Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Gelykenis van die kunsskilder en sy leerlinge. Die liefdevolle, wyse les van die Heer bring Helena weer tot haar hemelse bruidsliefde

159 Ek sê verder: “Luister, Ek sal jou nou `n gelykenis vertel en ons sal sien hoe dit, wat Ek van jou verlang, daarin tot uitdrukking kom:

[2] Daar was eens op aarde `n groot meester in die skilderkuns, aan wie se skilderstukke nog maar net die lewe self ontbreek het, waardeur die voorgestelde onderwerp ook tot lewende werklikheid sou gekom het. Die werk van hierdie meester het uit alle dele van die wêreld `n groot menigte bewonderaars getrek, waaronder ook menige talent, wat hulle graag verder wou bekwaam. Dit het die meester `n groot genot verskaf, en hy het alles moontlik gedoen om van hierdie jong talent iets te maak.

[3] Onder die baie leerlinge van hierdie meester was daar sommiges wat met egte talent begaafd was, maar hulle het vir die onoortrefbare groot kuns van hulle meester so `n enorme respek gehad, dat hulle dit nouliks gewaag het om `n skilderkwas in die hand te neem. Hulle het naamlik gemeen dat hulle, selfs met die grootste inspanning, nog nie daarin sou slaag om ook maar een atoom van die grootte van hulle meester te bereik nie. Die ander minder talentvolles het egter gedink: “Ons weet goed dat ons meester nie te ewenaar is in sy kuns nie, en dat ons nie naby aan hom kan kom nie, maar ons wil tog nie so ver gaan met ons respek vir sy kuns, dat ons daarom nie meer sou durf skilder nie. Ons wil hom daarenteen baie toegeneë wees en van hom leer soveel as wat ons maar kan. Dit sal hom sekerlik meer genot verskaf as wanneer ons maar net stom bewonderaars van sy werk in sy kunsateljee sou bly. Dit is immers ook `n eerbetoon aan die groot meester as wat duisende, entoesiaste gekom het deur sy groot werk te aanskou, en hulle na eie vermoë beywer het om die groot meester op een of ander gebied te benader.” Kyk, My liewe Helena, hulle wat hulle te redelik laat saamsleep deur hulle groot eerbied vir die groot meester, leer weinig of niks nie, terwyl die ander hulle deur hulle vlyt en ywer onder die leiding van die groot meester tot deeglike kunstenaars ontwikkel.

[4] Gee My nou jou mening: Aan welke soort leerlinge sal die meester sy voorkeur gee, aan diegene wat te eerbiedig is, of aan diegene met minder groot eerbied, maar met meer ywer om sy kuns, waarvan sy hart vol is, na te volg? 

[5] Of wie sou jy self liewer wou gehad het: Iemand wat so deur jou skoonheid platgeslaan is, dat hy dit vir geen enkele prys sou waag om sy liefde moedig aan jou te beken, of iemand wat deur jou skoonheid so in liefde ontbrand, dat hy die moed het om aan jou te beken hoe onbeskryflik lief hy jou het? Gee My net jou mening.”

[6] Helena sê: “O Heer, die tweede! Ek gee my al heeltemal gewonne, want ek sien my vergissing nou in!” 

[7] Ek sê: “Wel nou, hoe sal jy jou dan nou teenoor My gedra? Sal jy nou weer so vertroulik met My wees as voorheen, na jou verlossing van die juk van jou geestelike dood?”

[8] Helena sê ietwat stotterend: “Hm, dit moet natuurlik, maar, hm, as U tog maar net nie so heilig was nie! As ek daaraan dink, dat U God is, die ewige Almagtige, Heilige en Alwyse, en ek eintlik niks as slegs `n klein gedagtevonkie uit U, dan oorval so `n enorme eerbied my vir U en U heilige oë, dat ek in die diepste diepte voor U sou kon wegsink! 

[9] U lyk weliswaar so sagmoedig soos `n vroom lammetjie en so deur en deur goed soos `n moeder, wanneer haar liewe kinders haar hande soen, maar uit U lieflike oë kom dalk tog ook storm, bliksem, hael en donder oor die hele wêreld, tot skrik van alle mense. Dan sê ek so stilletjies vir myself: Die Almagtige lyk wel soos `n mens, maar tog is Hy iets heeltemal anders, en gekheid begryp Hy glad nie. Hy is wel oneindig goed vir hulle wat Hy liefhet, maar met diegene wat hulle Sy ordening nie wil laat welgeval nie, gaan Hy baie anders te werk!

[10] Sulke gedagtes dring hulle heeltemal ongevraagd aan my hart op en ek kan dan niks daaraan doen nie, dat `n steeds groter eerbied vir U, homself dan van my meester maak. Ja, ek sou selfs wil beweer, dat U Self as God nie heeltemal kan begryp hoe `n swak skepsel moet voel, as hy hom voor U bevind nie. Vir U is dit sekerlik `n egte vreugde om voor triljoene van U skepsele te staan en hulle vry volgens U goddelike verlange lief te hê, maar ons skepsele kan dit slegs doen met `n stille huiwering van eerbied.

[11] As ek sou durf om te doen wat ek graag wil, dan sou ek U inderdaad, by wyse van spreuke wel dodelik kon liefhê, maar ja, daar lê `n enorme “maar” tussen!”

[12] Ek sê: “Wat se skerpsinnige wese is jy tog nie! Ek sal nog by jou moet lering kry. Maar kyk, jy maak `n fout, as Ek nie kon voel wat jy as skepsel kan voel nie, deur wie anders het jy dan eintlik `n gevoel ingeplant gekry? Ek het jou immers heeltemal volledig en nie halfpad geskape nie! Nou het jy weereens enkele oorblyfsels van jou Weense wysheid te voorskyn gebring.

[13] Kyk, waarvoor sou `n swak liewe Heer dan goed wees? Die liewe Heer moet almagtig wees en bowenal wys, anders sou Hy ten slotte tog saam met jou ten gronde gaan! Wel, wat dink jy nou, is Ek nog so angsaanjaend of miskien tog nie?”

[14] Hier begin Helena weer fyntjies te glimlag en sê na `n rukkie: “Liefste hemelse Vader, U kan iemand tog so toespreek, dat mens ten slotte alle oordrewe angs vir U moet verloor! Maar nou sal U dan ook mateloos deur my bemin word!”

[15] Ek sê: “Kom dan nou na My en belug jou hart.” Helena bedink haar nie langer nie, val My om My hals en bedek My bors met `n stroom van vreugdetrane, liefdesversugtinge en soene.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205