Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

In Murzzuschlag. Oor die tydperk van die tegniek. Geloof en liefde ontbreek en daarom ontbreek ook die ware seën

258 Ons kom nou by die plek Murzzuschlag en almal bewonder die argitektuur van hierdie plek, wat aan alle kante deur berge omring word. 

[2] Die vlak agter My lopende Josef sê: “Heer en Vader, ek het tog ook groot meesters in die werktuigbou in my lande gehad. Maar waarom het niemand toentertyd op die idee gekom om `n masjien te maak waarby die kragtige werking van waterdamp gebruik was nie? In die eeu waarin ek geleef het, was daar ook wel groot geeste, maar die nuttige gebruik van stoom het vir hulle onbekend gebly. Werklik, as hierdie uitvinding ook tydens my regering gedoen was, sou dit ook met die suiwer Christendom anders daar uitgesien het. Weliswaar sou ek baie teen die bygeloof gehad het, maar dit sou ek wel baas geword het. As die bygeloof eenmaal oorwin was en die duister papedom neergeslaan, dan sou dit met die suiwer geestelike ontwikkeling vinnig vooruitgegaan het.  

[3] Dit is selfs vir geeste werklik nie oninteressant om te sien hoe hulle jongste broeders op aarde, dinge uitvind wat beslis geen kleinigheid is nie. Daar in die verte ontdek ek nou net, hoe `n lang ry waens hulle pylsnel voortbeweeg. In my tyd sou mens `n hele dagreis nodig gehad het om so `n afstand af te lê, en nou, terwyl ek hier staan en praat, is die hele afstand al vir meer as die helfte afgelê. Heer, U moet tog ook plesier daarin hê as U kinders op aarde met nog `n onryp verstand sulke respektabele dinge tot stand bring, want hierdie noukeurige berekening van oorsaak, krag en uitwerking is ook iets wat U gees in die mens tot groot eer strek.”

[4] Ek sê: “My beste vriend, jy het wel gelyk en Ek sou ook opreg plesier daarin gehad het, as die mens My die eer sou gee by sulke werk en dit op die pilare van die liefde sou gebou het, maar van al diegene wat so `n werk tot stand bring, dink daar nouliks eers aan My. Die reise hier is aan sulke streng bepalings onderworpe, dat slegs diegene wat hulle presies daaraan hou, gebruik daarvan kan maak. Hy moet eers sy reisgeld betaal; `n sent te min maak dit vir hom al onmoontlik om gebruik te maak van hierdie moontlikheid om vinnig te kan reis. Geen mens word ook maar `n meter sonder betaling vervoer nie. 

[5] Waarom sou daar nie aan elke treinstel `n gratis wa vir die arm mense gekoppel kon gewees het nie? Maar so `n reëling word nie deur die bedryf getref nie. Kyk, so `n gratis wa sou `n seën vir die ondernemers wees en hulle aandele sou spoedig tot die waardevolste behoort het. 

[6] Maar Ek sê: Solank die armes nie kosteloos daaraan mag deelneem nie, sal die bedryf nooit die begeerde persentasie opbrengs gee nie. Onthou goed: Waar geen liefde is nie, is ook geen wins nie, want slegs die liefde verskaf egte, oorvloedige en blywende wins.

[7] Daar kom egter `n goeie vriend van My uit Graz met hierdie trein en saam met hom nog een en nog een! Hierdie drie moet ons seën. Hulle sal ons natuurlik nie sien nie, maar in hulle hart sal hulle `n sterk emosie voel. Daar sit ook nog drie ander in die wa, wat ook nie sleg is nie, maar tog ook nie eg goed nie, nóg in die geloof, nóg in die liefde; nietemin sal ons seën nie van hulle weerhou word nie. Daarin sit ook `n vrou wat die vermoë het om geeste te sien. Sy sal ons ook te siene kry, as haar oë hierdie op kant gerig sou wees. Dit spreek vanself dat hier slegs sprake is van die innerlike oog. Ook sy sal ons seën ontvang! 

[8] En nou, My vriende, trek ons weer verder. Die, vir die laat jaargety en taamlike warm wind uit die ooste, op wie se vleuels miljarde geeste in die gedaante van wolke swewe, sal ons geringe aantal vriende in Graz daarop attent maak dat ons hierdie plek nader. Eers sal ons ons kamp opslaan op `n heuwel ten noorde van hierdie plek. As ons daar vlakby is, sal hierdie heuwel nader aangedui word

[9] Ons kom nou na Bruck, `n klein stadjie wat hom egter groot voordoen. Daar sal ons geen siësta hou nie, maar dadelik verder gaan.”

[10] Terwyl ons nou Frohnleiten, `n weliswaar gelowige maar deur die Redemptoriste uiters somber plekkie nader, moet Robert en die offisier Peter met beide hulle vroue vooruitgaan om in die nabyheid van die plek Graz vir My en die hele geselskap, in `n sekere sin, `n verblyfplek gereed maak.

[11] Vanoggend om sesuur het hierdie vier persone in die omgewing van Graz aangekom. Die drie stewige kloppe by jou op die deur, My kneg, was die teken van die aankoms van hierdie vier gaste. Hulle maak in `n sekere sin `n kort uitstappie na die voorstad en by die deur van jou bewoonde huis en het jou deur drie stewige kloppe teen die deur gewek. Vandaar het hulle dadelik na die plek van hulle bestemming getrek, wat egter eers na My aankoms van naderby aangegee sal word.  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205