|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 93
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154. |
|
|
Die genade en barmhartigheid van die Heer. Twee geskeide siele mag mekaar in die teenwoordigheid van God terugvind. Saligheid van die hoogste hemel
243 Ek sê: “O vrou, o dogter, jou geloof is groot en daar woon baie liefde in jou hart! Aan jou geskied na gelang van jou geloof en na die mag van jou liefde! My liewe dogter, jy staan nou hongerig, dorstig en naak voor My, want dit waarmee jy jou siel op aarde versadig het, was slegte en maer kos. As jy gedurende die eerste tyd van jou lewe op aarde nie vooraf geestelik gevoed was nie en jou siel met haar afgestompte gees in die weersinwekkende lewe van die rioolgedierte oorgegaan het, dan sou jy byna verlore gewees het. Dit sou dan haas onmoontlik gewees het om jou nog ooit te red. Soos wat dit immers onmoontlik is om `n vis in die vrye lug in die lewe te hou, is dit ook onmoontlik om siele wat in die poel van die verderf geleef het, in die lugeter van die hemele in die lewe te hou. Want waar die draak `n doodse lewe lei, daar leef sy ongediertes ook vir die dood!
[2] Maar omdat jy eers geestelik gevoed was, was die rioolvoeding daarna, nie in staat om jou siel heeltemal te bederf nie. Die voorafgaande voeding vir jou gees, het volgens vermoë die ellendige wêreldse voeding van jou siel gekruie en haar die dodelike gif ontneem. Dat jou siel egter geen vet deur sulke voeding kon opbou nie, kan jy hopelik insien. Maar nou wil Ek jou vanweë jou geloof en jou liefde voeding uit die hemele en `n beter gewaad gee; dan sal jy beter en mooier lyk. Robert, bring brood en wyn en `n nuwe gewaad.”
[3] Die oomblik waarop Ek dit uitgespreek het, sien Robert agter hom `n soort kraampie met brood en wyn en `n bondel, waarin hy die verlangde gewaad vind. Hy bring brood en wyn en sy vrou Helena bring die bondel met die gewaad. Ek seën die brood en wyn en laat dit vir Mathilde en die offisier aanreik. Wanneer sy, met `n onuitspreeklike gevoel van dankbaarheid, saam met die offisier die brood en die wyn tot haar neem, word haar gestalte oombliklik voller; sy begin mooi en jeugdig lyk en het van suiwer dankbaarheid geen raad meer nie. Nou kry sy ook `n mooi hemelsblou gewaad met purperrooi insetsels, wat haar baie mooi pas.
[4] Toe Mathilde nou so goed versorg daar staan, begin sy van dankbaarheid, liefde en saligheid hardop te ween. Sy is nou al so mooi soos `n hemelse blom en val voor My op haar knieë en sê snikkend: “O heiligste Vader, my trae tong kan nimmer uitspreek wat ek nou in my hart vir U voel nie. U liefde en U genade is eindeloos groot! Vir sover egter my opnuut gegewe en deur U genade opnuut gewekte lewe my dit laat voel, ervaar ek U as die heilige, ewige, suiwerste liefde, o liewe Vader! U heiligste Naam Jesus word geheilig, ewig, ewig, ewig!” Met hierdie woorde oorweldig haar liefde tot My haar so sterk, dat sy met haar gesig heeltemal op die grond neersink.
[5] Maar ook die offisier word so deur liefde oorspoel, dat ook hy begin te ween. Ek vermaan hom egter en sê: “Vriend, vermaan jou, want jou oorgelukkige vriendin sal weldra jou krag nodig hê. Jy het haar tot hier gebring en sal daarom ook verderaan haar leidsman wees. Slaan ag op haar gees!”
[6] Die offisier sê: “Ja., beste Vader, Heer en God, U Woord sal ewig die lewe in die sentrum van my hart wees! Daar het te veel liefde en genade van U, o heilige Vader, oor ons gekom; ons is in ons gemoed nog veels te swak om so `n oorvloed van saligheid te kan verdra, maar die heilige tyd van U ryk sal ons wel meer vertroud maak met U oorgrote liefde en genade. Mag my hele wese egter van `n ewige dank getuig vir U liefde en genade aan ons, arme sondaars, vir groot bewese wysheid is ons weliswaar nie geskik nie, want daarvoor het U, heilige Vader, engele geskape uit die vlamme van U lig, sodat hulle die oneindige majesteit van U werk kan besing en loof, maar ons wil U bowenal loof vanuit die deemoed van ons harte, want U alleen is al ons liefde en ons lewe!” Daarop wend hy hom tot Mathilde en sê: “Liewe suster Mathilde, staan op en kyk hoe goed, liefdevol en sagmoedig ons waaragtige heilige Vader tog is!”
[7] Mathilde rig haar nou op, kyk vreugdedronk om haar heen en herken in die offisier haar leraar Peter. Nog met haar knieë op die grond rustend, roep sy uit: “O God, o Vader, U is tog werklik al te goed en liefdevol! Nie alleen het U my hier as onwaardige sondares onuitspreeklik salig gemaak deur `n oorvloed van U genade, liefde en erbarming nie, maar ek mag hier ook voor U heilige aangesig, die leraar ontmoet, wat my reeds op aarde die weë na U getoon het. Ek word nou deur U vir my verdere ontwikkeling aan hierdie leraar toevertrou. Hoeveel wonderlik en verhewe sal ek nie deur hom ervaar nie; ek sal steeds suiwerder word om U goddelike mooi aangesig waardiger te aanskou! Ek is weliswaar nog hier in die stad, waarin ek na liggaam en siel ongelukkig was, maar die plek maak nie saak nie, want U sigbare, heilige aanwesigheid is vir my die hemel. Waar U is, o Heer, daar is ook die hoogste hemel! My hart, my hele wese roep slegs na U, o Vader, gewy! U heilige Naam Jesus word geheilig!”
[8] Uit die agtergrond kom aartsbiskop Migatzi na My toe en sê: “Heer en Vader, die wese, wat nou so lieftallig is, soos `n pragtige ster van U hemele, beskaam ons werklik almal! Welke heilige suiwerheid van haar taalgebruik, en wat se grenslose liefde en dankbaarheid! Om kort te wees, haar hele manier van doen straal so `n werklik magiese waardigheid uit, dat ons almal totaal gefassineer is. Sy leer ons almal om U nou eers geheel en al te herken. O Heer, ewige, suiwerste liefde! Welke groot dankbaarheid is ons U verskuldig vir hierdie verheerliking!”
[9] Ek sê vir Migatzi: “My vriend en broeder, dit doen nie die wysheid nie, maar slegs die liefde! Hou julle daarom aan die liefde, as julle in die hemele by My wil wees! Julle sal weliswaar in elkeen van die drie hoofhemele by My wees en wandel voor My aangesig, maar netsoos hier enkel en alleen deur die liefde. Hierdie Mathilde het die korrekte graad van die liefde en sal dientengevolge ook in die hemele, waar ons nou weldra sal aankom, by My wees. Gaan en verkondig dit aan almal wat hier is!”
[10] Migatzi dank My innig vir hierdie leer, gaan dadelik na die groot menigte toe en deel dit aan almal mee.
[11] Die offisier sê egter, van groot liefde vervul, vir My: Heer, ons is nou so gelukkig as wat maar moontlik is, maar kyk, daar staan my soldate nog in die gelid! Wat moet daar nou met hulle gebeur?” Ek sê: “Laat hulle die gewere aflê, want voortaan sal hulle hierdie wapens nie meer gebruik nie. In My ryk stry mens slegs met die wapens van die liefde.
|
|
|
|
|