|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 24
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Cado se wysheid teenoor die verblindheid van Minerva. Erken die Godmens Jesus!
174 Miklosch doen verder verslag: “Cado sê: “Maar liewe moeder van die oneindigheid, uiters beminlike en mooie Minerva! Waarom voel jy juis vir hierdie Naam wat tog so mensvriendelik klink, so `n weersin? Wat het Hy jou dan aangedoen? Kom daarmee vorendag, waar sit die moeilikheid?”
[2] Minerva sê baie boos: “Vriend, daar sit juis die grootste probleem wat in alle ewigheid nie opgelos sal word nie, want onder hierdie Naam het die Godheid waansinnig geword en het Sy oorspronklike hoogte en diepte verlaat. Hy het Hom uit dwase liefde vir Sy fantasieskepsele in `n nou jassie gepers, waar Hy nou nie meer uit te kry is nie. Dink jou nou net `n Godheid in, wat Hom uit suiwer apeliefde vir Sy skepsele deur Sy verblinde kreature laat mishandel en aan die kruis nael! `n Godheid, wat Hom tot aas verneder in plaas van om in Sy hoogheid en glorie in my verligte geselskap te bly en te heers oor alle wesens, wat hulle onverwoesbare bestaan uit my gekry het. My vraag is: Wat moet ek as hoogste wysheid nou dink van so `n dom geworde Godheid? Ek sou wel van skande en smaad kon vergaan as ek so `n ontsettende vernedering moes aansien. As ek ook sou dom word, netsoos die Godheid, dan val die hele oneindigheid in puin en alle wesens hou op om te bestaan. Kyk, dit is die hopelose moeilikheid!”
[3] Cado sê: “Merkwaardig! Maar wat is dan so merkwaardig hier? O, nie die vernedering van die Godheid na Sy skepsele toe nie! Dit is in my oë nog lank nie so merkwaardig soos die feit dat die hoogste wyse godin Minerva so gruwelik bekrompe van gees is, dat sy so `n buitengewone dom voorstelling van die groot Godheid kan maak. Neem my nie kwalik nie: Hoe kan die Godheid, as die suiwerste oergees- as die magtigste oerkrag van alle van Sy uitgaande kragte, ooit swak word? Hy, wat die oneindigheid omvat en die ewige sentrum is, sou ooit swak en ten slotte selfs waansinnig kon word? Nee Minerva, jy mag verder baie wys wees, ja selfs so wys as wat jy verleidelik mooi is, maar die grap oor die goddelike swakheid en dwaasheid het jou nie mee geslaag nie. Bowendien sien ek dat jy buitengewoon heerssugtig is en dat jy plesier daarin het om my as dom te beskou. En dus vererg ek my ook nie meer oor die domheid wat jy my betoon het nie.
[4] Omdat ek egter `n groot behae skep in jou skoonheid en jou in alle erns liefhet, gee ek jou raad. Dit bestaan hieruit, dat jy daarvoor moet sorg om met die Godmens Jesus op vriendskaplike voet te kom. Laat ten minste Sy Naam dikwels in jou ryk uitroep, sodat jy jouself daarvan kan oortuig wat die gevolg daarvan sal wees. Ek is daarvan oortuig dat jy daardeur binne die kortste moontlike tyd `n heeltemal ander voorstelling van die Godheid sal kry. Kyk, ek is miskien nog `n baie slegter duiwel as jy. Ek ken Jesus slegs van naam en ken enkele stellings van Sy leer, wat werklik goddelike wysheid bevat en selfs by elke redelik denkende geestelike of vleeslike duiwel die grootste bewondering moet afdwing. Ek het werklik geen moeite daarmee om Hom my diepste agting te betuig nie. Waarom moet dit dan vir jou so moeilik en onuitvoerbaar voorkom?
[5] Kom, wees nou net verstandig! Dom was jy tog al lank genoeg. Kyk, ons beide sou tog goed bymekaar pas. Desnieteenstaande sal daar nog genoeg kwaad oorbly, ook al gaan dit nie meer van ons uit nie. Die goeie God sal nog `n hele tyd werk hê voordat Hy al ons nakomelinge volkome baasgeraak het, ook as ons ons duiwelshandewerk vir goed opgee. Jy moet werklik nooit spyt wees daaroor nie, want jy het nog altyd net `n afskuwelike loon daarvoor ontvang, en uiteindelik sou dit die Godheid na geleentheid wel net kan herinner om jou heeltemal vir ewig te vernietig. Wat het jy dan aan al jou moeite en suur arbeid? Volg daarom my raad op, te meer omdat jy my vroeër tog self te verstane gegee het, dat jou bestaan, netsoos die van die Godheid, ewig onverwoesbaar is!”
[6] Nou is Minerva sprakeloos, sy staan as `n onbeskryflike mooi vrou vlak by die heuwel op haar wa en lyk asof sy oor die woorde van Cado nadink.”
|
|
|
|
|