|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 151
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Uitsig vanuit die tweede deuropening in die suidelike wand. Die totaalbeeld van die materiële skepping. Die groot skeppingsmens as die verlore seun. Die wese en bestemming van God se eindelose skeppingsvermoë
301 Almal begewe hulle daarna redelik weetgierig na die tweede suidelike deur. Daar aangekom sê hulle almal: “Aha, hier is dit goed om na buite kyk, want hier het ons oë nie meer met so `n sterk lig te kampe nie. By die twee laaste sonne was dit gewoonweg net nie meer uit te hou nie! Die vraag is net, wat sien ons eintlik hier? Dit is `n swak glinsterende agtergrond, ongeveer soos op aarde, wanneer die melkweg glinster in `n helder somernag. Maar wat daaragter verborge mag wees, sou ons nou graag wil verneem, as dit U, liefdevolle Vader behaag.” - Ek sê: “Daarom is ons immers hier! Kom julle nou maar goed ver die balkon op, anders kan julle die beeld nie geheel oorsien nie.
[2] Nou gaan almal tot aan die rand van die groot balkon. Robert oorsien eers die groot glansende beeld en sê: “Aller merkwaardigste! Dit is tog `n volmaakte mensegestalte! Die knieë ietwat gebuig. Die hande hang onverskillig na benede. En die hoof, iets vooroor geboë en voorsien van lang Absalom-hare, en lyk soos die van `n treurende in die bodemlose dieptes. Die lendene is maar nouliks met `n geskeurde voorskoot bedek. Kortliks, die hele gestalte maak `n weemoedige indruk op my! Die kolossale grootte sou iemand op die ideë kon bring, dat dit die uiterlike vorm van die alom werkende gees uit U sou wees, o Heer. Maar die treurende gestalte sê vir my dat dit onmoontlik die geval kan wees. Ook sou daar in U gees, o Heer, lewe te bespeur moet wees, maar van so-iets is by hierdie kolossale gestalte geen spoor te ontdek nie. Hy lyk eintlik net soos `n fosforesserende beeld wat deur U almagtige asemtog, o Heer, aan die onmeetlike uitspansel geplaas is. Dit alles sal wel `n belangrike rede hê, wat behalwe U, sekerlik niemand sal ken nie. Heer, asseblief, verklaar die beeld vir ons!”
[3] Ek sê: “Ek sal dit wel graag wil doen, maar jy het nog te veel ontsag vir materiële groottes en jy sou by die minste uitleg tog ietwat al te koorsig reageer. En dit sou My leed aandoen, om jou hier in My ryk siek te maak. Vra jou daarom af of jy die aller kolossaalste uit die ryk van die materie kan verdra; of jy dit wil aandurf. Dan sal Ek vir julle die beeld dadelik ietwat meer ontsluier.”
[4] Robert sê: “Heer en Vader, vol hoogste liefde. Nou is alles reeds vir my om`t ewe. Ek is al vertroud met hierdie groot afmetings en my gemoed is daarom al behoorlik daarop ingestel. Nou verdra ek nog wel `n paar dosyn sulke heelalsfere waarin, wat my betref, tien-miljoenmaal tienmiljoen sonne mag sirkel soos hulle wil.”
[5] Ek sê: “Nou goed, kyk dan goed en sê My wat jy nou sien.” Robert sê: “Ek sien nou hoe die hele reusagtige gestalte, wat nou lyk om byna alle dieptes van die eindelose ruimte op te vul, uit suiwer kleinste glinsterende, dig op mekaar gestrooide sandkorreltjies bestaan. Die aantal van hierdie glinsterende puntjies is kennelik oneindig of in elk geval tog so groot, dat geen geskape gees dit hom meer kan voorstel nie. Die hele gestalte lyk nou baie beter, want die glinstering verleen `n aparte majesteitlike glans aan hom. Maar die vraag is nou weer: Wat beteken dit alles?”
[6] Ek sê: Wel nou, verneem dan almal die groot geheim! Hierdie mens in sy totale gestalte is die oergeskape gees, wat die Skrif Lucifer (ligdraer) noem. Hy is nog steeds in die volle besit van sy groot selfbewussyn, maar nie meer in die besit van sy oerkrag nie. Hy is gevang en geoordeel in al sy dele. Slegs een weg staan hom steeds vry en dit is die een na My Vaderhart. Vir elke ander weg is hy egter geoordeel en so goed as dood en kan geen voet en geen hand ook maar `n haarbreedte beweeg nie.
[7] Dit wat vir jou soos glinsterende sandkorreltjies voorkom, is suiwer heelalsfere, waarin daar tienmiljoen maal, tienmiljoen sonne en bowendien nogeens miljoene maal meer planete, mane en komete hulle bevind. Die afstand van die een heelalsfeer tot `n ander bedra, ruweg gemeet, byna altyd miljoen maal die middellyn van `n heelalsfeer. Dat hulle hier so dig aaneengestrengel lyk, kom deur die groot afstand. Meer egter nog, deurdat jy ook op die agtergrond van die beeld die aanwesige heelalsfere sien en daardeur uiteindelik alle heelalsfere waaruit die hele liggaam opgebou is. Dit is ongeveer soos wat `n mens die sterrehemel vanaf die aarde sien: Vir die oog lyk hy ook soos `n gewelfde oppervlakte wat met dig aaneengestrengelde sterregroepe besaai is, terwyl in werklikheid twee dig bymekaar staande sterretjies hulleself dikwels eintlik agter mekaar bevind en verskeie triljoene myle van mekaar verwyder kan wees.
[8] Dat hierdie gees nou as geheel, soos getoon is, in suiwer vaste sfere opgedeel is, dit is sy oordeel. En sy lewe, wat daardeur in byna eindeloos baie, afgeslote dele geskei is, is sodoende ook nie as `n geheel nie, maar as redelik verdeeld te beskou. Want slegs in elke sfeer is lewe, daarbuite egter geen ander as slegs dit van My ewige onveranderlike goddelike wil nie. Iedere sfeer het `n vaste plek en kan dit geen haarbreedte ten opsigte van haar naburige sfere verander nie.
[9] Heeltemal benede in die linker kleintoontjie sien jy `n min of meer `n rooi-glinsterende kolletjie. Dit is nou juis die sfeer, waarin julle aarde en al die sonwerke, wat ons tot nou toe gesien het, hulle natuurgetrou bevind.
[10] Juis in hierdie sfeer, en daarin slegs op die kolletjie-aarde, is nou die hele lewe van hierdie grootste oergeskape gees gekluister. Wil hy hom daar verdeemoedig en tot My wil terugkeer, dan sal sy oerlewe weer vry gegee word en hierdie groot mens sal dan wees asof daar `n totaal vry lewe deur hom heen waai. Maar wil hierdie oergees van My skepping in sy hoogmoedige koppigheid volhard, dan kan hierdie ordening, soos dit nou is, ook vir ewig bly bestaan. Of ten minste so lank, totdat die hele materie homself in `n nuwe, eindelose verveelvoudigde siele- en geesteslewe sou opgelos het.
[11] Hierdie latere ordening sal egter ook dan voortbestaan, as die oergeskape groot gees opreg sou terugkeer. Hy kan nou slegs as `n baie eenvoudige gees verdeemoedig terugkeer en moet dan vrywillig vir ewig sy oertotaliteit laat vaar. In die plek daarvan sou vir hom weliswaar `n onmeetlike groter, maar soos aan elke ander mensegees, baie eenvoudige totaliteit ten deel val.
[12] Die hulse- en geraamtemateriaal wat tog slegs uit My ewige vaste, onveranderlike wil bestaan, sal dan, ontdaan van al die nou daarin aanwesige siele- en geestelewe, bly bestaan as vaste onderlaag en as ewige gedenkteken vir ons groot werk, waar dan nuwe, suiwer geestelike skeppings hulle sal omheen skaar. Robert, en julle almal, sê net of julle dit nou wel regtig begryp het?”
[13] Robert en al die ander durf van suiwer ontsag nouliks meer asemhaal. Slegs Robert sê, na `n rukkie van hoogste verwondering: “O Heer, o God, o heiligste Vader! Ek voel nou soos `n eindelose nietige niks. O goeie Vader, laat ons eers weer ietwat tot onsself kom voordat U ons miskien nog na `n ander deur lei! Want wat ons nou hier gesien en gehoor het, het ons almal redelik vermurwe gemaak, as dat ons nou in staat sou wees om nog iets verder te sien en te begryp. O God, hoe groot en verhewe is U tog! Nee, dit verdra geen geskape gees nie! O God, o God, o Heer, o Vader!”
|
|
|
|
|