|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 150
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Verdere werksaamhede van die vuurreuse op die hoof- en oermiddelson. Geboorte van `n groot al-middelson. Die omhullende skil van die groot versameling van wêrelde
300 Robert bekyk hierdie son nog `n rukkie aandagtig en sê dan: “Ek kan kyk soveel ek wil, tog begryp ek heeltemal niks daarvan nie. Die een liggolf verdring die ander. Die vuurreuse lyk asof hulle in hierdie ligsee rondswem soos hulle op een of ander vaste grond beweeg. Ek sou graag wil sien waar hulle hulle gloeiende koeëls vandaan kry en hoe dit so matematies rond gevorm word, asof dit deur `n kunsdraaier vervaardig is.
[2] Aha, wat gebeur daar nou daar anderkant in die verte? Verskeie vuurreuse rig `n reusagtige groot buis op. Dit het al `n buitengewone groot monding, maar die reuse trek haar nog meer uiteen. Die hele buis moet uit `n redelik rekbare massa bestaan, anders sou hulle dit nie so maklik laat uitrek nie. Nou lyk dit of hulle die korrekte wydte het. Drommels! Dit moet volgens aardse maatstawwe `n reusagtige wydte hê, omdat hierdie reuse nou enkele honderde om die buis staan, terwyl tussen hulle nog soveel ruimte vry is, dat daar nog wel twintig van die reuse `n plek sou hê. Wat gaan daar nou gebeur? Nou sien ek dat die reuse hulle mond open, waaruit `n verskeidenheid aan ligvorms stroom. Wat kan dit beteken?”
[3] Ek sê: “Dit is die taal van hierdie wesens, Hulle gee mekaar te verstaan dat daar nou weldra `n sentraalson, wat hele sonne-alle in haar dra, gebore sal word. Jy sal haar ook spoedig uit die wye monding sien opstyg. Let maar op!”
[4] Robert kyk weer en sien nou ook `n kolossale ligbol uit die groot buis opstyg, wat hom dan met `n hoë snelheid in `n regte lyn van die oppervlakte van die son af voortbeweeg. Hoogs verbaas oor die fenomeen sê Robert: “Vriende, in alle erns, dit is geen kleinigheid nie! Ons sien nou met ons onsterflike oë die ontstaan van `n middelson, wat wel nie die kleinste is in haar soort nie. Dit is haar bestemming om te dien as al-middelson, waaromheen hom na verloop van tye en tye triljoene wêrelde sal beweeg, en waaruit hulle lig, warmte, lewe en voedsel sal put. Ag, wat se magtige gesig is dit nie! Maar waar sal hierdie son geplaas word? In welke gebied sal sy haar groot kringloop begin? O Heer, dit is dinge waarvoor selfs die grootste aartsengele moet huiwer van ontsag! Hier sien mens letterlik hoe nuwe skeppings onder U oë ontstaan as groot wonings vir miljarde vrye wesens, wat haar eens sal bewoon. O Heer, dit is te groot vir ons nietige gesies!
[5] Maar nou sou ek tog, sodat daar `n bietjie orde in my denke mag kom, nog graag wil weet hoe dit alles inmekaar pas: Hierdie wesens werp aanmekaar deur klein planetêre sonne in die ruimte. Maar so `n son, soos hierdie nou deur die buis gedrewe al-middel-son, baar dan mettertyd ook weer middelsonne van `n laer orde en dit in nog later tye weer onder hulle staande, gebiedsmiddelsonne en hulle uiteindelik weer etlike miljoene planetêre sonne. Hoe onderskei die in hierdie rangorde gebore planetêre sonne hulle dan van die soort, wat van hier af die ruimte ingewerp word?”
[6] Ek sê: “Kyk, elke kompleks van sonne- en wêreld-universa, wat hulle in groot wye bane om `n oermiddelson beweeg, word op enorme afstand van al die sonne-universa omgewe deur `n soliede huls, waar geen materiële wese kan deurdring nie. Hierdie huls bestaan uit `n diamantagtige, deursigtige materie en is spieëlglad van binne. Al die lig, wat nou van die tallose baie sonne uitgaan en deur geen aarde of son opgevang word nie, word dan deur hierdie huls opgevang en weer teruggekaats. Omdat so `n huls egter mettertyd op haar binneste spieëlvlak tog moeër word, waardeur sy haar funksie nie volledig sou kon verrig nie, word daar vanaf hierdie oermiddeson steeds sulke ligbolle met die nodige krag weggeslinger, sodat hulle te gelegener tyd by die genoemde hulsoppervlakte aankom. Daar word hulle dan vir die reiniging van die huls gebruik. Die aanwesige skoonmakers is egter weer spesiaal daarvoor bestem, groot en magtige geeste, wat in groot getalle voorhande is. Want weet, alles wat daar gebeur in die hele oneindigheid, gebeur deur My geeste en groot engele. My kinders is egter die grootste en die magtigste van almal.”
[7] Robert sê: “Heer, dan is ek verseker geen kind van U nie! Want by U heiligste Naam, ek vind myself nou baie verskriklik klein en dink dat daar onder en bokant my niks nog kleiner kan bestaan nie. Ek mag aan al die grootse wat ek nou gesien het, gladnie dink nie, anders vergaan ek nog tot niks. Ten slotte kom daar nog die seker tien-miljoenmaal tien-miljoen sonne en ander wêrelde omsluitende huls by, waarteenoor hierdie son qua (in die hoeveelheid van) grootte in geen enkele verhouding staan nie en dit bowendien ook nog bewoon word deur magtige leërs van geeste! O Heer, o Vader! Daar bly my verstand stilstaan.
[8] Ek het my in my beperktheid die hele oneindigheid nouliks groter as een so `n “hulsglobe” (heelalsfeer) voorgestel nie. Maar U sê dat daar in die oneindige ruimte ontelbaar baie sulke hulse bestaan! O Heer, dit is wel die mees fabelagtige wat daar bestaan. Ek dink dat my gedagtes nou aan hierdie opgeneemde kos vir ewig genoeg te verteer het. Hier kan mens niks anders meer doen nie as om te sê: Heer God Sebaot, groot is U en groot is die werk van U hande! Daarom is U egter ook slegs alles in alles en is alles in U en uit U goeie ewige, heilige Vader! Ons, U kinders is egter slegs groot in U liefde, wat ons lewe is. Maar wat onsself betref, is ons die reinste nulle voor U, o heilige Vader!”
[9] Ek sê: “Ja, ja, dit is goed van jou, My beste vriend Robert, dat jy dit nou voel! Maar nietemin moet jy jou tog met die hele geselskap ook nog na die tweede deur van hierdie suidelike wand begewe, waar jy nog groter dinge sal sien. En daarom gaan ons weer verder, want die deur staan reeds oop en wag op ons binnekoms. Laat ons nou verder gaan. Laat dit so wees!”
|
|
|
|
|