Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Verslag oor sy onderwêreld. Die heilige inskripsies op die trappe van die piramide. Groot heilsleer en haar uitwerking op Robert

157 Op dieselfde oomblik kom Robert met sy eggenote voor My staan en begin toe as volg te spreek: “O Heer, goeie, heilige Vader van alle mense en engele! Daar lyk dit erg, ja baie erg! Sou die binneste van hierdie piramide `n Augiasstal* gewees het, selfs nog tien keer erger, dan was dit `n kleinigheid om hom skoon te maak. Op hierdie manier egter oortref die deur sonde vervuilde inwendige, en veral die onderste deel van hierdie piramide, die Augiasstal wel duisendmaal! `n Mens kon werklik aan geen reiniging meer dink nie, al kon mens ook alle riviere van die aarde daardeur gelei het. In die boonste vlakke van hierdie piramide is tallose ligsinnige beelde van velerlei aard uit my hele aardse lewe te siene. Die vertrekke benede is egter gevul met allerlei onbeskryflike vieslikhede, wat `n vreeslike stank versprei. O wee, o wee! Wie sal my, arme mens, help om hierdie stal te reinig?” *[= `n vuil en besmetlike perdestal van Augeas, wat deur Hercules skoongemaak was deur die rivier Alpheus daardeur te laat hardloop (Griekse mitologie) Vertaler]

[2] Ek sê: “My beste vriend Robert! Geen werk is so groot, dat dit nie met geskikte middele tot `n goeie einde gebring kan word nie, maar daarvoor is `n regte insig en geduld nodig. Kyk eens na die onmeetlike skepping vanaf haar begin tot aan haar eens noodsaaklike einde, en vanaf haar kleinste organiese en anorganiese deeltjies tot aan haar, vir jou onmeetlike groot, geordende geheel, en jy sal daarin seker die, volgens jou huidige bevattingsvermoë, byna onmoontlike ordening, instandhouding en leiding na die korrekte einddoel ontdek. En tog staan die groot skeppingsgebou volmaak daar en geen atoom kan van sy bestemming wegkom nie! Daarom is dit soveel makliker om jou aardse Augiasstal te reinig, maar dit vereis die korrekte insig, geduld en `n vaste wil, wat deur niks ontwrig kan word nie!

[3] Omdat jy allereers tot die korrekte insig moet kom, is dit nodig om na die onderste trappe van die piramide, waar `n beskrewe, goue band omheen sit, te gaan en te lees wat daarop geskrywe staan. Daaruit kan jy agterkom wat jy alles te doen sal hê.”

[4] Robert gaan daarheen en lees die eerste opskrif van die onderste band. Dit lui: “Kom almal tot My, wat belas en belaai is, en julle sal verkwik word!” En verder lees hy: “Hou u by die enige liefde! Waarlik, al was u sonde talryk soos die sandkorrels aan die see en soos die gras op die aarde, tog sal die liefde dit geheel en al tot niet maak. Ook al was u skande voor God soos die bloed van sondebokke, dit sal deur die liefde witter gewas word as die witste wol en die fynste byssus.* *[spierwit en fyn katoenweefsel of linne!”].

[5] En verder lees hy op die tweede trap: “Die liefde is die lewe, die wet, die orde, die krag, die mag, die sagmoedigheid, die deemoed, die geduld en daardeur die kern van alle wysheid! Vir die wysheid is alle dinge nie moontlik nie, omdat die wysheid slegs `n bepaalde weg gaan en haar nie met dit wat onsuiwer is, kan besighou nie. Maar vir die liefde is alle dinge moontlik, want sy neem ook dit wat verwerp is met dieselfde innigheid op as dit wat van homself al suiwer is. Die liefde kan alles gebruik; die wysheid egter slegs wat die liefde gesuiwer het.”

[6] Verder lees hy op die derde trap: “Vra jou hart of sy innig kan liefhê, of sy God bo alles kan liefhê sonder om belang te stel in iets anders as in die liefde self. Vra jou hart of sy terwille van God die broeder meer kan liefhê as homself. Vra jou hart of sy waaragtig en volkome suiwer kan liefhê. Kan sy God liefhê, omdat God nou eenmaal God is? En kan sy haar broeder terwille van God en uit suiwer liefde tot God, as `n God liefhê? Kan jou hart dit doen, dan is jou ontbinding ten einde en jyself staan volmaak voor God, jou Heer, Vader en Broeder!”

[7] Verder lees hy op die vierde trap: “God Self is die oerewige suiwerste liefde en haar vuur is die lewe en die wysheid in God. Die liefde is dus sowél uit God as in God die lewe en die lig van alle wesens. Die vonke uit die voedende vuur van God se suiwerste liefde is die kinders van God, van dieselfde oorsprong uit die hart van God! Ook jy is so `n vonk! Wakker hierdie vonk aan tot `n lewendige vuur, en jy sal God aanskou in jou hart.”

[8] Verder lees hy op die vyfde trap: “Die Woord uit die hart van God is die universele liefdeskrag. Daarom is die Woord en die ewige Seun uit God één. God Self is die volmaakte Woord, wat in die vuur van die liefde verwek word. Jy is egter ook `n Godswoord, verwek in God se hart! Word daarom weer `n volmaakte Godswoord! Word heeltemal liefde, geheel en al liefde in God, dan sal jy God se Seun word en één wees met Hom; jy kom egter nie tot Hom as slegs deur die Vader nie, wat die liefde en die Woord Self is, in Homself van ewigheid tot ewigheid steeds dieselfde!”

[9] Verder lees hy op die sesde trap: “Christus is die enigste Middelaar tussen God en die menslike natuur. Deur die dood van Sy vlees en deur Sy vergote bloed het Hy vir al die vlees, wat die ou sonde van Satan is, die weg gebaan na die opstanding en die terugkeer na God! Christus is die oorspronklike liefde in God, die hoofwoord van alle woorde, wat in die vlees gekom het en daardeur tot vlees van al die vlees en tot bloed van al die bloed geword het. Die vlees neem vrywillig alle sonde van die wêreld op hom en reinig dit voor God deur Sy heilige bloed. Sorg dat jy deel sal hê aan God se groot verlossingswerk deur die vlees en deur die bloed van Christus, dan sal jy rein wees voor God, want geen wese en geen ding kan uit homself rein word nie, maar slegs deur die verdienste van Christus, wat die grootste genade en erbarming van God is. Jy alleen is tot niks in staat nie. Christus is egter tot alles in staat.”

[10] Verder lees hy op die sewende trap: “Jou aardse woonhuis is vol vuiligheid. Wie sal dit reinig? Wie het die krag en die mag? Dit is Christus, die ewige Hoëpriester voor God, Sy ewige Vader; want Christus en die Vader is één tot in alle ewigheid! In Christus alleen woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik en hierdie volheid is die Vader dan die suiwerste Godsliefde. Gryp dit met jou liefde en sy sal jou vlees reinig en opwek, soos Sy die vlees van Christus opgewek het.”

[11] En verder op die agste trap lees hy weer: “Jy skrik vir die groot hoeveelheid slegte geeste in jou, wat op aarde jou vlees en bloed beheers het, en jy vra saam met Paulus: “Wie sal my verlos van my vlees en bevry van die bande van die dood?” Siedaar; Christus, wat gedood was, het opgestaan en leef: Hy is Heer tot in ewigheid! Het Hy in die dood gebly, as dit moontlik sou gewees het, dan sou jy eweneens verseker gewees het van die ewige dood. Omdat Christus egter opgestaan het, soos jy Hom nou self sien, is dit onmoontlik dat daar iemand in die graf sou kon bly. Want soos die dood oor al die vlees deur die een slang gekom het, so kom ook die lewe deur die een Godmens oor al die vlees van die mens van die aarde, maar tegelykertyd ook `n nuwe oordeel, ofskoon die ou oordeel, wat die dood in hom borg, deur die opstanding van hierdie Een vir ewig vernietig word. Die nuwe oordeel is ook `n dood, maar geen dood tot die dood nie, maar `n dood tot die lewe! Lê jou toe op die liefde deur jou liefde, sodat die nuwe oordeel van jou vlees deur die werk van die Een tot `n ware lewe word. Jy staan aan die bron, drink volop van die lewende water!”

[12] En op die negende trap lees hy verder: “Die suiwer liefde vir die vrou is eieliefde, want wie hom deur die liefde vir die vrou so ver laat saamsleep, wat hom daarnaas die naasteliefde en die daaruit voortkomende liefde tot God tot las word, bemin homself in die persoon van die vrou. Laat jou daarom nie buitensporig saamsleep deur die bekoorlike uiterlike van `n vrou nie, anders gaan jy ten gronde in die swakheid van die vrou, terwyl die vrou haar tog aan jou krag moet optrek tot één wese met jou en in jou! Soos wat jy egter van `n bepaalde eienskap van jou eie wese hou, hou so ook van die vrou, sodat sy één kan word saam met jou! Maar het God lief bo alles, sodat jy in so `n magtige liefde vir ewig opnuut gebore mag word tot `n waaragtige vrye burger van God se suiwerste hemel en jou vrou dan één wese saam met jou!”

[13] En nog verder lees hy op die tiende trap: “Pas op, pas op, pas op, dat jy jouself nie oorskat as jy vordering maak nie! Kyk na die deemoed, sagmoedigheid en goedheid van die Heer! Hy is die Heer in alle ewigheid. Alles wat die oneindigheid omvat, is Sy eie werk. Sy krag is so groot, dat alle werk van die onmeetlikheid vir die sagste asemtoggie van Sy mond in `n ewige niks sou moet versink. Tog staan Hy eenvoudig en sonder enige verwaandheid by Sy kinders, en dan was Hy nagenoeg die allergeringste onder hulle. Hy hou van hulle en onderhou hulle, al het Hy in die hele oneindigheid, wat tog `n oorvloed het aan tallose miljarde van pragtige, uiters liewe, wyse en rein wesens. Dus probeer, probeer, probeer om vir ewig die geringste te word en te bly!”

[14] By hierdie laaste trap word Robert so sterk aangegryp deur sy liefde tot My, dat hy luid begin uitroep. Nou eens kyk hy na die boonste opskrif, dan weer na My en soms ook na sy nuwe vrou en sê na `n rukkie vol verbasing: “O heilige opskrif! Jy is so eenvoudig, sonder fraai woorde hier op suiwer goud geskrywe en daarby so ewig waar as Die Een Self, wie se almagtige vinger jou hier in die goud gegraveer het! O God! Nou, nou eers begin `n enorme liefde, geheel tot U alleen, my te deurdring en daarby merk ek eers, dat ek U nog nooit volkome waaragtig liefgehad het nie! Maar nou het dit anders geword! U geheel alleen is nou die Heer van my hart, van my lewe! Ewige, onoorwinlike liefde; vir U alleen niks as liefde, liefde en nog eens liefde, U, my God en Vader Jesus!

[15] Toe U my die mooi Helena tot vrou gegee het, voel my hart vir U vooraf innige dankbaarheid as egte liefde, en met nougesette gehoorsaamheid aan U gebooie het ek werklik gedink dat ek die volmaaktheid reeds besit het. Maar hoe ver was ek toe nog van die ware doel verwyder! Ja, ek weet nie eens so goed, hoe mens U vergeleke met Helena meer kon liefhê as haar, maar nou is dit anders. Ek hou slegs van U alleen bo alles en sien in hierdie liefde `n baie nuwe lewe ontwaak. O Heer en Vader, o Jesus, U my enigste liefde!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205