Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Eindstryd en ommekeer. Die trotse oerwese van Satana kom terug. Cado bly standvastig. Gelykenis van die reddende loods

179 Miklosch vertel verder: Cado sê: “Maar liefste, waarom verlang jy tog iets van my wat ek nie kan doen nie, juis omdat jy dit van my verlang! O jou onverbeterlike kroon van die oneindigheid! Nou moet jy sonder erbarming ook die laaste tree maak, wat ek andersins vas en seker sou gedoen het. Ek vra jou om jou eie beswil, verlang in die vervolg niks meer van my nie. Kyk, nog maar een stap en die hele oneindigheid is gered en bevry van die swaarste juk van `n ewige oordeel, en jy sal dan as die gelukkigste wese straal met die lig van alle sonne, wat die eindelose ruimte bevat!”

[2] Minerva sê: “Ja, ja, dit kan wel wees... dat ek maar so dom kon gewees het om te doen wat jou behaag, maar hierdie domheid ontbreek my en dit is baie treurig vir my briljante vooruitsig. Daar ontbreek weliswaar nog maar `n enkele, klein treetjie, maar as ek hom nie vanuit my vrye wil wil stap nie, en jou oor al jou pogings tot oorreding, honend sal uitlag... met welke middel sal jy my dan dwing? Uiterlik, ja, maar innerlik nooit as te nimmer nie!” 

[3] Want weet goed dat ek `n wese is, waaruit die oneindigheid al haar wesens verkry het. Ek is `n wese van die wesens; as negatiewe magspolariteit is ek heeltemal gelyk aan die Oergodheid wat die positiewe is! Ek is die eindelose groot bodem waarop die Oergodheid Haar werk bou! Begryp dit goed, jy eindelose niks ten opsigte van my, jy wil my deur enkele ellendige woorde aan jou, nietig stoffie, onderwerp en my dan as te ware vir jou inneem deur jou eindelose, dom gevlei van my, die mees volmaakte wese van die hele oneindigheid! O, ellendige domkop! Ek sien wel jy bewe van wellus en besef jou groot begeerte na die volle genot van my omhelsing, maar los jou onrein gedagtes, as jy nie hierdie laaste tree tot my guns wil waag nie. Ek maak geen treë meer nie, dit is my onwrikbare wil!”

[4] Cado sê: “O kyk, kyk, hoe skerpsinnig jy nou net is. Jy wil my `n ewigheid op hierdie laaste tree laat wag? Ek wens jou daartoe self baie, baie geduld, want oor my geduld sal jy nooit meesteres word nie. Wat maak dit vir my saak? Die een tree laat weinig ter sake. Kragtens my wil kan ek met jou doen wat ek maar wil, en sodoende het ek eintlik, wat my betref, niks meer nodig nie. Bly daarom maar volhard as jy dit graag wil, daardeur sal ek heeltemal niks verloor nie. Ek het jou nou eenmaal in die hande. In `n draak kan jy jou ook nie meer verander nie en daarom is dit vir my eintlik beter dat jy so bly. Hoera, dit sal `n egte plesierige lewe word; Minerva, dit het jy goed gedoen!” 

[5] Minerva, totaal verbouereerd oor die skielike verandering in die houding van Cado, sê: “Ek het nooit gedink dat jy so `n verfynde swendelaar was nie, maar oorskat jouself nie te veel nie. As ek die vervloekte liefde vir jou maar kon kwytraak, sou alles dadelik anders verloop, maar uitgereken moes jy my swakheid deursien het. Nee, dit hou ek nie uit nie! Vervloek is hy wat jou gemaak het, maar wag maar, jy sal nog jou Satan in my leer ken!”  

[6] Cado sê baie onverskillig-koel: “O, dit maak nie saak nie; ek het jou nou eenmaal beet en daarmee die mees bekoorlike skoonheid wat haar nie meer lelik kan maak nie, en dit is vir `n Cado volkome toereikend! Origens sal niemand jou teenhou om die verlangde laaste tree te maak nie. Wanneer dit jou maar genoeg gaan verveel, sal jy wel my verlange vanself tegemoet moet kom. Tot dan egter hoera, want ek het jou, my lieflike Minerva!” 

[7] Miklosch vervolg sy verslag: “Minerva sou nou wel uit haar vel kon spring van woede. Sy sou haarself baie graag in `n afskuwelike wese wil verander, maar sy kan nie. Sy probeer te vinnig, maar haar voete is dan aan die grond genael; slegs in Cado se rigting kan sy haar voet optel. Maar wat se mooi gevormde voetjies is dit nie. Waaragtig, alle respek vir Cado! Hoe goed beheers hy homself nie teenoor so `n allerbekoorlikste, weelderige skoonheid nie, wat hy nou heeltemal in sy mag het! Daarvoor is meer nodig as wat ek tot nou toe kan begryp. Om jou teenoor hierdie skoonheid, op sy minste, koelbloedig te toon... alle respek!”

[8] Hoe stel Minerva haar nou nie kwaad op nie en sy staar die arme Cado veragtelik aan! Sy doen moeite om haar mooi gesig te vertrek, maar hoe meer sy dit doen, soveel interessanter word dit. Cado sê dan ook vir haar: “Liefste, maak geen moeite nie, want hoe meer jy jou gesig vertrek, soveel aantrekliker word jy vir my; jy is waarlik `n godin!”

[9] Byna huilend van woede sê Minerva: “O jou vervloekte lewe, as dit hom so begin te ontwikkel! Is ek dan geen heerseres, geen vorstin van alle vorstinne meer nie? Moet ek my deur so `n dom esel laat bespot? Kan ek dan nie teruggaan nie, jou nie vir ewig verlaat nie? Jy het my vooraf tog toegestaan dat ek sou kon teruggaan wanneer en hoe ek maar wou!” 

[10] Cado sê: “Met hierdie belofte sal niks van kom solank jy nie my wil volledig tot joune gemaak het nie, want jy is en bly in die oordeel solank jy slavin van jou eie koppigheid bly. Kyk, as iemand in groot gevaar verkeer en `n ervare loods hom hulp aanbied - en hy dit egter nie wil aanneem nie, alhoewel hy homself nie kan help nie - bly hy ook slaaf van die gevaar waarin hy hom bevind, solank hy geen gebruik gemaak het van die aangebode hulp van die loods nie. 

[11] So is dit ook die geval met jou. Ek reik jou hier my helpende hand om jou weg te lei van `n afskuwelike gevaar om jou daarna in die volste vryheid te laat oorgaan, maar jy versmaad my hulp. Jou hoogmoedige dwaasheid, wat geen enkele doel het nie, sit jou daartoe aan om alles te onderneem wat jou ondergang vroeër of later moet nader bring. Daarom kan jy nou ook nie meer teruggaan nie, maar moet jy hier op hierdie klip bly. Indien ek jou nie teen ondergang sou behoed het en die golwe sou teëgehou het nie, dat jy andersins lankal weggespoel het, waar sou jy dan nou gewees het?

[12] Jy kan my, soos gesê, nooit ontkom nie en jy kan jou geen haarbreedte van my verwyder nie. Wat gaan jy dan voortaan doen as die volledige slavin van my wil? Sal jy wel in staat wees om my ewig die hoof te bied?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205