Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die lewensgeskiedenis van die trotse Karel. Paulus skud die hoogmoedige wakker. Dialoog tussen Karel en Jesus. Uiteindelike bede om genade en bevryding

215 Karel sê: “Waar is die Je... Je... Je, wel, nou kry ek die Naam nie oor my lippe nie! Hoe heet Hy nou al weer?” Paulus sê: “Jesus, die Christus, dit wil sê die Heiland, die Gesalfde! Jy kan die Naam nie uitspreek nie, omdat daar niks van Hom in jou hart aanwesig is nie. Jy hoef egter nie trots te sê: “Waar is dan die Jesus, na wie ek toe moet gaan nie?”, want Hy staan tog hier by my en is steeds naby aan my! Jy hoef jou maar net tot Hom te wend en jy is reeds by Hom, vir sover dit in jou toestand moontlik is. Sê ten minste in jou hart: “Heer, wees my groot sondaar genadig en barmhartig! Ek is dit nie werd dat ek my oë na U opslaan nie”. Dan sal die Heer jou reg en sagte geregtigheid laat wedervaar.”

[2] Karel sê: “Dus, hierdie baie doodgewone Jood sou die Heer wees?” Paulus sê: “Ja, Hy is dit, Hy en niemand anders nie.”

[3] Nou begin Karel hom agter sy ore te krap en sê by homself: “Dit moet die Heer en Skepper van hemel en aarde wees! Nie sleg nie, glad nie sleg nie! Hom sou ek netsoos `n gewone bedelaar `n aalmoes gegee het. En dit sou werklik God, die Heer wees? Weliswaar reis hoë vorste op aarde ook dikwels streng onbekend en vermom - waarom sou iets dergeliks vir God onmoontlik wees? Op verantwoording van hierdie Paulus wil ek dit aanneem, hoewel hierdie aanvaarding vir my uiters bedenklik voorkom, omdat op aarde elke gewone kêrel vir my eindeloos onnosel voorgekom het. Daarom het ek ook slegs `n mis kon bywoon, waarby geen gepeupel in die kerk toegelaat was nie. Ek het daarom die gewone volk ook maar een tot hoogstens vier oudisies per jaar verleen, omdat die gewone gepeupel my meer as alles teengestaan het. Ek het ook die hof die grootste prag en praal gegee om myself teen onverdraaglike smaakloosheid te beskerm, en nou moet ek my weer daaraan oorgee. In godsnaam, dit is so! Hierdie gewone Jood, nog wel `n Jood, dit is vir my wel die mees onverdraaglikste. As keiser het ek alle Jode laat teregstel en nou moet ek `n gewone Jood as God, die Heer erken en aanbid. Wat `n ontsettende, verskriklike smaakloosheid!”   

[4] Paulus sê: “Kyk maar uit, dat iets anders nie ten slotte vir jou smaakloos word nie! Dink jy dalk dat die Heer ook so `n aristokraat is en alles wat Hy nie as hoogadellik kan legitimeer nie, vervelend vind? Ek sê egter vir jou: Kyk uit dat jy nie onverdraaglik word vir die Heer nie, want dan sal jy die ongelukkigste wese van almal wees! Wie naamlik God se ordening smaakloos vind, is `n kind van die hoogmoed en trots en is bygevolg `n gruwel voor God! Die Heer is steeds die kleine toegeneë. Wie nie word soos die kind van `n gewone bedelaar nie, sal nooit deel hê aan die ryk van God nie!

[5] Dink jy dan dat die Heer die vorste van die aarde liefhet? O, dan vergis jy jou deeglik! Kyk, die Heer verdra hulle wel as `n kwaad vir die volkere, wat self sleg en gemeen is, maar Sy liefde het hulle nie. Nie uit liefde nie, maar uit toorn het gegee God die dwase Jode, wat deur die prag en praal van `n koning ook `n groot volk wou wees, `n koning, wat hulle naderhand onderdruk het en tot slawe gemaak het. Daaruit volg egter dat konings vir die volk nie soseer `n seën nie, maar eerder `n straf is, omdat die mens die wêreld nog steeds meer liefhet as God.

[6] Waarom verbeel jy jou dan nou nog so baie, deur die feit dat jy `n vors op aarde was? God alleen is Koning, maar alle mense is broeders en susters! Gaan en beken jou skuld voor God, anders sal dit sleg lyk vir jou!”

[7] Karel sê: “Waarom sou dit sleg lyk vir my? Ek het as vors so gehandel, dat die hele wêreld my voor God en die mens `n lofwaardige getuienis sou moet gee. Het ek nie die liefde van my volke besit nie en nog wel in die mate, dat ek hulle letterlik saam in die graf kon geneem het? En was my verordeninge nie stiptelik opgevolg nie? Watse kwaad het ek dan destyds gedoen dat ek nie iets goeds te verwagte sou wees nie?”

[8] Paulus sê: “Daarop sal ons geen verdere kritiek lewer nie. Dit gaan hier nie soseer oor wat jy was, ten opsigte van jou onderdane nie, maar eerder oor wat jy vir jouself en jou innerlike lewe was! Sê jy: “Ek het geregeer op eie gesag!”, dan was jou hele heerskappy sleg; maar sê jy: “God se krag en mag het my so en nie anders nie laat regeer nie!”, dan lyk die saak dadelik baie anders. Want die Heer kyk nooit na die handeling alleen nie, maar hoofsaaklik na die rede en die bedoeling van die handeling.

[9] `n Handeling mag op sigself geneem hoe regmatig wees, tog is dit vir die handelende persoon sleg as hy dit verrig ten behoewe van sy eie eer. Want die Heer sê: “As julle alles gedoen het, beken dan: Ons was onwaardige en lui knegte gewees!” As jy sê: “Ek was `n regent”, dan handel jy reeds voor God en gee jy jouself `n slegte getuienis. Sê jy egter: “Ek was net `n slegte werktuig in God se hand en die Heer was die regent deur middel van my wil”, dan is jy geregverdig voor God. 

[10] Jy het wel die guns van jou volk besit, veral van die hoë adel, maar dit sou beter gewees het as jy die guns en die liefde van die Heer besit het! Dus vriend, nie ons nie, maar alleen die Heer is alles in alles. Aanvaar dit in jou hart en wend jou tot die Heer, dan sal jy vooruitgaan! Ek het nou gepraat. Die Heer sy met jou!”

[11] Deur hierdie woorde tot nadenke gestem, wend Karel hom na `n rukkie tot My en sê: “Volgens die verklaring van hierdie Paulus sou jy dus werklik Christus die Heer wees. Die Een wat eens in Jerusalem gekruisig was deur die slegte Jode, wat my daarom so verskriklik teengestaan het, dat dit my nou nog spyt dat die gebroedsel, tenminste in my ryk, nie uitgeroei was nie!” Ek sê: “Ja, dit is Ek! Het jy egter iets daarteen in te bring, sê dan wat daar nog aan My ontbreek om voor jou, groot heer, waardig as Christus te kan optree!”

[12] Karel sê: “Dit is `n eienaardige vraag! Volgens aardse maatstawwe te oordeel, ontbreek dit jou wel baie om deur my as Christus waardig aanvaar te word, maar hier is ek nou nie meer so kieskeurig nie en neem maklik `n knuppel vir `n septer en `n slaapmus vir `n kroon aan, waarom dan jou ook nie as Christus, die Heer nie! Maar kom ek ooit `n ander en geskikter een teë, dan word hierdie saak maklik verander. Die egte word aanvaar en die valse laat mens val! Origens verstaan Jy die kuns baie goed om die rol van Christus te speel! Jou minsame erns en Jou majestueuse mooi kop met die groot blou oë maak jou baie geskik as waardige verteenwoordiger van Hom wat Jy hier voorstel. Op verantwoording van hom, wat Jou as die werklike Christus vir my aangewys het, sal ek dit ook aanvaar en val daarom as die grootste gewese keiser van die Rooms-Duitse ryk aan Jou voete en sê: “Heer, wees my sondaar teenoor U genadig en barmhartig!”

[13] Ek sê: “Vriend, Ek is tevrede dat jy sover gekom het en ons onsself nou uit hierdie groewe van die dooies na buite kan begewe. Hier waar die dooies vertoef, kan mens nie baie praat oor die lewe nie. Buite, waar `n helderder lig die eindelose heelal van die geesteswêreld deurdring, is dit ook moontlik om duideliker te sien en te ervaar wie die Een is wat nou hier met jou praat. Daarom verlaat ons nou hierdie plek en begewe ons na buite!”

[14] Almal roep: “Ere sy U, o Heer, dat U dit aan ons verrig het, want nou eers begin ons in te sien, waar ons was en hoe dit met ons gegaan het. U alleen is ons verlosser! Daarom is al ons liefde, ons eerbetoon en ons aanbidding alleen vir U, want U alleen is waardig om dit alles van ons te ontvang en genadig te aanvaar!” Karel, wat weer opstaan, sê: “Heer, by hierdie wens sluit ook ek my aan, en nou werklik van ganser harte! Maar waarheen sal U ons nou lei?”

[15] Ek sê: “Na buite in die strate van Wenen; daar sal dit wel duidelik word waar ons ons intrek sal neem. Robert, gaan jy weer saam met Helena vooraan.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205