|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 78
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die groot “eksorsisme” (duiweluitdrywing). Die “moeder van smarte”. Versuim om te help
228 Josef gaan verder: “Maar nou, o Heer, is ek op die goeie weg! Nou begryp ek U heilige Woord en U, o Heer, is nou vir my die liefde van alle liefde! Maar nou loop die misoffer van hierdie priesters ten einde. Wat gaan daarna gebeur?”
[2] Ek sê: “Beste broeder, jy sal dadelik sien hoe hulle nou `n sogenaamde “eksorsisme” (duiweluitdrywing) op ons wil toepas. Ons sal daarenteen `n baie besondere soort teen-eksorsisme gebruik en dan sal jy jou verwonder oor wat hom dan alles sal afspeel! Net geen ergernis hierby nie! Dit is die hoofvoorwaarde, waarsonder ons weinig of niks sou kan uitrig nie.”
[3] Nou is die laaste monstransseën* ten einde en ons, die veronderstelde bose geeste, het nie gevlug nie. Dit vererg die priesters nou verskriklik en hulle talryke assistente begin verdagmakings te uiter oor die eerste uitgevoerde hoogmis. Enkeles meen dat die heilige vaatwerk deur ongewyde hande aangeraak is en dat die hele diens daardeur voor God geen krag gehad het nie. `n Ander sê dat `n egbreekster of miskien selfs wel `n Lutherse die heilige kerklinne gewas het en daardeur die heilige misgerei sterk ontheilig het. `n Ander meen weer dat mens nog `n mis moet opdra, maar dan met baie dieper buigings, wat die allersaligste hemelkoningin seker beter sou geval, en hy staan daarvoor in dat die duiwels deur so `n mis sal verdwyn. *(`n oop of deursigtige houer van goud of silwer waarin die “Heer” blootgelê word)
[4] `n Ander meen dat hy opgemerk het dat `n misdienaar na die “mea culpa” te min op sy bors geslaan het. Ja, `n slag het hy, miskien vanweë `n duiwelse vlooi, op sy buik gegee en dit sou ook die werking van die mis versteur het; want dit is nouliks te glo van welke kleinigheid die niewerking van `n mis dikwels afhang. `n Ou, vroom geestelike het hom dit eens haarfyn uitgewerk.
[5] Een van hulle merk selfs iets belaglik op: Die epistelkussing sou na die installering omgedraai wees en as so-iets dergeliks gebeur, is die mis kragteloos, want die glorieryke moeder lê die Christuskindjie op die epistelkussing wanneer die heilige misboek na die evangeliekussing oorgebring word. Word die soene egter omgekeer, dan neem hulle die Christuskindjie weer weg en werk die mis nie.
[6] `n “Seremoniarius” (seremoniemeester) vra of iemand miskien die stola met die singel verkeerd oor die kruis vasgebind het en `n prior (kloosterhoof) van die monnikkeklooster sê: “Ja, as mens so onversigtig is volgens die heiligste handelinge, kan mens hom wel `n ongeluk voorstel, maar dit sou tog nie baat nie. Nee, stel jou voor dat jy die stola omkeer! Dit was altyd so gewees, dat as die engele wat onsigbaar na die heiligste handelinge kom administreer, dadelik van die altaar terugwyk en hulle gesig afwend. Die heiligste moeder van God kan dan glad nie na die altaar kom nie, omdat sy weer al haar sewe smarte deur so `n onversigtigheid voel.”
[7] Nou word my goeie Josef dadelik onwel. Robert en Helena kon nouliks hulle lag bedwing en keiser Frans kom na My toe en sê: “Heer, ek het weliswaar nooit so `n hoë dunk van die geestelikes gehad nie, maar as ek op aarde ooit sulke domhede gehoor het, dan het ek dit wat my oom Josef begin het, sekerlik voltooi.”
[8] Ek sê: “Dit alles is nog niks! By die eksorsisme, (duiweluitdrywing), wat weldra oor ons voltrek sal word, sal julle eers goed kennis maak met die mees grandiose (grootse) staaltjies van domheid, want van die Rooms-Katolieke duiweluitdrywing het geeneen van julle enige idee nie. Hierdie saak sal vir julle almal baie leerryk wees, want veral julle keisers moet dit sien, omdat julle sulke domhede toegelaat het en hier en daar selfs kragtig gesteun het. Let nou maar op, die berugte eksorsisme sal dadelik begin.”
[9] `n Diaken en enkele assistente verwyder hulleself nou. Enkele oomblikke later bring hy `n swart boek, wat aan beide kante met `n doodskop (skedel) versier is. Die assistente bring `n stapel swart sogenaamde requiem- (dodemis) en uitvaartgewade. Die gewade word nou onder Latynse geprewel gewissel en binne enkele oomblikke staan die hele skare hoëpriesters heeltemal in swart voor ons. Ook word daar `n katafalk (doodskisverhoog) agterstevoor opgestel en `n groot hoeveelheid swart kerse op swart kandelare geplaas. `n Wierookvat en `n eweneens swart wywaterbak met `n swartharige wywaterkwas ontbreek ewemin.
[10] Nou tree die hoof diensdoenende priester na vore en prewel iets uit die eerbiedig voorgehoue boek en die ander sê tussen die bedrywighede deur telkens “amen”. Daarna word die helfte van die kerse aangesteek, met die wierookvat bewierook en met wywater besprinkel. Die geprewel, bewierook en besprinkel geskied nog tweemaal. Daarna word daar `n swart stuk tou neergelê. Die hoofpriester trap in die naam van Maria op die tou, as teken dat hy nou die kop van die slang vertrap. Daarop word `n swart bak met gloeiende kole aangedra. Die vuur word driemaal vervloek, die tou word daarop in die vuur gewerp en dit word met die brandende tou die kerk uitgedra. Nou word daar `n stel knuppels uit die sakristie (heilige houtkas) gehaal; elkeen neem een in sy hand. By hierdie geleentheid word die ander helfte van die kerse ook aangesteek. Na hierdie handeling word die knuppels gewy, bewierook, besprinkel en ewe aangeraak. Wanneer dit klaar is, sê die hoofpriester: “Hiscum fustibus percutiantur omnia”, dit wil sê “Met hierdie stokke moet nou alles wat die duiwels ontheilig het, kort en klein geslaan word”. Nou word die kandelare eers omgegooi, daarna word die katafalk (doodskisverhoog) stukkend geslaan en die roukleed aan flarde geskeur. Tegelykertyd maak die hoofpriester `n klein skeurtjie in sy wit onderkleed. Daarop ontstaan daar `n helse kabaal; iedereen skree om ons, om die vermeende duiwels te vervloek en die kerk uit te jaag. Daarby word met hierdie knuppels op `n wilde manier op alle banke geslaan en hulle hou nie op met hierdie aktiwiteit nie, totdat die knuppels heeltemal stukkend geslaan is.
[11] Maar as ons desondanks nog ferm bly staan en nie wil wyk nie, roep die hoofpriester alle duiweluitbanners na hom toe en sê: “Luister, ons het nou alles gedoen, maar jammer genoeg het ons inspanning nie geslaag nie. Ek is daarom van mening dat ons nog die groot Lauretaanse litanie (doodsgesang) moet bid en wel voor die beeld van die moeder van smarte. Haal dit uit die geheime skatkamer van Maria en plaas dit voor die tabernakel! Steek alle kerse aan, sodat ons dadelik met die litanie kan begin. Maria is en bly ons beskerming en ons laaste toevlug!”
[12] Iemand uit hulle midde sê: “Maar as dit ook nie help nie, wat moet ons dan doen? Want as die volledige uitdrywingsritueel, wat tog heeltemal gebaseer is op die naam van die allersaligste maagd, nie gehelp het nie, wat sal die dooie beeld van die moeder van smarte en die groot litanie dan baat? Ek is gladnie nie meer daarvoor te vinde nie. Origens kom hierdie wesens vir my ook gladnie as duiwels voor nie. As `n mens hulle ietwat beter bekyk, dan sal `n mens hom baie gou daarvan kan oortuig dat daar glad niks duiwels in hulle blyk te sit nie.” Die hoofpriester sê: “Duiwels kan ook engelegedaantes aanneem; daarom is dit hier gebiedend om alles te probeer. Gaan maar vinnig en bring die moeder van smarte hier vir my. Amen dico vobis!”
[13] Wanneer `n paar assistente die houtbeeld aandra, blyk dit al baie erg beskadig te wees. Aan die beeld ontbreek die sewe smarte, wat gewoonlik voorgestel word deur sewe swaarde, wat die liggaam van Maria deurboor. Bowendien ontbreek daar aan die beeld die kroon, die helfte van die hoof, `n hand en die dooie Heiland, wat sy op haar skoot dra. Van enige kleur of verguldsel is geen sprake meer nie. Daarenteen sit dit wat nog van die moeder van smarte oor is, vol houtwurms en die hele beeld is nouliks meer as brandhout te gebruik.
[14] Wanneer die hoofpriester die vernielde beeld sien, sê hy ontstemd: “Maar in hemelsnaam, wat het daar tog met die glorieryke genadebeeld gebeur? Dit lyk ewe erbarmlik as die sewe maer jare van Egipte. My God en my Heer! Hoe kon U tog die heilige beeld van U allersaligste moeder so ten gronde laat gaan! Wat kan ons nog hieraan doen? Is daar dan nêrens `n ander beeld nie, want met hierdie een kan niks meer gedoen word nie.”
[15] `n Assistent sê: “Eminensie, benede in `n sykapel staan daar nog een by die openbare verering opgestel. Wat dink u daarvan as ons onsself daarheen sou begewe?” Die hoofpriester sê: “Dit is niks! Dit moet verplaasbaar wees, sodat mens dit voor die tabernakel kan plaas. Neem hierdie beeld weg en sorg daarvoor dat jy `n ander een voor my plaas! Dit sou tog te dom wees, as daar in hierdie groot ruimte, geen beter bewaarde moeder van smarte gevinde kan word nie! Gaan en deursoek alles!”
[16] Die assistente dra die verrotte beeld weer weg, kom na `n rukkie met bedroefde gesigte terug en deel mee, dat hulle alle hoeke deursoek het en nêrens `n treurende kon vind nie. Daarop word die hoofpriester erg wrewelrig en beskimp die assistente: “So gaan dit as mens slegs esels het as kerkdienaars! Hulle hardloop soos osse, maar vind niks! Dom sukkelaars! Laat iemand anders gaan soek, daar moet tog nog iets wees!”
|
|
|
|
|