Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Rudolf vergelyk hemelse en aardse omstandig­hede. Die hemelse stad en haar betekenis as voedingsbron vir die hele oneindigheid

284 Keiser Rudolf kom na My toe, prys My van ganser harte en sê: “O hoe baie anders is die dinge en omstandighede in hierdie geesteswêreld dan tog teenoor die onbeduidende op aarde! Wat het mens hom op aarde alles ingebeeld, terwyl mens in wese heeltemal niks was nie. Solank `n mens, keiser of bedelaar op aarde in die kleed van die dood wandel en verganklik is, kan sy bestaan niks beteken nie. Ek was op aarde `n groot keiser, maar wat was ek toe die dood my oorval het? Niks anders as `n handvol stof en as nie! Maar hier is ek tog geen haar beter as die geringste burger van die ewige ryk van hierdie stad van God nie. Desondanks voel ek my meer verhewe as wanneer ek my as `n magtige heerser, voor wie aarde en see gebewe het, op aarde sou bevind.

[2] Hoe lank was ek, selfs na die aflegging van my liggaam, nog van my aardse eiewaan vervul! Aan `n in waarheid vrye gees was die voorbehoud om die reeds broos geworde rots uit sy vaste slaap wakker te skud. Die rots het verstuif en ek staan hier nou in absolute nietigheid voor U, o Heer, soos `n pasgebore kind en kyk verbaas na `n nuwe wêreld in haar heilige omstandighede. Maar hoeveel het die kind voor op alle wyse en magtige heersers op aarde! Alles kom my hier so groots en verhewe en uitermate veelseggend voor. O heerlikhede sonder naam en sonder tal! O Vader, hoe groot en heilig is U tog!”

[3] Ek sê: “Ja, jy het gelyk; op aarde moet daar verskille wees, anders was hulle nie wat hulle moet wees nie. Maar hier is iedereen gelyk. Daar bestaan geen rang hier nie, behalwe dat julle almal My kinders is en Ek julle aller Vader en Heer. Desondanks bestaan daar ook verskille hier, want niemand sal iets verloor van wat hy op aarde eerlik besit het nie. Jy was op aarde `n goeie keiser. En sien, jy sal weer keiser word, maar oor `n baie groter ryk as op aarde. Hier sal jy gestel word oor `n hele son, waarin `n triljoen aardes plek sou hê. In dié stad en wel in jou huis, sal jy jou toekomstige bestemming van naderby leer ken. 

[4] Nou staan ons egter reeds by die poort; laat ons daarom met die klanke van `n harp binnegaan.”

[5] Ons betree nou die stad; `n stad vol lig en lewe, waarin ewig geen gebrek heers nie, omdat alles in die grootste oorvloed voorhande is en ewig moet wees. Want vanuit hierdie stad onttrek die hele oneindigheid haar voedsel, sowel natuurlik as geestelik.

[6] Robert en die ander verbaas hulle oor die lieflikheid van die wonings wat hier in so groot getalle staan, dat hulle deur niemand meer getel kon word nie. Want die aantal wonings van God se stad het wel `n begin, maar nooit `n einde nie. Wel is hierdie stad in die begin so opgestel dat sy `n volmaakte vierkant vorm, maar daaragter strek sy haar eindeloos uit en het nêrens en nooit `n begrensing nie.

[7] Na `n lang tyd van verbasing sê Robert: “Ja, nou begryp ek eers ietwat dieper, wat dit wil sê: “Geen oog het ooit gesien, geen oor het ooit gehoor en in geen mensehart het ooit opgekom wat die Heer berei het vir hulle wat Hom liefhet nie”. Het die mens op aarde ook maar die minste vermoede gehad van wat hulle hier te wagte staan! Om duisendmaal te sterwe sou vir hulle beter wees as om, al is dit maar `n paar minute lank, te lewe op aarde. Maar die groot liefde en wysheid van die Heer verberg dit vir die oë van die sterflinge, sodat hulle hulle proef kan deurstaan en die korrekte stewigheid van hulle gees verwerf, waarsonder dit vir hulle onmoontlik sal wees om so `n oorvloed aan saligheid te kan verdra.

[8] O Heer, nou begryp ek ook waarom geeste van my soort hulle sterflike broeders dalk `n bietjie vergeet en hulle maar baie selde aan hulle toon. Wie sou na so `n oorvloed aan saligheid nog aan die slegte aarde dink as hy nie so nou en dan deur U, o Heer en Vader, aangespoor word om op die regte oomblik ook nog sy sterflike broeders op aarde te gedenk nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205