|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 76
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die Heer oor die misoffer en die ewige verdoemenis
226 Josef gaan verder: “Heer, goeie Vader, sê my tog of die sogenaamde misoffer, waaroor daar niks in die heilige skrif geskrywe staan nie, miskien tog wel iets beteken. Veral wanneer `n opregte, gelowige priester met die beste bedoeling aan U, God die Heer, op `n rustige plek `n waarlik godvrugtige misoffer opdra. En wel verniet, omdat hy dit dan te heilig beskou en sy liewe Heiland vir geen silwerlinge meer wil verkoop nie. Ek dink dat so `n misoffer vir U, o Heer, tog sekerlik nie heeltemal sonder waarde sal wees nie!”
[2] Ek sê: “Beste vriend, wat kan daar nou vir My waardeloos wees, wanneer dit met die korrekte ingesteldheid verrig word? Wanneer Ek elke beker vars water, wat jy `n dorstige aanreik, honderdvoudig sal beloon, hoeveel te meer sal ek dan `n godvrugtige misoffer van `n werklik edelmoedige priester met welgevalle aansien en die priester netsoos die offer seën! Ek kyk maar altyd net na die hart en nooit na die uiterlike nie, want deur `n liefdevolle en opregte hart word elke uiterlike vorm, hoe dit ook al daar uitsien, vir My goed en regverdig, hoewel die vorm niks beteken nie, en dit dus nóg uiterlik nóg innerlik enige waarde kan hê.
[3] Ek het slegs eenmaal, en wel vir alle mense, Myself opgeoffer aan Hom, wat in My `n Heilige Vader van alle ewigheid is. Nou, na die enigste en unieke offer, is daar in die ewigheid geen tweede gelyksoortige offer meer moontlik nie. Deur die misoffer word niks tot stand gebring nie, maar deur die edel hart van diegene wat dit verrig, baie, want dan word dit waaragtig deur My geseën, nie as `n offer nie, maar as uitbeelding van My aardse lewe. `n Nuwe offer is nooit moontlik nie, omdat dit reeds eenmaal vir ewig geldend volbring was, waarom Ek aan die kruis dan ook ten slotte uitgeroep het: “Dit is volbring!” Wat egter eenmaal vir alle tye voltooi is, kan nooit weer opnuut volbring word nie.
[4] As `n opregte priester, ten gevolge van die onderrig wat hy ontvang het, tog van mening is dat hy dieselfde offer in sy mis volbring soos wat Ek dit volbring het aan die kruis, dan sal ons dit sekerlik nie as sonde vir hom aanreken nie, maar vir hom sê: “Dit is jou vergewe, want jy weet immers nie wat jy doen nie!” Wel sal diegene egter aangereken word, wat by homself oor die hele offer lag en sê: “Die wêreld wil bedrieg word, dus sal hulle bedrieg word!” Want wie uit eiebelang iemand iets wil laat glo waarmee hyself die spot dryf, is geen priester nie, maar werklik `n duiwel. Sy loon sal eweredig wees met sy valse ywer! Het jy dit goed begryp, my broeder Josef?”
[5] Josef sê: “Ja, my Heer en Vader, waarom sou ek dit nie begryp het, nadat U my die saak so duidelik uitgelê het nie. So is dit en dit kan onmoontlik nie anders wees nie! O, ek dank U, dat U U orde so korrek ingerig het soos wat ek dit vir my tydens my aardse lewe dikwels voorgestel het!
[6] Net een ding begryp ek nog nie: Hoe is dit met die begrip van die sogenaamde ewige straf wat by byna alle religieuse Christelike sektes voorkom? Bestaan daar so-iets, of bestaan dit nie? Wanneer mens vir `n eerlike en opregte lewenswandel, tydens sy aardse dae, `n ewige beloning kry, dan kan mens gevolglik aanneem dat daar ook `n ewige straf moet bestaan, want verdien mens hier in die ryk van die geeste met `n kort, edele daad `n ewige loon, dan word mens daarenteen ook vir `n kort, slegte daad bestraf met `n ewige verblyf in die hel. Ek vind hierdie veronderstelling baie logies.”
[7] Ek sê: “Jy wel, maar Ek nie, omdat Ek met alles wat Ek geskape het, onmoontlik meer as één doel voor oë kon gehad het! Omdat Ekself egter die ewige lewe is, kan ek tog nooit wesens geskape het vir die ewige dood nie! `n Sogenaamde straf kan daarom slegs `n middel vir die bereik van `n bepaalde doel wees, maar nooit tegelykertyd vyandige bybedoelings hê nie. Daarom kan daar dan ook nooit sprake wees van `n ewige straf nie.”
[8] Josef sê: “Heer, U sy ewige dank, liefde en eer, dit begryp ek nou volkome. In die heilige skrif is daar egter tog duidelik sprake van `n ewige vuur, wat nooit uitdoof en van `n wurm, wat nooit sterf nie! Daar staan ook geskrywe: “Gaan weg van My, vervloektes, na die ewige vuur, wat berei is vir die duiwel en sy dienare!” Ja Heer, ek ken baie tekste waarin duidelik gespreek word oor die hel en haar ewige vuur. As daar egter geen ewige straf bestaan en dit selfs van die bestrafte self afhang hoe lank hy in die hel wil bly, dan kan ek my nie voorstel, hoe daar dan in die skrif sprake kan wees van `n ewige vuur nie!
[9] Ek sê: “My beste vriend, daar is wel geskrywe oor `n ewige dood, wat `n ewige vasstaande oordeel is, wat voortkom uit My ewige orde. Dit is egter die sogenaamde toornvuur, of beter gesê, ywervuur van My wil, wat natuurlik vir ewig onveranderlik moet bly, aangesien dit andersins meteens met al die geskapenes afgeloop sou wees.
[10] Wie hom nou laat saamsleep deur die wêreld en haar materie (welke tog noodsaaklikerwys geoordeel moet bly omdat sy anders geen “wêreld” meer sou wees nie), die moet inderdaad, solank hy homself nie daarvan wil losmaak nie, as verlore en dood beskou word. Daar moet dus, terwille van die geskapenes, wel `n ewige oordeel, `n ewige vuur en `n ewige dood bestaan, maar daaruit volg nie dat `n gees wat in die oordeel gevange is, solank gevange moet bly as die oordeel self voortduur nie, netso min as gevangenes op aarde veroordeel sou moet word tot `n straf wat netso lank duur as die tyd wat die gevangenis daar staan, wanneer jy `n stewige gevangenis daar sou gebou het.
[11] Is “gevangenis” en “gevangenskap” dan nie twee verskillende dinge nie? Die gevangenis is en bly weliswaar ewig en die vuur van My ywer mag nooit uitdoof nie, maar die gevangenes bly in die gevangenis net vir solank, totdat hulle hulleself bekeer en verbeter het.
[12] Origens staan daar in die hele skrif geen sillabe oor die ewige verwerping van `n gees nie, maar word daar slegs gespreek oor `n ewige verdoemenis van die “chaos” ten opsigte van My ewige “orde”, wat nodig is, omdat daar andersins niks sou kon bestaan nie. Die sonde as teenorde is waarlik ewig verdoem, maar die sondaar slegs solank hy hom in sonde bevind! Dus bestaan daar ook wel deeglik `n ewige hel, maar geen gees, wat vanweë sy sonde vir ewig na die hel verdoem sou wees nie, maar net totdat hy hom verbeter! Ek het wel vir die fariseërs gesê: “Daarom sal julle soveel langer verdoem wees!”, maar nooit: “Daarom sal julle vir ewig verdoem word nie!” Begryp jy nou die skriftekste wat vir jou so gevaarlik voorkom?
|
|
|
|
|