|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 146
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die avondlike westewand. `n Blik deur die eerste deur. `n Planetêre middelson, moeder van talryke planetêre sonne. Inrigting van die geestelike diorama (kykspel)
296 Almal gaan nou weer die vertrek binne. Die eerste deur in die avondlike westelike wand staan al oop sonder dat iemand haar met die hand geopen het. Dit is vir ons Robert alweer aanleiding om te vra na die meganisme waardeur hierdie deure dan vanself geopen word.
[2] Daarop sê Ek vir hom: “Vriend, het jy nog steeds geen idee van die almag van My wil nie?” Robert sê: “O, vergeef my, beste Vader! Kyk, deur U groot vriendelikheid en minsaamheid vergeet mens dikwels heeltemal dat U almagtig is. Maar nou is alles alweer heeltemal in orde!”
[3] Nou gaan ons in die deuropening staan en voor die oë van die nuwe bewoners van die hemelse Jerusalem strek hom onafsienbare landerye uit. Groot riviere deurstroom hierdie onmeetlik uitgestrekte lande en hulle water straal sterker as al die lig van die son van ons aarde as dit op `n punt saamgebondel sou word. Groot, pragtig aangelegde tuine word by die wen aan die sterk lig van die riviere geleidelik aan sigbaar en in die middel skitter indrukwekkende, pragtige geboue, waarin die mense van hierdie ligwêreld gewoonlik woon. Bokant die ligriviere sien mens sterkstralende mensegedaantes swewe, wat onbeskryflik mooi gevorm is. Robert en nog enkele ander hou hulle hande voor hulle oë omdat hulle die sterk ligglans nie kan verdra nie, en hulle vra My, wat se wêreld dit tog kan wees.
[4] Ek sê: “Dit is `n middelson, waaromheen in wye bane miljoene kleiner planetêre sonne sirkel. Haar aantrekkingskrag is so groot, dat sy al die miljoene planetêre sonne met hulle planete in die afgebakende bane hou. Maar wat beteken al dié krag teenoor die krag van een van My geringste kinders! Ek sê vir julle: Middesonne is speelgoed in die hande van My kinders! Nou weet julle wat julle hier sien, en daarom sal ons die balkon weer verlaat en verder gaan na die tweede deur van die avondlike, westelike wand.”
[5] Robert sê: “Heer en Vader, ek sou tog `n bietjie wil begryp hoe dit moontlik is, dat mens hier vanaf elke deur `n baie eie groot hemelliggaam sien, terwyl die deure tog maar enkele treë van mekaar verwyder is! Hoe kon sulke wêreld-kolosse in `n ruimte van enkele treë breed naas mekaar bestaan? Heer, ek beteuel my geduld soveel ek maar kan, maar dit help niks nie. Ek moet wel `n klein liggie ontvang, anders word ek selfs hier in die ryk van die volmaakte lewe nog siek.”
[6] Ek sê: “Wel, siek sal jy verseker nie hier word nie, omdat `n siekte hier volstrek onmoontlik is. Te meer, omdat ek jou daaroor nou tog `n klein opheldering sal gee. Luister dus. Jy het al vooraf iets gesê oor `n geestelike “diorama.” En dit is ook werklik so `n geestelike diorama, wat egter op ander optiese grondwette berus as `n aardse diorama.
[7] Kyk, elkeen van hierdie deure is in `n sekere sin `n geestelike, hol spieël. Word die deur geopen, dan sien jy dit, wat volgens `n ewige ordening in jou eie hart in die kleinste, maar nogtans mees volmaakte vorm woon. Staan jy nou voor een van hierdie hol spieëls, dan sien jy die mees vergrote spieëlbeeld van wat hom volgens `n ooreenkomstige ordening uit jou voorraad in `n sekere sin op die suiwer oppervlakte afspieël. Die spieël is hier egter nie van glas nie, maar bestaan uit die suiwerste hemellug. Sy is so gepolys, dat sy, as dit nodig is, `n volkome helder wand vorm, waarop sy weerkaats word, wat na die ordening van haar eie samestelling deur haar opgeneem kan word.
[8] Op aarde bestaan iets dergeliks ewenwel nie. Slegs die sogenaamde noodlot as lugspieëling kom enigsins in aanmerking daarvoor. Maar sy haal dit tog lank nie by die spieëlbeelde hier nie, want sy neem elke objek op wat sy voor haar plaas. Hierdie spieëlbeelde in My huis neem slegs op, wat met hulle ooreenstem. Iets wat meer daarna sou lyk, sou wel die verskillende kleurskakeringe deur `n prisma kon wees, waarby `n bepaalde vlak by een en dieselfde wending slegs `n bepaalde kleur terugkaats. Wat so `n prisma egter met die vormlose kleure doen, dit bewerkstellig die spieël hier met die vorms wat uit die harte van die voor hom staande engelgeeste op sy oppervlak straal en in ooreenstemming met die aard van sy eie oppervlak teruggekaats word.
[9] As Ek nou wil dat hierdie of `n ander spieël nie meer daar is nie, dan sal jy deur so `n deur vanselfsprekend slegs dit sien, wat My huis omgewe, wat na alle kante vry midde in die groot stad staan. Want die gewone aanskouing berus hier op dieselfde grondbeginsels as die sien op aarde, maar natuurlik in die mees suiwer krag.
[10] Aangesien so `n spieël egter beslis nie uit `n vaste wand bestaan nie, is daar voorsiening getref, waardeur elke gees, as nodig, ook dadelik met die snelheid van die gedagte op die werklike hemelliggaam kan kom, wat hy in die spieël sien. Dit geskied langs die weg van `n hemels-geestelike kontak. Hoe dit egter in sy werking gaan, dit, My beste vriend, sal vir jou alles mettertyd duidelik word. Wel, hoe lyk dit nou met jou siekte? Dink jy miskien nog dat jy deur jou ongeduld koors sal opdoen?”
[11] Robert sê: “O Heer en Vader, die liefde der aller liefde! Ek is nou weer so `n duisend aardse studiejare wyser en verstandiger. Aan U alleen ons ewige dank en al ons liefde en aanbidding!” Ek sê: “Wel nou, as dit vir jou nou ietwat ligter om die hart is, gaan ons dadelik na die tweede deur. Kyk, sy staan al `n rukkie oop!
|
|
|
|
|