planete, mane en komete met groot gemak in sy onderhemp se sak te stop. Ek dink, dat mense soos ons, sekerlik nooit in staat sal wees om met hierdie manne saam broederlik te drink nie. Heer, liewe Vader, U moet my maar vergewe dat ek by sulke geleenthede ietwat humoristies word. Maar mens kan dit nie nalaat as mens hierdie afmetings met die van die aarde vergelyk nie. Waar beland hierdie gloeiende koëltjies, wat hierdie mense die oneindigheid inskiet, dan?”
[16] Ek sê: “Die meeste val weer terug op die grond van hierdie son, maar hier en daar gaan daar ook enkeles die eindelose ruimte in en word daar in een of ander verre ruimte tot sonne in die gebied van `n middelson.” Robert sê: “Dan sou daar vroeër of later tog ook eens een in die omgewing van die aarde kan kom, maar daaroor is egter niks in die geskiedenisboeke te vinde nie.”
[17] Ek sê: “My vriend, ten eerste het jy nog lank nie al die soort boeke op aarde gelees nie, en ten tweede is sulke verskynsels deur die gelyktydige lewende volkere ook nie noukeurig genoeg opgeteken nie, maar bly slegs deur oorlewering in die herinnering van die nog weinig ontwikkelde volkstamme voortlewe. Desondanks is daar reeds verskeie sulke koeëltjies vanaf die aarde as besondere komete gesien, en dit sal nie meer so lank duur dat so `n gas `n reis sal maak deur die gebied van die verste verwyderde planete van die aardeson en selfs op `n helder verligte dag te siene sal wees.
[18] Dit is egter nog geen drieduisend jaar gelede dat so `n son-komeet deur die gebied van die Saturnus- en Uranus-baan getrek het en so `n sterk lig op die aarde gewerp het, dat naas haar, die son daardeur baie flou skynend gelyk het. In sy volle sterkte het die fenomeen trouens slegs enkele dae geduur en kon vanweë die groot snelheid van hierdie verbyganger, nie langer gade geslaan word nie. Nouliks `n paar honderd jaar gelede het daar weer so `n gas daardeur gegaan en kon ook op `n helder verligte dag gesien word. Maar op alle dae My vriend, kan so-iets nie plaasvind nie. Die hoe en waarom hiervan sal jy in die toekoms leer ken. Bekyk nou hierdie son nog maar `n rukkie, dan sal jy nog baie dinge ontdek, waaroor jy jou sekerlik sal verbaas.”
|
|
|
|
|