|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 110
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
`n Ander geesteskouspel. Die Heer met Syne na die heilsoekende geeste uit die berge
260 Op die weg van Frohnleiten na Graz het ons tog nog `n klein oponthoud, omdat `n menigte, bestaande uit die mees uiteenlopende geeste, ons teëhou. Wat merendeels vroeëre kontroleurs was, siele van oorlede opsigters, doeane-beamtes, polisie-agente en geregsdienare. Hulle bly voor ons staan en wil ons paspoorte sien, anders sou hulle genoodsaak wees om ons te arresteer. Wat die vreemdelinge betref, moes mens nou uiters streng volgens die wet optree, want op straf van die verlies van hulle betrekking, kon mens onmoontlik anders as om hierdie wet ten strengste te handhaaf.
[2] Nou tree alle keisers, beginnend by Rudolf van Habsburg, in vol ornaat (amptelikheid) na vore en sê vir die manskappe van die wag: “Reis die keisers ook met paspoorte en vrygeleidingspapiere by julle?” Nou deins die wag van skrik en ontsetting terug; slegs een van hulle vra baie skugter: “Ja, maar hoeveel keisers regeer daar dan nou tegelykertyd? In hemelsnaam! Daar is byna meer keisers as onderdane! Ja, dan kom daar inderdaad niks van die paskontrole nie. Die keiser van Rusland sou wel daarby kon wees en dan sou dit ons mooi te pas kom.”
[3] `n Ander een sê: “Maar dit kom my tog wel verdag voor, dat die hoë here te voet kom.” Die eerste sê: “Dom kêrels! Hulle sal die baanvak (die afdeling) wil bekyk en gaan daarom te voet.” `n Ander sê: “Ja, dit sal so wees, maar wie sou al die ander dan wees? Hulle is sekerlik so `n drieduisend.”
[4] Die eerste sê: “Nou geen dom vrae meer nie! Daar sal wel êrens `n groot kongres wees en daarom kom alle maghebbers nou bymekaar om te vergader. Wees nou almal maar mooi stil en verroer julle nie, anders kan ons môre almal hoog bo die aarde sonder asem in die ope lig swewe. Ek sal daar op my eentjie na hulle toe gaan en sê dat die majesteite maar dadelik hulle vername reis ongehinderd kan voortsit.” Die ander trek hulle nou terug; slegs die eerste gaan in `n onderdanige houding daarheen en voer stotterend die woord.
[5] Daarop sê keiser Josef vir hom: “Jy is slegs so nougeset in jou amp, omdat jy met die werk in jou lewensonderhoud voorsien! Aan die wet self skyn jy weinig geleë te wees. Ek sê vir jou: Jy is `n slegte dienaar van jou heer. Wie die goeie nie terwille van die goeie doen nie, is nooit sy loon werd nie; onthou dit goed! Neem in die vervolg die wet terwille van die wet in ag en nie terwille van jou betrekking nie, dan sal jy `n goeie dienaar wees van Hom, wat die reg het om wette te gee. En nou, adieu! Maak dat jy wegkom!”
[6] Die beampte verwyder hom nou, gaan terug na sy assistente en vertel hulle wat `n redelike streng keiser vir hom gesê het. Maar die ander sê: “Laat ons bly wees dat ons so goed daarvan afgekom het! Hulle gaan nou goddank verder.” Van hierdie geeste was daar ook nog geen enkele een ryp nie, maar deur hierdie ontmoeting het hulle tenminste `n stille wenk gekry, wat hulle toegeefliker gemaak het. Hulle trek hulle nou ietwat meer terug na die berge toe, waar hulle tot die insig sal kom dat hulle hulle nou in die geesteswêreld bevind.
[7] Na hierdie gebeurtenis trek ons op ons gemak verder, voer onderweg allerlei gesprekke en kom presies om sesuur op die aand van 4 Oktober 1850 op die voorbestemde plek aan, die tydstip waarop julle, My vriende, julle by die Schlossberg bevind. Daar het julle deur allerlei tekens in die vorm van sterretjies, en daarna deur `n gevoel, dat julle versterk was deur die rus van die natuur, deur die eerbiedige opstelling van die wolke, netsoos deur die vriendelike beligting van die heuwel, My aankoms goed en duidelik merkbaar kon voel.
[8] By My aankoms begin massas geeste van allerlei soorte mekaar dadelik rondom die heuwel te verdring, waaronder baie van `n baie boosaardige soort, wat egter vinnig in die rigting van die aand verdrywe word. Die verduistering van die Plabutschberg deur donker wolke verwittig selfs julle sintuie daarvan. Ja, selfs Satana bevind haar onder die uitskot. Meer rondom die voet van die heuwel bevind beter wesens hulle, wat oor die verbetering van hulle lot smeek. Toe dit aan hulle verleen was, trek hulle dankbaar weg.
[9] Daarna kom daar uit die rigting van die Schockelberg `n hele legioen geeste, wat nog sterk tot die natuurryk behoort. Hulle aankoms kon julle baie duidelik teen sewe-uur waarneem deur `n vuurrooi skynsel aan die regterkant. Hulle het redelik hewig verlang na die verlossing van hulle moeisame diens in die berge, wat gedeeltelik aan hulle verleen word. Daarmee was hulle tevrede, wat julle kon waarneem deur die verdwyn van die skynsel.
[10] Daarna kom daar uit die hele omgewing van hierdie plek `n menigte geeste, wat om seëning van hierdie streek vra. Dit word hulle ook nog voor die sewende uur verleen. Julle het hierdie seëning saam ontvang en kon haar baie goed deur `n reënboogkleurige ligverskynsel bo die vlak land waarneem.
[11] Onse vriend Andreas Hüttenbrenner het ook in die vorm van sterretjies die aanwesigheid van die baie monarge gesien, wat op die suidelike berghelling neergestryk het. Jy, My kneg, het egter in `n oostelike rigting heeltemal bo-op die berg `n wit ligglans gesien. Dit was Ek tussen die vier kwartiermeesters en die drie apostels.
[12] Gedurende die nag was daar nog `n aantal ontevrede geeste gerusgestel en geholpe. Hulle het ook ietwat meer tot rus gekom, wat vir julle sigbaar geword het deur die helder nag wat daarop gevolg het en deur die huidige helder oggend en die daaropvolgende dag. Daar sal weliswaar altyd nog wolke te siene wees; wat geeste is wat nog altyd iets meer wil hê as wat hulle reeds ontvang het, maar hulle liefde is nog swak en daardeur is hulle gewin ook nie groter nie.
[13] Vandag, 5 Oktober, om halftien, kom `n skare sterk geeste deur die lig, bewys My eer, loof en prys My en bou vinnig `n vername woonhuis vir My op. “Want”, sê hulle aanvoerder, “dit is nie netjies om die Heer van die heerlikheid op die vuil aardbodem te laat vertoef nie.”
[14] Maar Ek sê vir hom: “Laat vaar julle ywer! Ek weet waarom Ek so handel en die aarde nou met My voete aanraak. Vat weg die bousel! As Ek `n woning sou wil hê, dan sou daar onmiddellik een staan wat My waardig is. Bou vir My liewer in julle harte `n egte huis; daarin sal Ek dan My intrek neem. Hierdie duiwehok in die lig staan My gladnie aan nie; breek haar daarom dadelik weer afl”
[15] Die geeste doen wat hulle beveel word en gaan toe weer misnoegd weg. Jy, My kneg, het dit ook gesien en vinnig `n skets daarvan gemaak. Die violetkleurige wolkies aan beide kante van hierdie duiwehok was nou juis hierdie geeste wat hulle daarna spoedig teruggetrek het.
[16] Robert maak nou die opmerking, dat dit vir hom redelik vreemd is dat massas van allerlei geeste mekaar hier voortdurend by hierdie heuwel verdring, terwyl mens hulle in Wenen self moes opsoek om iets met hulle te kon begin. Waaroor gaan dit nou?
[17] Daarop sê Ek vir hom: “Kyk, dit is `n bergland. Geeste wat hulle op die toppe van die berge ophou, het al die vermoë om ietwat helderder te aanskou en weet waaraan hulle toe is. Hulle kom daarom in skares van duisende en vra vir `n spoedige verbetering van hulle toestand, maar in baie sit nog `n effense porsie selfsug, daarom mag mens hulle net soveel gee, as wat beslis vir hulle heil noodsaaklik is. Sou mens hulle te veel gee, dan sou hulle oormoedig word en te veel drukte gaan maak. As hulle egter ietwat meer in behoeftige omstandighede gelaat word, bly hulle nugter en ryp vinniger uit tot voltooiing. Jy sal redelik binnekort nog van alles ervaar, wat vir jou tot nou toe nog heeltemal onbekend was. Wees nou maar weer rustig! Daar kom alweer nuwe skares aan.”
|
|
|
|
|