|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Cado in `n helse sweetbad. Die onbreekbare ordening van die Heer ten aansien van die volg van die vrye wil
165 Toe Cado alleen is, sê hy vir homself: “Die hel sy dank, dat ek die twee sukkelaars eindelik kwyt is! Aha, daar sien ek bekendes, verskeie van my metgeselle, ja selfs my vroeëre hoofman. Dit sal vir my `n fees word as ons bymekaar kan kom en mekaar maklik herken! Hulle lyk almal nog presies net soos op die dom aarde.”
[2] Die groep kom steeds nader na hom toe en sy voormalige hoofman stort hom met groot haas op hom, gryp hom aan die keel en skreeu angsaanjaend: “Aha, skurk, ellendige hond! Is jy eindelik hier, sodat ek dit aan jou kan betaal, dat jy my koningsdogter op so `n skandalige manier tot vrou geneem het! Wag maar, ellendige skurk, vir hierdie skande sal jy boet in `n sweetbad, waardeur jy in hoor en sien sal vergaan! Onbeskryflike pyne is my hier deur vlamme en hitte aangedoen, maar die ergste pyn voel ek, toe ek hier in die oord van kwelling en verskrikking moes verneem dat `n gemene hond my vereerde koningsdogter tot sy vrou gemaak het. Jou hond, jy sal daarvoor gekasty word op `n manier waarvan die hel nog nooit gedroom het nie!”
[3] Na hierdie woorde maak Ludwig Bathianyi die volgende opmerking teen Dismas, vader Thomas en die generaal: “Wel, dit is `n loflike ontvangs! Die koninklike hoofman skyn ook `n baie sterk kêrel te wees, want Cado kan hom ondanks al sy geworstel, nie losmaak uit die kloue van sy hoofman nie. Nou kom sy handlangers ook nog daar aan en - o verduiwels - nee, daarby kan werklik selfs die moedigste gees hoor en sien! Met gloeiende koorde omwikkel hulle hom nou soos `n spinnekop `n vlieg met haar slymdrade. Cado damp nou van alle kante en skree erbarmlik om hulp. O Heer, dit is afskuwelik! Daar, kyk hoe hulle hom voor hulle uit stoot en wegrol. En daar op die donker agtergrond sien ek `n troon soos van witgloeiende metaal. Hulle rol die redelik beklaenswaardige Cado met steeds meer krag na die troon toe. Wat sal tog daar gebeur? Sou daar die beloofde sweetbad wees? O Heer, ek smeek U, vergeef my asseblief my sonde! Dit is al te erg! Hulle plaas hom werklik op die troon, waaruit hoë vlamme nou van alle kante uitslaan. En hy word nog ekstra met gloeiende kettings geboei. O, die huiweringwekkende gebrul van die geboeide Cado! Heer, wil U my soveel mag verleen, dat ek daarheen kan gaan om Cado te bevry? Nou kom daar ander met gloeiende spiese en begin hom van alle kante te deursteek. Uit elke wond vloei `n afskuwelike, dampende, gloeiende massa! Heer, ek smeek U, gee my mag en laat my daarheen hardloop om hierdie werklik aller beklaenswaardigste duiwel te bevry!”
[4] Ek sê: “Laat dit nou maar en wees bly, dat daar tussen ons en hulle `n onoorbrugbare kloof geplaas is, anders sou ook die uitverkorenes nog leed aangedoen kon word. Wag dit maar eweneens af. Spoedig sal hierdie saak `n ander aansien kry, want die al te hewige, ondraaglike pyn sal Cado baie gou meester oor sy kettings maak. Dan sal jy die tweede bedryf van `n helse drama te siene kry.”
[5] Bathianyi sê: “Heer, ek is al meer as tevrede hiermee en al die ander hier eweneens. Ook die liewe Helena skyn wel genoeg daarvan te hê!” Geheel ontdaan sê Helena: “Meer as genoeg! Want dit is afskuwelik, meer as afskuwelik!”
[6] Ek sê: “Liewe kinders, julle moet dit sien, sodat julle volkome suiwer kan word, want elke engel moet ook die hel ken, weet hoe dit met haar gesteld is en welke vrugte uit haar boosaardige liefde voortkom. Dink nie dat Ek so-iets uit `n soort toorn of wraak toelaat nie; o, dit is ver van My Vaderhart! Julle weet immers dat elke saadjie bepaalde vrugte dra en dat elke daad ook `n bepaalde uitwerking moet hê, soos elke oorsaak `n bepaalde gevolg. En dat alles vanweë die ewige ordening uit Myself, waarsonder geen atoom geskape kon geword het nie en waarsonder daar nog minder aan die behoud van die geskapenes gedink was. Hierdie gees het egter so erg teen sy vrye orde gehandel, dat hy, deur so te handel, homself die noodsaaklike gevolge moes besorg. Dit mag ons met die oog op die handhawing van die ewige ordening nie verander voordat die redelike ongelukkige wese deur die pynlike gevolge van sy vroeëre handelwyse uit homself tot ander insigte gebring word nie, as dan ook ander, beter of uiteindelik ook slegter gevolge met hom saam sal bring nie!
[7] Wanneer iemand `n goeie saadjie in die grond lê, sal `n goeie vrug ook daaruit groei, maar lê iemand, in plaas van `n koringkorrel, `n saadjie van die wolfskers in die grond, dan sal hy weer `n wolfskers en geen koring oes nie.
[8] Iemand sou maklik die volgende bedenking kon opper: “Alles goed en wel, o Heer, maar U moet U ordening nie so ongelooflik skril tot in die ekstreme deurvoer nie!” Goed, sê Ek, maar dan voeg Ek die vraag daaraan toe: Is die ekstreme lig van `n son te betreur as `n fout in My ordening, omdat, deur sy buitengewone sterkte, elke oog wat so dwaas sou wees om urelank onafgebroke na die son te kyk, verblind word? Of is die allesverterende vuur dalk van `n te hoë hittegraad voorsien? Is die gewig van `n berg nie te kolossaal, die snelheid van die bliksem te hoog, die koue van ys te groot en die hoeveelheid seewater te enorm nie? Hoe sou `n wêreld, waarin dit met die ordening van die elemente nie so gesteld sou wees nie, daar uitsien? Wanneer die hittegraad van vuur slegs lou sou wees, sou dit dan die harde metale kon smelt? As die metale egter sag was, waartoe sou hulle dan kon dien? Sou die hele aarde week wees soos botter, welke skepsel van ook maar enige gewig sou dan op so `n wêreld kon bestaan? Wanneer die son nie so `n intense lig sou besit nie, sou hy dan wel in staat wees om op afstande van redelik baie miljoene myle vir die planete die noodsaaklike warmte en die bowenal die nodige lig verskaf?
[9] Miskien sou iemand wil sê: “Alle ekstreme moet daar natuurlik wees en bly, maar waartoe dien die buitengewone sterk vermoë dan om pyn te voel by die mens?” Die antwoord op hierdie vraag is maklik: Stel jou die mensdom net voor, sonder die vermoë om pyn te voel, gee haar dan `n vrye kenvermoë en `n volkome vrye wil. Bekragtig die wette dan soveel as wat jy wil, en niemand sal `n wet in ag neem nie! Want wie nie gevoelig is vir pyn nie, het ook geen enkele lusgevoel nie. Sou vervolgens die mens, wanneer hulle slegs begiftig was met lusgevoelens, hulle nie in `n kort tydjie heeltemal vermink, as hulle na die uiteindelike afsit van `n ledemaat, in plaas van `n beskermende pyn, maar net lus en welbehae sou ondervind nie?
[10] Hierdie van enorme pyn huilende Cado sou sekerlik vir ewig verlore gewees het, as hy nie die vermoë sou gehad het om pyn te voel nie. So sal hy in sy hoogmoed miskien nog geruime tyd weerstand bied. As die pyn hom egter al te geweldig aangryp, sal hy ten slotte hanteerbaarder word en hom op beter weë begewe.
[11] Nou begryp julle uit My woorde, dat elke vermoë en elke geaardheid van `n mens, netsoos van elke ander wese uit My ewige orde, uitstekend bereken is. Daar mag absoluut niks aan ontbreek nie, as die mens volkome moet word wat hy kan word. Wanneer alles egter so moet wees, dan moet julle hier naas My steeds dink: “Deur wat iemand self wil, sal hom, ondanks die grootte daaraan verbonde en aan hom die welbekende nadele, in ewigheid geen onreg geskied nie, al gaan dit met hom nog honderd keer slegter!” Maar let nou verder goed op wat hom nou afspeel! En jy, liewe Helena, vertel ons wat jy sien!”
[12] Helena sê: “O Heer, dit is al te afskuwelik! Gelukkige Robert-Uraniël, dat jy dit nie met ons hoef te aanskou nie; jy sou verstyf het van afsku!” Ek sê: “Bekommer jou nie oor Robert nie! Hy sien hierdie skouspel ewe goed, indien nie nog beter as jy nie! Want in die geestesryk bestaan daar geen afstand vanwaar mens een of ander gebeurtenis minder duidelik sou sien nie. In hierdie wêreld is daar baie ander nabyhede en afstande, en hulle bevind hulle uitsluitlik in die hart van elke gees. Hoe inniger geeste mekaar liefhet, soveel te meer is hulle naby aan mekaar; hoe swakker die wederkerige liefde is, soveel verder staan hulle ook van mekaar af. Begryp jy dit? Kyk nou maar dapper na hierdie skouspel!”
[13] Helena kyk nou met meer moed en gelatenheid na hierdie skouspel, omdat sy insien dat hierdie saak onmoontlik anders kan wees as wat dit moet wees vanweë die geheel van die ewige ordening.
|
|
|
|
|