Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die bereikte hoogste hemelsfeer. Robert, Peter en drie vriende begelei die Heer na die heilige Jerusalem; die stad van die stede en die son van die sonne

283 Almal gaan nou na binne en elkeen word deurdronge van sy lewe se hoogste gevoel van geluksaligheid. Die enorm uitgestrekte omgewing staan vol met klein, aardige huise en elkeen word syne getoon en aan hom as volledige eiendom oorgedra. Onmiddellik neem almal met groot vreugde sy nuwe, in elke opsig uitstekend toebereide eiendom in ontvangs.

[2] Slegs Robert-Uraniël en sy helpers sien geen huis wat vir hulle gereedgemaak is nie en vra My waar hulle dan in die reël sal woon.

[3] Ek sê egter vir Robert: “Kyk, dit alles is tog jou huis! Jy is oral hier tuis en jou vriend met jou, maar verder het jy jou woning daar in die stad, waarin Ek self bestendig sal woon. Dit is die nuwe hemelse Jerusalem, die stad van jou God, jou Heer, jou Vader en in die gees van die liefde, van jou broeder. Van daaruit sal jy steeds alles reël in jou eie huis en deur My sal jy ryklik van alle middele daarvoor voorsien word.

[4] Volg My maar, noudat hier iedereen, klein en groot, uitstekend versorg is, na daardie stad. As jy egter iemand van die wat saamgekom het, wil saamneem, dan staan dit jou vry. Ek sien weliswaar dat jy elkeen saam sou wil neem, maar dit is voorlopig nie moontlik nie; neem wel Josef, Leopold en Rudolf, die eerste saam! Hulle wonings is hier vlak by die hoofstraat. Roep hulle maar, sodat hulle hulle saam met ons na die stad van die hemele kan begewe!”

[5] Robert roep hulle; hulle kom dadelik uit hulle huise, waarvan hulle die inrigting daarvan nie genoeg kan roem nie, en gaan saam met ons op pad na die stad. Robert vra My waar die geeste, wat saam met die aartsvaders voor ons in die ryk binnegegaan het, dan bly.

[6] Ek wys hom die streek na die middag aan en sê: “Daar sal jy hulle almal aantref, want ook hulle woon in jou huis. Die aartsvaders woon egter in hulle eie groot huise, wat jy mettertyd almal sal leer ken, want huise soos die nuwe van jou, is daar oneindig baie in My ryk. Jy sal dit in geen ewigheid bymekaar kry om dit alles te leer ken nie, maar in My groot huis sal jy hulle te siene kry volgens die mate van hemelse behoeftes. Ken jy trouens die gees, wat ons nou oor die straat tegemoet hardloop?”

[7] Robert sê: “Dit is tog die beroemde Cado, wat Satana sulke onverteerbare brokke te sluk gegee het. Ek sê: “Ja, dit is hy! Gee hom nou die eerste wag op die heuwel, want hy het baie krag en moed. Maar oor `n aardse jaar hoef niemand op aarde meer die wag te hou nie, en dus Cado ook nie!”

[8] Op dieselfde oomblik staan Cado al voor ons en sê: “Heer, ek het al verneem wat my bestemming is en haas my om haar getrou na te strewe!” Robert kus hom en sê: “Wees goed, regverdig en streng, want dit is sleg met die aarde gesteld.” Cado buig en haas hom na die plek van sy eerste bestemming.

[9] Ons loop verder oor die straat wat regstreeks na die heilige stad gaan en wat lyk soos `n ruim dertien meter breë goue band, waar asof uit die fynste sy die kleure van die reënboog pragtig ingeweef is. Die stad is vir geen gees wat nog in die vlees lewe, te beskryf nie, want haar prag, haar grootte en die graad van die salighede wat in haar heers, is oneindig. Haar uiterlike vorm lyk soos die gestalte van `n mens, hoewel elke huis van binne oneindig is, soos die kiem van elke saadkorrel van binne oneindig is en soos die hart van `n gees in al haar verskeidenheid nog baie omvattender is.

[10] Robert, sy helper Peter, hulle vroue, Josef, Leopold en Rudolf is vol verbasing oor die heerlikheid van die stad. Hoe nader ons haar nader, soveel heerliker word haar gestalte en van alle kante straal ons die grootste liefde en vriendelikheid tegemoet.

[11] Robert, wat bo die stad die heerlikste son van alle sonne aanskou, waarvan die lig in die hele oneindigheid uitstraal, vra My in alle liefde wat se son dit is, waarvan die lig baie helderder straal as die van die natuurlike son, maar desondanks so lieflik is soos die lig van die môrester.

[12] En Ek sê vir hom: “Kyk, eintlik is Ekself hierdie son! Daar is nog twee hemelsfere: In die rigting van die aand `n suiwer “wysheids-hemel” en na die middag toe `n “liefde-wysheidshemel”. Die bewoners van beide hierdie hemele sien my slegs as `n son, en wel as die son wat jy nou midde en bo die stad sien skyn.

[13] Slegs hier in die allerhoogste hemel is Ek buite die son, hoewel ook in die son. Buite hierdie son is Ek soos julle almal My nou in julle midde sien, maar in die son is Ek suiwer geestelik in die krag van My wil, van My liefde en wysheid. Ekself is in die grond van die saak hierdie son, maar tog is daar `n verskil tussen My en haar. Ek is die basis en hierdie son is dan `n uitstraling van My gees, wat vanaf hier en vanuit My sterk die oneindigheid in onverminderde krag deurstroom en My ewige orde alom tot stand bring.

[14] Kyk nou net na die groot skares, wat ons vanuit die stad tegemoet hardloop en ons duidelik sigbaar hulle hoogste, liefdevolle vriendskap kom aanbied.” Robert sê: “O Heer, ek vergaan van verrukking en liefde as ek na U kyk! U is by ons en dit alles is U werk. Heer, wat is ons dan, dat U ons so oneindig genadig is? O God, o God, hoe groot, heerlik en heilig is U tog!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205