Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

`n Nuwe opgawe vir Robert. Die Heer oor die militêre stand

234 Robert sê: “O Heer, dit sal vir my nie al te goed afgaan nie, want die militêre stand was nooit `n liefhebbery van my gewees nie. Waar ek ook maar `n soldaat te siene gekry het, maak daar steeds `n eienaardige wrewel meester van my hart en dieselfde wrewel voel ek ook nou nog, hoewel ek my deur U genade tog tenminste as `n halfvolmaakte gees mag beskou. As ek nou hierdie soldate moet bekeer, sou ek my op die een of ander manier vir hulle bemind moet kan maak, maar dit lyk vir my volslae onmoontlik, want dié soort mens is niks anders as suiwer masjiene nie, wat hulle op kommando soos afgerigte diere bevind. Wat hy beveel word, doen hy sonder om te vra of dit goed is of nie. 

[2] Ek weet wel dat `n soldaat gedwing word om so te handel, maar dit is vir my geen verontskuldiging nie, want dit is sleg dat mense die mens soos honde gebruik en dit is ewe sleg dat mense hulle soos honde en verskeurende wolwe laat gebruik. Jammer genoeg bewandel miljoene dieselfde weg en tot nou toe het daar nog niks verander nie.

[3] U sien dus dat ek onmoontlik `n vriend van die militêre stand kan word. Daarom vra ek U, o Heer, om hierdie saak oor te dra aan iemand wat geskikter is! My hele wese verset hom heftig daarteen, veral hier in hierdie stad, waarin ek die militêre stand van `n ellendige en skandelike kant moes leer ken.”

[4] Ek sê: “Juis omdat hierdie stand nog `n doring in jou oog is, lê Ek jou hierdie taak op. Ek sê vir jou, My liewe seun, jy sal waaragtig nie kan binnegaan in My ryk, as jy hierdie doring nie uit jou oë sou haal nie. In My ryk heers niks anders as die aller­suiwerste liefde, wat volkome vry moet wees van alles wat ook maar die minste sweem van onversoenlikheid het. Jy moet alles wat aan die wêreld behoort, tot op die laaste sent terugbetaal, voordat jy `n volmaakte burger van My ryk kan word! 

[5] Weg dus met alles wat maar enigsins na onversoenlikheid ruik! Elke sekonde moet jy met volle oorgawe jou arms vir miljoene kan uitsprei! Jou broederkus moet vir alle wesens van die hele skepping geld, of hulle jou aanstaan of nie! Vriend of vyand, dit moet vir jou volkome om`t ewe wees, want as daar in My ryk van liefde bedenklike oorwegings sou bestaan, hoe sou dit dan weldra met die bestuur van die wêrelde daar uitsien?

[6] Op aarde het jy kon sien, hoe Ek My son sonder onderskeid oor goeies en boses laat skyn het en die reën netso goed op die veld van My veragters as op die van My innigste aanbidders laat val het. Waarom het Ek dit gedoen? Omdat Ek Self die reinste liefde is en daar in My in ewigheid geen plek is vir wraak, of ook maar die skyn van onversoenlikheid nie. My innigste wens en wil gaan onvoorwaardelik daarna uit om alle wesens so vry en so salig te maak as wat maar moontlik is, ook al sou dit, as dit moontlik was, ten koste van My eie saligheid gaan.

[7] Vir My, as die oervolmaakte Wese, is dit beslis minder salig om onder onvolmaakte wesens te bly en hulle met alle geduld en sagmoedigheid te lei, as om My te midde van My volmaakte seuns en broeders in My ryk van die suiwerste liefde te bevind. Desondanks doen Ek dit, omdat My eie liefde dit as `n plig vir My oplê. So moet ook jy jou baie laat welgeval en steeds probeer om in alles volkome aan My gelyk te word!

[8] Kyk, `n soldaat is weliswaar goed beskou `n vuur wat verwoes, verniel en dood, maar as daar geen soldate in `n groot volkstaat was nie, waar sou dan die veiligheid van die eiendom, van die lewe en die handhawing van die wetgewing bly? Wat in `n oormaat weliswaar gevaarlik kan word vir die lewe, moet die lewe ook hoofsaaklik in stand hou! Daarom is die militêre stand heeltemal nie so sleg as wat jy dink nie. Om dié rede moet jy hulle nie meer met vyandige oë bekyk nie, maar daarby bedink: Ook `n soldaat is my broeder!” Dat hy `n masjien van die wet is, mag jou nie ontstel nie, want hy moet daar wees, sodat daar onder die wet `n waaragtige en duursame vryheid kan gedy.

[9] Moet kragtens My wil nie elke hemelliggaam `n werktuig van die wet wees nie, sodat vrye wesens daar ongestoord kan uitryp tot waaragtige lewe nie? Stel jou `n in die ruimte swewende aarde voor met `n onbeperkte wil, hoe sou dit met haar bewoners gaan as sy haar voelbaar tot las sou word? Dus vriend, besef dit alles goed, dan sal jy makliker aan die werk begin wat aan jou toevertrou is, wat absoluut noodsaaklik is vir jou volledige voleinding. Want kyk, dit is die vernaamste rede waarom jy jouself nog eenmaal met My na Wenen moes begewe. Gaan aan die werk en Ek sê vir jou dat dit beter sal gaan as wat jy dink, want werktuie van die wet is altyd makliker te lei as hulle wat die wette gee.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205