|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 144
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die ewige dood, sy oorsaak en sy wese. Die lot van diegene wat in die derde hel ten prooi val aan die ewige dood Die dreiging met die oordeel en die lankmoedigheid van die Heer
294 Robert, wat al naby aan die wenteltrap staan, sê: “O liefdevolle wyse Vader, ons kom woorde te kort om U na behore vir so `n opheldering te dank. Mens kan hom dus in die toestand van die “ewige dood” selfs lewend en gelukkig in een of ander hemel bevind, die eintlike oer-ek is net nie meer daarby aanwesig nie. O, dit is tog genade en nogeens genade van U! Ons verstaan onder die uitdrukking “ewige dood” deurgaans die hel, waaruit ewiglik geen uitweg meer is nie. En as daar al een is, aangesien alle dinge tog by U moontlik is, dink ons, kan dit maar net `n baie moeilike een wees. Nou lyk hierdie saak egter baie anders. Dank en liefde vir U vir hierdie pragtige les!”
[2] Ek sê; “Dit doen My `n besondere plesier aan dat julle dit alles so positief opvat, maar die genade by die gee van die ewige dood aan `n verongelukte wese van die wêreld is nie heeltemal so groot as wat julle meen nie. Want vir menigeen sou die hel tienmaal honderdduisend aardjare met behoud van die eerste verwekking beter wees as die eintlike ewige dood. Het die hel van die derde graad ook met die eerste verwekking vir ewig verlore gegaan, dan is dit seker nog erger as die suiwer ewige dood op sigself.
[3] Vir sover Ek bemerk, begryp julle nou goed wat die ewige dood eintlik as sodanig is, maar die eintlike boosheid van hierdie toestand sien julle nog nie in nie. Dus moet Ek vir julle hier by die afdaal van hierdie wenteltrap nog die een en ander daaraan toevoeg. Luister dus!
[4] Wie hom dan, wat hy oorspronklik was, weens sy verkeerde gerigte liefde in die eerste of tweede graad van die hel bevind, kan na baie bitter ervarings tog weer word wat hy oorspronklik was. Sy bewussyn word hom gelaat, sy herinnering bly hom by en hy kan nog die voltooiing bereik.
[5] Maar as `n mens deur `n vir My onverdraaglike louheid nóg koud, nóg warm is, hom oor niks bekommer, nóg oor iets goeds, nóg oor iets boos - of die een is vir hom net so goed soos die ander, sodat hy die een keer koelbloedig die ergste gruwels, maar dalk ook iets goeds kan uitvoer - vir wie dus alles eenders is, God of duiwel, dag of nag, lewe of dood, waarheid of leuen: Hy het ten prooi geval aan die eintlike ewige dood. Hy bevind hom daardeur in die alleronderste hel, waaruit in een en dieselfde oerbestaan geen uitweg meer denkbaar is nie.
[6] Die oorsaak van so `n toestand is die mees gekonsentreerde hoogmoed, wat alle grade van selfsug en eieliefde deurgemaak het, hom in so `n hoë graad van verdigting in sekere sin self platgedruk het en so die oerlewe van sy gees verloor het. En juis daaruit bestaan die eintlike ewige dood, wat die ergste van die ergste is, omdat die eintlike bestaan totaal ophou.
[7] So `n siel is dan geheel ten gronde gerig. Haar eerste totaliteit moet deur die mag van die vuur in haar afsonderlike oerlewensvonke uiteenval en daarna, met `n heeltemal nuwe vermenging, via `n lang weg deur die plante- en diereryk van `n ander planeet in `n baie vreemde songebied in `n baie laer mensevorm oorgedra word. Op hierdie wyse bly daar dan van die oorspronklike wese van so `n siel bitter weinig meer oor. En dit is eintlik die allerergste, want so `n siel kan My dan onmoontlik ooit meer aanskou nie, omdat sy dan maar net siel sonder My gees in haar is en bly.
[8] Dit is ongeveer soos by `n onryp, verrotte appel, wat kan oorgaan in skimmel en swamme. Daaruit kan egter geen appel meer ontstaan nie; in die beste geval nog `n parasiet. Hy vertoon dan weinig gelykenis meer met die oorspronklike boom en die oorspronklike vrug. Sê My, of julle dit nou volkome begryp het?”
[9] Soos uit een mond sê almal: “Heer en Vader, nou is dit vir ons alles volkome duidelik! Daar is weliswaar oor die toestand van so `n selfsugtige, verlore wese nie baie heuglik te vertel nie, maar nietemin kom U groot liefde en barmhartigheid tog steeds te voorskyn, want by U is alle dinge immers moontlik. Daar kan daarom na weliswaar ondenkbare lang tydsruimte tog ook vir hierdie wesens `n uurtjie aanbreek waarop hy homself en U steeds meer in die oorspronklike toestand begin kan herken en liefhê en vanaf daardie oomblik sowel voortskry in kennis as in liefde.
[10] Hoe dikwels het U deur die mond van U profete en knegte aan die kinders van die wêreld alle moontlike oordele as ernstige gevolge van hulle slegte handelinge laat voorsê. As hulle dan egter net as enkel, beter mense in hulle hart tot U keer, trek U weer U skerp tugroede terug. U seën die aarde weer en slaan dan vir die verbetering van die bose `n ander weg in as dit, wat U deur U profete laat aankondig het. Jona en Jeremia gee `n onmiskenbare getuienis daaroor. By alle goeie beloftes het U nog altyd woord gehou. Maar na die dreiging met straf slegs dan, as die mens U heeltemal uit die oog verloor het.
[11] Ek sê: “Ja, julle het volkome gelyk. So is dit ook! Die rede waarom Ek aangekondigde oordele dikwels nie laat plaasvind nie, is, dat straf wat werklik plaasvind, die mens selde verbeter, maar meestal maar net slegter maak. Daarom laat Ek, as daar ook maar enkele meer regverdiger mense hulle gelowig tot My wend, die dreigemente graag in seëninge verander. Daarom laat Ek ook slegs voorwaardelik met straf en oordele dreig. Vind hulle harte dit om ook maar enigsins aan die voorwaardes te voldoen, dan is alles weer in orde. En Ek seën dan vir weinig goed ook baie slegtes saam, sodat hulle nie in die geleentheid kom om nog slegter te word, soos dit gewoonlik na oorloë die geval is nie. Want oorloë is steeds die beste voeding vir die onversadigbare woekergees en die beste skool vir die wreedheid van duiwelse hoogmoed.
[12] Jammer genoeg is dit trouens dikwels so dat die sagte vermanende stem van My engele onopgemerk bly vir die verstokte ore van die wêreldmense, en Ek dan genoodsaak is om die stem van die duiwels vir die dowe mense te laat klink. Vind die stem uit die hemele egter ook maar enigermate gehoor, dan laat Ek die stem van die duiwels graag verstom. Want `n vader bly tog steeds die sagmoedigste regter en trek nie dadelik los met slaan nie, ook al hou hy die tugroede dreigend omhoog. Dit is beter om tientalle jare lank te dreig en deur die vingers te sien, as om `n jaar lank te straf. Want die plante op ons aarde is van die teerste soort en moet met baie omsigtigheid behandel word. Die geboorteplek van die kinders van My hart is `n ander een as van die van My ander wesensdele. Julle moet altyd voor oë hou dat juis die klein aarde die geboorteplek is van die kinders van My hart!
[13] Inmiddels bevind ons onsself nou almal op die grond van die gelykvloerse vertrek en wil dadelik net die noodsaaklikste daar in oënskou neem. Kyk na die vier groot wande. In elke wand sien julle drie deure. Deur hierdie deure het julle toegang tot alle wêrelde en hemele en hulle gemeenskappe wat hulle in die hele oneindigheid bevind; net nie tot hierdie hoogste en binneste hemel waarin julle nou is nie. Kom nou na die noordekant; dan sal ons vinnig `n begin maak.”
|
|
|
|
|