|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 27
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Minerva vermoed `n lis van die Godheid. Cado verklaar aan haar die rede. `n Kleed val uit die hemel. Minerva se nuuskierigheid.
177 Miklosch doen verder verslag: Minerva sê: “Vriend Cado, werklik, ek het jou lief! Dit is weliswaar die eerste ware liefde waardeur my hart ooit beweeg was, maar verskaf my tog plesier en verklaar my die rede van jou hardnekkigheid, waaraan tog `n groot en redelike diepsinnige plan ten grondslag moet lê. Mense voer iets in die mou van die allerhoogste se kant af, en jy is hulle verkose werktuig. Die plan moet aan my onthul word, anders kry jy my geen haarbreedte van hierdie plek af sonder dwang nie. Wat het jy ook daaraan om geweld teen my te gebruik? Jy weet met welke hardnekkige trots ek die Godheid Self die hoof kan bied; hoeveel te meer sal ek dit daarom nie teenoor jou doen nie! Die Godheid is eindeloos magtig en kan met my maak wat Hy wil, egter slegs deur ewige dwang. Die hart en die wil is egter van my en hulle is in staat om elke mag te trotseer, ook die van jou, alhoewel jy die enigste is wat sedert die oerbegin die naaste aan my hart gekom het. Was dit nie so nie, dan sou jy, in plaas van my ware oergedaante, reeds lank `n allerlelikste monster voor jou gehad het. Nou weet jy hoe ek is en moet wees. Gee my daarom die rede waarom jy so onbuigsaam teenoor my is!”
[2] Cado sê: “Waarom verlang jy dit van my, wat ek jou al lankal en breedvoerig uitgelê het? Ek mag nie daarop ingaan nie, omdat ek jou dan nooit meer vry sou kon maak nie. Jy moet jou eers sonder dwang volgens my wil skik en dit tot joune maak, dan sal ek ook alles doen wat jy uit jouself sal wil!”
[3] Minerva sê: “Seker, as ek slegs dit wil, wat jy wil, sal jy uiteraard maklik my wil tegemoet kan kom, maar waaruit bestaan dan my eie vrye wil?” Cado sê: “Daaruit, dat jy vrywillig dit wil, wat ek wil, wat derhalwe jou wil met myne tot `n eenheid maak, want sonder die eenheid sal daar nooit as te nimmer aan `n hoër, ware samewerking gedink word nie.”
[4] Minerva sê: “Dit is vir my te vaag! Ek begryp jou nie, verklaar die saak nader!” Cado sê: “O jou vreemde draagster van alle lig en glans, wat uitgegiet is oor alle eindelose ruimtes! As jy sulke dinge, wat tog so duidelik is, nie begryp nie, hoe sal jy dan in staat wees om dieper dinge uit die onuitputlike bron van die suiwer goddelike wysheid te begryp?
[5] Kyk, jy sal weer vry word en jou plek inneem binne `n korrekte ordening. Daarom moet jy jou eers volgens my wilsorde skik, sodat ook jou eie wil daardeur vry kan word. Probeer dit tenminste net; geval dit jou nie, dan kan jy altyd nog terugkeer na jou ou oordeel!”
[6] Met `n opgeruimde gesig sê Minerva: “Wel nou, op dié aanbod wil ek ingaan. As die terugkeer my nie belet word as die nuwe situasie my nie mag geval nie, dan kan gebeur wat wil! Maar ek is naak en skaam my om so na jou toe te kom. Verskaf my `n kleed, dan sal ek dadelik na jou toe kom.” Cado sê: “Ook dit kan ek jou nie gee alvorens jy nie aan my eerste verlange gevolg gegee het nie. Nou net het daar `n pragtige gewaad, soos uit die hemel, voor my voete geval. Dit is vir jou, en van `n soort soos wat die hemele nog nooit een gesien het nie! Kom dus en neem dit dan aan as `n waardige bruidskleed uit my hande!”
[7] Miklosch gaan verder met sy verslag: “Minerva staan nou ewe ontsteld en rig haar groot vurige oë op die plek waar `n gewaad nou aan die voete van Cado lê, wat in `n rooi doek gewikkel is. Sy sou dit waarskynlik graag ietwat van naderby wou bekyk om te sien of dit die moeite werd was om deur haar aanvaar te word, en span haar oë in om iets te bespeur van die eintlike kleed. Dit is egter so goed in die rooi doek gewikkel, dat daar nêrens iets daarvan te siene was nie. Die nuuskierigheid van Minerva groei intens. Ek is nou self werklik baie benoud wat die satanswese, wat met alle slegte salwe ingesmeer is, nou sal doen! Heer, liefste, heilige Vader Jesus! Sal hierdie ou leuenares haar wel ooit vir goed bekeer, en sal dit dan beter gaan op alle hemelliggame, veral op ons aarde?”
[8] Ek sê: “My beste vriend Miklosch, dit sal die verdere verloop alles duidelik maak. Kyk maar na die verdere verloop van hierdie skouspel en vervul vir die geselskap die funksie van vertolker soos wat jy tot nou toe gedoen het, en dit sal vir jou en al jou broeders en susters duidelik word!”
|
|
|
|
|