Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Belangrike wenke vir die lewe. Satan, stamvader van die materie en alle mensesiele – God se verlossingsplan

153 Ek sê: “Beste vriend, jou hart is goed, omdat jy `n groot medelye het met jou broeders - `n eienskap wat by baie van jou aardse geloofsgenote ontbreek. Maar jou insig is nog baie gering.

[2] Dink jy dalk dat Ek My nie meer bekommer oor die mensdom op aarde nie? Of glo jy dat jou hart meer liefde het as dié van My? Of dat Ek nie meer kan insien wat vir die mensdom wat op aarde lewe, nuttig is nie? Kyk, jou hart is wel goed, maar goed soos die van `n blinde wat `n roofvoël koester in die veronderstelling dat dit `n goedaardige duif is! Weet jy wel waarvan die meeste mense die aarde oorspronklik van afstam en hoe hulle telkens gelei moet word om deur allerlei verlossingsmiddele tot ware vrye mensegeeste opgevoed te word? Kyk, dit het jy nog nooit geweet en ingesien nie. Tog wil jy My baie versigtig daarvan beskuldig dat dit My skuld sou wees dat dit nou met die mensdom so sleg en ellendig gaan. Dit is baie ydel van die wysheid van jou hart! [3] Het jy nooit op aarde gesien hoe allerlei soorte metaal en glas gemaak word nie? As jy ooit in `n smeltoond gesien het hoe erts begin te gloei en dan sissend en bruisend in `n kom inloop, wat sou jy dan voel as jy aan die moontlikheid sou dink dat sulke materie miskien een of ander primitiewe gevoel sou kon hê? Watter pyn moet hulle dan ondergaan, as haar oorspronklike vorm totaal vernietig word deur die geweld van die vuur en sy gedwing word om in `n nuwe vorm oor te gaan! Wanneer jy die afgekoelde, sterk, blanke en nuttige metaal bekyk, word jy dan ook so weemoedig daarby? Kyk, dan beleef jy vreugde en prys jy die verstand van die mens, wat deur die mag van die vuur so `n nuttige metaal en so `n pragtig glinsterende glaswerk vervaardig het.

[4] En so is dit ook by die vorming van die mens. Wanneer hy siek is, of lam, blind, doof, stom of vol melaatsheid, dan sal `n wyse dokter alles daaraan doen om die sieke weer gesond te maak. As die siekte egter sterk en pynlike geneesmiddele vereis, is dit dan verstandig en liefdevol van die dokter om die sieke uit `n onryp gevoel van medelye die middele te weerhou waarmee hy enkel en alleen te help is? 

[5] Wanneer jy ore het om te hoor, luister dan: Satan is oorspronklik geskape as `n geestesmens. Toe hy egter deur `n wet sy volledige vryheid moes erken en aanvaar, het hy onwillig geword en het deur die veragting van die wet, en ook as gevolg van die veragting van God, geval. Omdat hy egter, netsoos Adam, `n stamvader van die toekomstige mens vir die ewigheid moes geword het, het hy ook, soos `n saadkorrel, eons toekomstige mense in homself gedra en het hulle sodoende van My, sy Skepper, losgeskeur. Die gevolg daarvan was die materiële skepping van alle wêrelde, wat `n noodsaaklike oordeel is. Hy kan self nog wel lank bly wat hy is, maar die tallose kieme van mense word hom langs die weliswaar harde weg deur die materie ontneem. Hierdie kieme kom voort uit sy hele wese; nou eens uit sy hare of uit sy hoof, dan weer uit sy hals, sy tong, sy tande, sy bors, uit sy ingewande, uit sy huid, sy hande en voete. En kyk, na gelang die betreffende mensdom uit die een of die ander deel van die gevalle Satan afkomstig is, moet hulle ook in ooreenstemming daarmee behandel en gelei word om die vlak van ware voleinding te bereik.

[6] Wanneer mens dit weet, het mens dan nog rede om My oor iets te verwyt en te vra: “Heer, waarom help U die ongelukkiges nie, maar laat U hulle versmag en ten gronde gaan?” Kyk, Ek laat niemand ten gronde gaan nie, selfs nie Satan en die suiwerste duiwels nie. Ek kan hulle egter nie laat begaan, soos wat hulle dit in hulle selfsugtige blindheid wil nie - dit sou in stryd wees met baie van My ordeninge, waarvan die behoud van alle dinge afhang. Daarenteen moet Ek op alle moontlike maniere volgens My ordening daarvoor sorg, dat hulle almal ten slotte tog die doel bereik wat vir hulle deur My ordening vir ewig gestel is.

[7] Of dink jy dalk dat in hierdie grafte suiwer arm burgerlikes, wat in `n sekere sin vanweë hulle armoede gedwing was om te sondig, in die oordeel gevange sit? O, dan vergis jy jou deeglik! Kyk, wat daar benede is, is suiwer vooraanstaandes, suiwer wesens wat goed in die mees uiteenlopende dinge onderrig was, maar omdat hulle alles wat hulle weet en besit het, slegs ten gunste van hulle hoogmoed, hulle harde onversoenlikheid, hulle vleeslike wellus, hulle nyd en gierigheid gebruik het en daardeur hulle siele te sterk vermaterialiseer het, bevind hulle hulleself nou ook in die grafte van juis die oordeel wat hulle vir hulleself berei het!

[8] Daar agter die grafmonument sal jy `n opening ontdek. Gaan daarheen, kyk na binne en vertel My wat jy sien. Dan eers sal ons hierdie saak verder met mekaar bespreek.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205