Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Cado laaf hom met brood en wyn. Minerva se ergernis – Cado se duidelike les oor haar onwaardigheid

180 Miklosch vertel verder: “Minerva sê: Ja, dit kan ek as ek dit wil! Ook al het ek geen effektiewe mag meer hier nie, tog kan ek in my innerlike ewig volhard in die mees hardnekkige onversetlikheid. Vanweë my dom liefde vir jou, sal ek dit miskien nie doen nie, maar tog hierdie saak diepgaande oordink en dat ek êrens `n voordeel vir my hart ontdek, my aan jou raad onderwerp. Maar dink daaraan, ek sal my nog lank besin.” Cado antwoord baie onverskillig: “Baie goed, my liefie, hoe langer jy egter op jou volledige ommekeer sal laat wag, soveel langer sal jy ook ongelukkig bly en hoe moeiliker sal jy hierdie een laaste tree trap. Hou ook maar daarmee rekening!”

[2] Cado gaan nou sit. Omdat hy honger en dors het, neem hy bietjie brood en wyn en verorber beide. Omdat hy `n behaaglike gesig opsit, moet hierdie versterking wel van groot lieflikheid wees. Minerva bekyk die smulpaap met misnoeë aan en sê meer tot haarself: “Nou, hy het maniere wat hy van bere en wolwe moes afgekyk het! Die kêrel vreet soos `n wolf en suip soos `n walvis! Hy het nog `n beker wyn en `n groot stuk brood, maar sy onge­manierdheid laat hom nie toe om iets daarvan vir my aan te bied nie. Ek sal tog niks van so `n esel aanneem nie, maar dit sou tog gepas wees om my, die eerste grootheid van die oneindigheid, iets aan te bied. Hoe vreet die kêrel tog nie! Hy is in staat om die hele skepping kaal te vreet!  

[3] Maar wat nou? Ek moet tog ook iets onderneem! As ek die bondel, waarin `n pragtige gewaad vir my moet wees, maar nader na my toe kon trek. Wat doen ek dan? Solank toekyk totdat hy hom vol gevreet het? O, dit is `n misvormde, beroerde situasie! Wag maar, jou growwe esel, daar sal mettertyd nog iets baie anders gebeur.”

[4] Cado eet en drink nog steeds baie behaaglik en sê nou vir homself: “O God, dit was tog `n heerlike brood, en die wyn moes op die son gegroei het. Nou is ek so mak soos `n lammetjie en so goedig soos `n esel, en die mooiste vrou Satana, nou herdoop tot Minerva, is by my en my onderdanig. Hoera, hoe goed het ek dit nie! Wel, wel, my lieftallige Minerva`tjie, vir wat trek jy `n suur gesig daarby? Wees welgemoed en kom gesellig by my sit. As jy dit sal doen, dan sal die laaste treë jou ook kwytgeskeld word. Kom Minerva`tjie, doen my nou net egte plesier aan! Kyk, alle hemelse wesens verheug hulle eweneens. Daar, kyk net omhoog en jy sal dit dadelik self ontdek. En ons beide, oneindig edeler en volmaakter as die hele hemelse volke, sit hier soos `n paar siek esels met lang suur gesigte na mekaar en kyk! Foei, laat ons onsself tog nie skaam nie en laat ons tog tien keer vroliker wees as die daarbo ons. Toe, kom sit nou gou by my!”

[5] Met `n baie beledigde gesig sê Minerva: “Hou jou mond, growwe besope lummel! Wat hy nie alles sou wil nie! Ek sou dadelik by hom moet gaan sit. `n Bietjie geselligheid sou vir hom weliswaar nie te versmaai wees nie, maar niks daarvan nie! Sulke vrugte soos ek sal vir soortgelyke esels seker nooit ryp word nie. Begryp jy dit?”

[6] “Nee, Minerva`tjie”, sê Cado verder, “waarom sou jy nie vir my kan rypword nie? O, jy is baie ryp, want jy het ook mooi oud geword, maar slegs `n enkele kus van hierdie egte rosemond, o, dit sou alles te bowe gaan. Og, kom en besorg my hart opregte vreugde!”

[7] Minerva sê: “O dadelik, dadelik, my heer en gebieder! U weet immers hoe graag ek sulke wesens volg wanneer hulle dit, of wat dan ook wens. U kan gladnie glo hoeveel ek van u hou nie. Hou u uself daarom nog maar enkele ewighede rustig, dan sal ek wel aan u besope begeertes inwillig!”

[8] Cado sê: “Soos wat jy wil! Vir my is elke duiwel dieselfde, of dit nou `n paar ewighede vroeër is of later. Jy is nou eenmaal in my onbreekbare mag en meer het ek nie vir my genoegdoening nodig nie. Net omdat ek meer kyk na jou ware welsyn as na die van my, sou ek jou graag uit jou enorme dwaasheid wil verhef en jou weer vry en gelukkig maak. Wanneer jy egter liewer die slavin van die mees verblinde dwaasheid wil bly - goed, bly dan wat jy is, naamlik die domste en slegste wese in die hele oneindigheid! Ek sal my besonder weinig daaroor bekommer.   

[9] Rig jou weliswaar baie mooi, maar ook baie dom oë, omhoog en kyk hoe triljoene hulle daarbo oor hulle goddelike bestaan verheug, ofskoon hulle die beste weet dat jy die ongelukkigste wese in die hele oneindigheid is. So kan ook ek my op my manier baie gelukkig voel sonder jou. Ek moet ook nog aan jou beken dat ek van nou af aan nie meer daarop sal aandring om jou vir jou eie vryheid in God jou Skepper te wen nie, want ek weet immers dat jy `n aller eiesinnige portret is en dat tot nou toe nóg God, nóg een of ander duiwel ooit iets met jou kon begin het nie. Maar dit alles steur my nie. Jy is van my en is onskadelik gemaak soos `n slang, waarvan `n mens haar gif afgeneem het. Wil jy vir jouself vry en gelukkig word, dan weet jy nou voldoende wat jou te doene staan. Van nou af aan sal jy van my kant geen uitnodiging meer kry nie. Gaan jou goed in jou waan en hou maar daarmee op dat dit vir my alles eenders is!” 

[10] Na hierdie woorde dink Minerva baie diep na en sê: “Wat sal daar dan gebeur met die redelike hoë aansien wat ek tot nou toe in die hele oneindigheid geniet het?” 

[11] Cado sê: “Laat jou in godsnaam nie uitlag oor jou ingebeelde aansien nie! Wat die suiwer wysheid betref, sit elke esel jou voor skut! Indien `n wese egter, al is die uiterlike hoe mooi, so dom is soos geen tweede in die hele oneindigheid nie, sal daar aan die ware aansien wel `n stukkie los wees. Praat daarom nooit met my oor `n vermeende aansien, wat jy net vir jouself gegee het nie. Verskoon my van dergelike dwaashede! 

[12] Minerva sê: “Nou, wees maar nie so opvlieënd nie! Ek sal dit tog nog wel werd wees dat jy vir my ietwat moeite sal doen en my leer, waaraan dit my ontbreek!” Cado sê: “O liefste, daar ontbreek baie, baie aan jou; ja aan jou ontbreek alles! Daarom sal ek nog baie met jou te bepreek hê, alhoewel ek geen vriend van baie woorde is nie”.

[13] Minerva sê weer: “Wel, wees maar bietjie geduldig met my domheid en swakhede, want indien jy my dan tot loon sal kry, sal jy tog ruimskoots skadeloos gestel word vir jou moeite?” Cado sê: “Inderdaad, as jy tenminste leerbaar is. Neem jy egter soos tot nou toe heeltemal geen les aan nie, dan is my agterkant vir my liewer as wat jy vir my is, ondanks jou nog so oneindige skoonheid. Neem dit ter harte, want ek is volstrek geen sinlike duiwel nie!”

[14] Miklosch vervolg sy verslag: “Minerva vryf oor haar voorhoof en blyk om nie met haarself eens te wees nie. Cado wend sy gesig nou egter reg na ons toe en trek `n gesig asof hy iets van ons waarneem. Wat my wel verbaas, is dat hy alle hemelgeeste bo hom goed sien, maar die twee wat by hom is, naamlik Robert-Uraniël en sy begeleier Sahariël, nie sien nie, want hy wek nie die indruk dat hy iemand agter hom waarneem nie.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205