|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 61
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Maria Theresia en enkele ander vorste betuig hulle instemming met stamvader Rudolf. Versoek aan die Heer om hulle uit die grafkelder te lei. Goeie getuienis oor Rudolf
211 Vors Rudolf sê daarop: “Ek hoop dat daar onder julle dwase enkele verstandiges sal wees wat my sal volg! Dit is origens waar, in die hoogadellike paleis kom niemand iets tekort nie, behalwe as `n sekere lewensvryheid en lewenslus; ek bedank egter so `n lui lewetjie! Ek sou liewer skaapherder wees as die swyende bewoner van so `n dom hoogadellike paleis! Julle laaste drie edele Lotharingers en ook jy, my dogter Theresia, hoe staan dit met julle? Wil julle ook hier bly tot die dag van die laaste oordeel, wat waarskynlik nooit sal kom nie?”
[2] Theresia sê: “Liewe oorgroot oom, ek sal u volg en my seuns ook. Ook ons wuif die molle lewe totsiens. Ons wil net graag `n verandering hê, anders word ons nog suiwer standbeelde!” Josef sê: “Ek is dit volkome met jou eens. Mens moet die goeie oomblik benut. Wie dit laat verbygaan, het kroon en septer weggewerp, en nooit kry hy dit weer terug nie. Daarom wil ek ook nie die laaste wees om die gunstige oomblik aan te gryp nie!” Daarop sê Leopold: “So is dit ook my vermoede. Eenmaal moet dit tog anders word, want om hier bymekaar ingehok te wees, is niks! Op aarde `n sondebok en hier `n ewige stok sonder hemp of rok, dit word doods en vervelend. Daarom is ek ook vry om my by die landverhuisers aan te sluit.”
[3] Daarop sê Frans ook: “Dit sal ons ook doen; die ander mag lag soveel hulle wil. Op aarde het dit met my sleg gegaan; my jeug het bestaan uit oorlog, vervolging, ergernis, angs en woede en my oudag uit allerlei soorte beslommernisse, siektes en ten slotte uit `n bittere liggaamlike dood. Hier in die geesteswêreld, in die hoogadellike Elysium, (doderyk) word mens verteer deur dodelike verveling. Daarom weg uit die gat; hoe vinniger hoe beter!”
[4] Daarop sê Rudolf vir My: “Vriend, ons wil saam met jou na buite gaan, almal bymekaar. `n Paar familielede sal hulle nog by ons aansluit. As dit vir jou geleë is, kan ons onsself op pad begewe.”
[5] Ek sê; “So dadelik, My redelik gewaardeerde vriend! Jy is vir my steeds `n dierbare man, wat hom nooit aan `n ongeregtigheid skuldig gemaak het nie. Jy het `n groot liefde tot God, Jesus die Heer besit. Daarom was jy ook gesalf tot leier van die volkere en het met die Godskrag die erfreg vir jou nakomelinge verkry, sodat nou, na etlike eeue, jou nakomelinge nog steeds, tenminste van moederskant, op die, deur God aan jou gegewe, troon sit en die volkere bestuur; goed, of so goed en so kwaad as dit gaan, na gelang van die handelinge van die volkere.
[6] Omdat jy steeds vir My dierbaar was en die volkere goed bestuur het, sal jy nou ook die beloning daarvoor kry waarop jy al so lank gewag het. Die lang wag blyk `n onregverdigheid van die kant van God, die Heer, maar dit is nie so nie. Elke heerser, al is hy hoe regverdig, kan op aarde onmoontlik nie van die hoogte van sy stand afdaal tot in die stof van die deemoed nie. Hy moet hom letterlik as `n god laat aanbid, anders sou hy geen goeie vors wees nie. Die ryk van God kan egter net in besit geneem word deur diegene wat hulle tot in hulle laaste en kleinste lewensvesel verdeemoedig het.
[7] Vir diegene wat op aarde slegs `n geringe posisie inneem, is dit maklik om tot in die diepte van die deemoed af te daal, maar dit is nie so vir diegene wat die hoogste top van menslike waardigheid en grootheid op aarde ingeneem het nie. Wie by die see woon, hoef maar min treë te loop of hy bevind hom aan die oewer van die seëninge van die lae see, maar wie hom nog op die allerhoogste bergtop bevind, het aansienlik meer tyd nodig voor hy benede aan die strand van die see sal aankom.
[8] Die heersers bevind hulle geestelik op sulke hoogtes. Daar is vir hulle meer tyd nodig om na die see te kom as vir diegene wat al by die see woon. Kyk, Dawid was `n koning na God se hart, want hy was goed en regverdig. Tog moes hy in die geesteswêreld verskeie eeue gewag het, voordat die volledige verlossing vir hom gekom het. So moet jy dit ook opneem, dan sal jy die volledige regverdiging, die goddelike geregtigheid, genade, liefde en wysheid daarin vind.
[9] Wat Ek nou vir jou gesê het, geld vir almal wat op aarde die kroon gedra het oor My volkere. Wie van julle hulle hierby wil skik, kan dit vinnig doen en My volg, maar wie nie wil nie, laat hulle bly! Helaas is daar sommiges hier wat hulle nog lank nie wil skik nie. Daarom sal Ek nog eenmaal, voordat ons hierdie plek verlaat, deur My werktuig Paulus `n opwekkende stem oor hierdie slaperigheid van die blindes laat klink. Hulle wil is vry, netsoos hulle gees, daarom mag Ekself nie beslis en sê: “Hierdie hier en soveel!” nie, want Ek wil hier nie beskik nie, maar slegs geduldig afwag en sag wees vol erbarming. Aan diegene wat Ek baie te dra gee, moet Ek ook `n groot toegewendheid bewys, omdat hulle baie moeg en slaperig geword het onder hulle groot las.
[10] Daarom, Paulus, staan op en wek diegene op wat hulle wil laat opwek.”
|
|
|
|
|