|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 56
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
In die keiserlike grafkelder by die monnikeklooster. Baie dooies in die sarkofae. Die vernaamste vraag rakende Jesus. Verskillende opvattings oor Rome
206 Ondertussen kom ons werklik by die monnikeklooster in die grafkelder aan, wat enkele van ons nuwe begeleiers nie regtig geval nie, want ons humoris maak dadelik die opmerking: “Nou vra ek elkeen van julle: Wat het ons nou gewen met hierdie transaksie? Heeltemal niks! Die goeie Paulus het ons met `n slap riem uit die gat uitgelok om ons in `n nog erger situasie te plaas. O, hoe mooi is die lewe tog nie! Die lewe is `n ineengestrengelde beweging, saamgestel uit honger, dors en allerlei ellende. Die ineengestrengelde, ellendige lewe word steeds van die een groef na die ander verplaas en daarin blyk ook sy bestemming te lê. By die verwekking begin die trektog en dit hou daarna nooit as te nimmer meer op nie. So trek ons maar mooi verder van die een oord van ellende na die ander, in ewigheid, amen!
[2] Hier in die ou vorstelike grafkelder kan ons die ou Habsburgers `n bietjie help met rondspook, want hulle sal self geen gespook meer teweegbring nie. So `n spokery van `n Karel, Rudolf of Leopold sou wel net `n lafenis wees vir die hongerige mae van enkele monnike, vir wie die missie, ondanks hulle drukdoenery op die kansel, niks meer opbring nie. As so `n gespook van geeste in die vorstelike grafkelder deur baie gesien kon word - wat `n geloof in die mis en volle aflate sou dit nie weer met hulle saambring nie! Dus- vivat (drie hoera`s)! Vriende, die monnikeklooster moet gehelp word!”
[3] `n Ander sê: “Maar vriend, waar staan dan geskrywe dat ons by die sarkofaag-vorste in die monnikeklooster se grafkelder moet bly, omdat ons met ons vriende, wat ons vroeër uit ons eerste kerker bevry het, hiernatoe moes gekom het? Dit was weer dom van jou, beste vriend Seppl! Ek dink egter dat hierdie vorste ook wel daarna sal verlang om eens uit hulle lang slaap gewek te word. Daarom het hulle hulleself so goed en so boos as wat hulle kon, tot hierdie wondermagtige vriend van God gewend. Dat ons toe ook hierheen saam gelok is, is ons saak, want ons kon netso goed buite gebly het. Laat ons dan, noudat ons eenmaal hier is, ook stil wees en luister na wat die wondervriende van God alles met hierdie ou vorste-geeste sal doen.”
[4] Die belastinggaarder sê: “Nou, dit is nou net `n woord wat ek graag op so `n ernstige plek wil hoor. Elkeen van hierdie lykkiste is `n wêreldgeskiedenis van volkere wat onder een van hierdie regente geleef, gewandel en gehandel het. Waar God Self in lewende lywe so `n plek besoek, moet sulke praters en pruttelaars soos ons twee wel dadelik ons mond hou, anders kan dit uiteindelik wel net sleg met ons gaan. Kyk net daar hoe Paulus, die Heer Jesus en die twee ander, waarskynlik ook apostels, die ou lykkiste weemoedig bekyk! En luister hoe Paulus nou sê: “O Heer, U liefde, genade en erbarming het geen grense nie, maar daar is nog baie dood in hierdie kiste!” Hoor jy, Seppl, baie, baie dood sou daar nog in hierdie kiste wees!”
[5] Seppl sê: “Nou ja, iedereen sal tog wel weet dat daar in so `n lykkis geen vermaaklike danspartytjies gegee word nie. Dat hierdie ou vorste deur hulle dikwels redelike tirannieke heerskappy menige stuk treurige geskiedenis oor die arme volkere gebring het, weet ek netso goed soos jy. En in hoeverre hierdie lykkiste eerbiedwaardig is of nie, weet ek ook. Of die eenvoudige Jood, waarmee die sogenaamde Paulus staan en praat, Jesus, die bekende Godseun is, al dan nie, is egter `n ander saak! Alles is moontlik, maar hier ontbreek dit ons nog aan egte sekerheid oor wat mens liewer as waar of as onwaar sou wil beskou. Dink jy dalk dat ek `n vyand van Christus is of nie in Hom glo nie? O, dan vergis jy jou ten seerste! Ek het Hom bomatig vereer en juis daarom het ek nog steeds my bedenkinge oor die Jood daar. Ek let op alles, maar as ek sien dat Hy dit miskien tog is, dan sal jy wonders belewe wat my gedrag ten opsigte van Hom betref! Want weet jy, ek het Hom mateloos lief!”
[6] Die belastinggaarder sê: “Dit is baie mooi van jou, maar uit jou vroeëre manier van praat sou mens dit nie so maklik opgemerk het nie!” Seppl sê: “Ja, ja, omdat ek my nie so netjies oor die Roomse sekulêre uitgespreek het nie, dink jy dat ek miskien ook so `n domkop van `n antichris sou wees! Maar vriendjie, wag net `n bietjie: Mens kan eers `n lewendige vereerder en aanbidder van Christus wees, as mens in sy hart `n vyand van die pousdom is, want Christendom en pousdom staan presies so teenoor mekaar soos ja en nee. As jy dit nie van my wil aanneem nie, gaan dan na Paulus toe, hy sal dit vir jou in Hebreeus vertel, as jy dit nie so mooi op `n Duitse manier verstaan nie!”
[7] Die belastinggaarder sê: “Ek het die Roomse godsdiens gladnie so sleg gevind nie en mens kan ook met haar salig word.” Seppl sê: “O ja, as mens hulle tevrede wil stel met die boerekalenderhemel; maar dit kos heelwat geld, tyd en geduld! Nou maan Paulus ons om stil te wees en daarom gehoorsaam ons hom!”
|
|
|
|
|