|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 21
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Veranderde skouspel. Verleidelike helgeeste, Cado roep die genade en die hulp van die Godheid in
171 Ek sê verder: “Let nou egter weer op en tree jy, Miklosch op as verteller, want hier in die geselskap is dit nie aan almal gegee om die ophande synde te siene nie, hoewel niemand in onwetendheid gelaat sal word nie.”
[2] Na `n rukkie begin Miklosch weer te vertel: “Ag, dit is werklik in `n hoë mate tragies-komies! Uit die vuursee, wat nog steeds huiweringwekkend en met donderende geraas voortjaag en waaruit `n ontelbare hoeveelheid bliksemstrale skiet, verhef daar nou tallose baie opgewekte gestaltes. Van voor lyk hulle baie lieftallig, maar op die rug gesien is dit net halfvergane geraamtes. Die golwe van die gloeiende stroom blyk hulle nie in die minste te steur nie en die geweldige gloeiende hitte blyk hulle `n hoogs aangename gevoel te gee. Die bliksemstrale skiet deur die vrolike gestaltes heen soos water deur `n sif, sonder om hulle ook maar in die minste te hinder. Werklik hoogs merkwaardig! Aha, hulle word steeds talryker en maak `n plegtige reidans. Een van voorste baie elegante groepe kom met sierlike passe na Cado toe, wat hierdie verskyning baie aandagtig bekyk, sonder om egter sigbare genoegdoening daarin te skep. Tog kyk hy stomverbaas en totaal oorbluf na die baie dansgroepe. `n Groep maak nou vlak by die heuwel grasieuse bewegings en dit lyk of dit vir Cado amuseer, want hy het hulle al enkele kere met welgevalle toegelag; die ruê kry hy egter nie te siene nie.
[3] Nou hardloop `n paar danseresse met roosrooi sleepsels na hom toe op die heuwel en wink hom om hulle op die gloeiende dansvloer te volg, maar Cado verontskuldig hom en sê: “My voete sou dit nie op so `n dansvloer uithou nie, daarom bly ek waar ek is. Bly julle maar waar dit met julle goed skyn te gaan! Ek wil egter niks hê van so `n gloeiende warm vermaak nie.” Maar twee kom nader na hom toe en doen alle moontlike moeite om hom na die gloeiende dansvloer te lok. Cado gebied hulle egter om nie nader te kom nie, omdat hy anders geweld teen hulle sou moet gebruik. Hoe meer hy hulle egter bedreig, hoe meer toon hulle hom hulle bekoorlike voorkante en doen alle moeite om hom heeltemal te betower. Werklik `n vreemde skouspel! Dit is merkwaardig, dat die helse geraamtes na al hulle verlokkende bewegings tog nie van houding verander nie, sodat Cado hulle rugkante te siene sou kon kry nie. Een probeer nou haar sleepsel as `n strik om sy hals te werp.
[4] Maar Cado gaan enkele treë ageruit, raap `n klip op, slinger hom na die bors van hierdie geraamte en skreeu met `n egte donderstem: “Agteruit, helse dier! As Satan, jou gebieder, geen beter bekoringsmiddel het om `n arme duiwel nog dieper die hel in te trek nie, dan moet hy eerder tuis bly! Dink hierdie onbenulligheid, wat die Godheid weerstaan, dalk dat voëls van my geveerte soos `n dom en onnosele voël op sy ou, dom voëlentstokkie sal vlieg om hom so te laat vang? Dan vergis hy hom! `n Adelaar vlieg nooit na `n voëlentstokkie nie. Sê dit maar vir julle esel van `n gebieder.
[5] Nou sê die tweede vriendin: “Maar beste vriend, jy vergis jou deeglik in ons groot vorstin Minerva! Kyk, sy ken jou groot gees en wil jou deur ons, djins*, sekerlik `n klein eerbetoon laat toekom. Daarna sal sy jou dan self met die hoogste glans van haar mag en krag liefdevol tegemoet kom om aan jou die allerhoogste eer te bewys. Dit alles, omdat jy die enigste was wat weerstand gebied het aan hierdie vuursee, wat deur die ou Godheid teen enkele lawwe medestanders van die groot vorstin gerig was. Erken daarom die genade, wat die allerhoogste vorstin van die oneindigheid jou vanweë jou onbedwingbare krag toegeken het!” *[djin, Goeie of bose gees, tussen die engele en mense.]
[6] Cado sê: “Is julle hoë vorstin miskien nog dommer as julle, gemene hellefeë?” Die nie-gestenigde sê baie deftig: “Wat `n verskriklike vraag! Die hoë Minerva, die godin van alle wysheid, na wie selfs Zeus en Apollo in die leer moet gaan!” Cado sê: “O, ek het nie geweet dat die ou godegespuis ook nog hier bestaan nie! Julle is seker ook tipe godinne?” Hulle sê: “Ja natuurlik, ek is die beroemde Terphore, die godin van die dans, en hulle hier, na wie jy so bot `n klip geslinger het, is die voortreflike Euphrosyne, die godin van blymoedigheid. Die arme skepsel ly nou baie pyn, maar sy dra dit geduldig uit groot liefde vir jou!”
[7] Cado sê: “Wel, nou weet ek genoeg om julle in alle erns te kan sê, dat ek Minerva ten seerste verag en van haar nooit as te nimmer enige eerbetoon van haar sal aanneem nie. Sê haar, dat ek weliswaar `n uitgesproke vyand is van `n sekere Jood Jes...ja, Jesus, korrek, Jesus heet hy. En ek staan ook in menige opsig min of meer vyandig teenoor Sy leer. Maar dat ek hierdie veragte Judeërprofeet soos `n esel sou moet dien, is ek eerder daartoe bereid, as om die hoogste eer van julle Minerva aan te neem! En nou verdwyn, julle fraai djins! Maar kyk uit dat julle dansvloer nie te warm word nie!” Hulle sê: “Nou, wag maar, aangesien ons jou nie kon vermurwe nie, sal jy Minerva self sien, maar deur haar geen blik waardig gekeur word nie!” Waarop Cado sê: “O, dit sal vir my redelik aangenaam wees, veral die laaste; begryp?”
[8] Miklosch gaan verder: “Nou verdwyn hulle huppelend en dansend tussen die ander groepe, en word geheel daarin opgeneem, sodat ek hulle nêrens meer kan sien nie. Maar nou word die gloeiende massa alweer onrustiger. Die golfslag word sterker en die oppervlakte begin meer gloei en oplig. Die tallose danseresse vlug nou, aangegryp deur `n hewige angs, in wilde wanorde oor die oppervlakte na die grot toe en stort hulle met ontsetting en vreeslik kermend van die pyn in `n afskuwelike afgrond in.
[9] Cado trek nou `n beteuterde gesig en sê vir homself: “Die Godheid is alle skepsele genadig, en as die hulp van die profeet Jesus, wat `n liefling van die Godheid sou wees, enige uitwerking sou kon hê, so help ook hy, want hierdie kwellings is vir elke lewende wese, hetsy die liggaam, siel of gees, tog wel onuitspreeklik moeilik. Origens moet die wyse Minerva haar personeel nie al te vriendelik ontvang het nie, aangesien hulle so ontsettend begin te weeklaag. O groot, almagtige Godheid, ook al het ek straf verdien, laat my tog `n bietjie genade voor die reg wedervaar, want hierdie ewigdurende straf vir tydelike vergrype, hoe erg hulle ook mag wees, is tog oneweredig wreed. Laat ons ten gronde gaan, dan is ons vir ewig tevrede, want wie nie bestaan nie, vind tog sekerlik alles goed. Ek het U, almagtige God, vroeër toe ek nog nie die mag van die afskuwelike pyne beproef het nie, wel wou uittart, maar omdat ek nou `n baie klein smakie van die ewigdurende helse pyne ondergaan het, het alle lus om my ooit nogeens weerspannig teenoor U te toon, werklik vir ewig vergaan. Ek is bepaald geen lafaard nie, maar wat te erg is, is te erg! Tewens dank ek U, groot almagtige Godheid, as die allerarmste duiwel vir soveel genade, omdat U my tot nou toe nog nie in die poel gewerp het nie. O, welke smartlike aanblik bied hierdie angsaanjaende vuursee tog. Welke onverdraaglike pyne moet diegene wat onder haar witgloeiende golwe begrawe lê, ondervind.”
[10] Hierna word Cado stil en dit lyk of hy huil. Hy sug bitter en roep nou op klaende toon: “O ellendige skepsel! Speelbal in die hande van `n ondeurgrondelike mag! Wat is jou lot anders as `n ewige, afskuwelike wanhoop na die gevoel van jou onmag! Die aarde was jou toebedeel, sodat jy deur haar talryke bekorings tot `n duiwel kon word. Toe word jou ellendige liggaam van jou afgeneem en nou staan jy daar as `n allerarmste duiwel, `n vloek voor die onverbiddelike Godheid, voor die poorte van die ewige kwelling; en omdat jy `n duiwel is, reik ook geen helpende mag jou ook maar die minste straaltjie hoop op verlossing aan nie! Waar is jou twee vriende nou, wat my in die paradys wou bring? Toe was ek blind, maar nou is ek siende. Waarom kom julle dan nou nie om my as siende te red nie, terwyl julle my vroeër as blinde wou gered het van die afgrond? Maar ek roep nou tevergeefs, want die geweeklaag van `n arme, verdoemde duiwel dring nimmer deur tot `n goddelike oor nie. Die verskriklike lot van `n vervloekte is die ewige, smartlikste vertwyfeling. Wee my! Dit is die begin, waarop egter geen einde sal volg nie!”
|
|
|
|
|