Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Gesprekke oor ou en nuwe tye. Die mensdom was nooit goed nie, maar daar was wel altyd enkele uitsonderings

257 Ons begewe ons weer verder berg afwaarts en bereik die plek Spital aan die voet van die Semmering.

[2] Keiser Karel tree andermaal na vore en sê: “O Heer en Vader, U wat heilig is, heilig bo alles! In my tyd was hierdie plek werklik `n asiel vir arme, lydende mense. Tydens my reise na die suide het ek haar self meermale besoek en van gawes voorsien, maar na my tyd het alles spoedig verlore gegaan en die liefdadige gesindheid van die gemiddelde Stiermarkers het maar al te gou verander in winsbejag. Die mens wou ryk word en vergeet maar al te graag dat die arme niks het en sodoende ook nie kan lewe nie. Dit het die land egter weinig seën gebring. In my tyd was dit een van die rykste gebiede van die hele ryk en nou sal dit spoedig die armste wees.”

[3] Daarop sê Ek: “Ja, daarin het jy nie heeltemal ongelyk nie. Daar is wel enkeles wat vir `n goeie doel nog iets oor het, maar oor die algemeen sal daar in `n land nie soveel selfsugtige mense wees as juis hier die geval is nie. Die streek in die hoogland is nog die beste gedeelte, maar die laagland is sleg daaraan toe: Winsbejag, ontug en ongeloof aan die een, en die ergste bygeloof aan die ander kant! Eiebelang, dikwels totale ongevoeligheid ten opsigte van die arme mensdom, gierigheid, afguns en voortdurende minagting vir die naaste is ongeveer die vernaamste hoofkenmerke van dié land. Juis daarom besoek ons die siek volkie, om hulle so moontlik `n bietjie gesonder te maak. In die stad van die land sal ons dit nie kan uithou nie, daarom sal ons dan ook vir die kort tydjie van ons oponthoud êrens buite die stad `n verblyfplekkie soek.”

[4] Karel sê: “Heer, donder en bliksem sou hierdie stad moet tref! Dit moet wel egte duiwels van mense wees! Is daar dan geen beamptes, militêre, of polisie agente in die stad nie?”

[5] Ek sê: “O genoeg, maar daar is weinig egte mense onder hulle. Die beamptes wil maar al te gou hoë here wees om meer geld te kry. Daardeur is hulle harte ook meestal van klip en oefen hulle hulle amp dikwels onverbiddelik streng uit, sodat mens hulle na `n eventuele bevordering as bekwame manne mag beskou. Slegs weiniges is tevrede met wat hulle is en met wat hulle het. Die meeste wil steeds maar hoër op en kyk, dit is `n groot kwaad; wat getuig van ontsettend weinig liefde en van nog minder waaragtige geregtigheid.

[6] As daar in hierdie stad nie soveel militêre mag aanwesig was nie, dan sou dit oor die algemeen sleg met die amptenare gesteld gewees het, want hulle is beslis nie geliefd nie. As `n amptenaar `n seën vir `n ryk wil wees, dan moet hy baie liefde besit. Het hy dit nie, dan saai hy slegs onkruid en distels en roep haat en minagting op by sy ondergeskiktes.”

[7] Rudolf van Habsburg sê: “Maar Heer, kyk net daar, die twee breë strate! Die een vir die voertuie en die ander vir die ysterwaens. Hoe neem hulle die baie mooi land nie in beslag nie, terwyl alle weë in my tyd maar smal mag gewees het en slegs oor landstroke mag geloop het wat vir ander doeleindes ongeskik was. Ek het geen staatskulde gehad nie en het tog ook menige oorlog gevoer, maar hulle, wat nou oor sulke breë weë rondry en hulle goedere vinnig vervoer, het oral skuld. Werklik, ek begryp dit nie!”

[8] Ek sê: “Dit kom eenvoudig hierdeur: Hulle het geen liefde nie, en daarom kan hulle ook onmoontlik die korrekte lig hê. As die mens slegs ooreenkomstig sy behoeftes lewe, het hulle almal genoeg. Maar omdat hulle vir die luukse lewe en hoogmoedig is, ly hulle gebrek en ellende en staan by iedereen in die kryt. Begryp jy hierdie eenvoudige grondwaarheid?”

[9] Rudolf sê: “O Heer, ek begryp haar maar al te goed! Dit sal nou wel op aarde die tyd wees waarvan U voorspel het, dat die liefde sal afkoel en daar geen geloof meer sal bestaan nie. Uit alle voorsiening wat ek tot nou toe gesien het, blyk dit maar al te duidelik. Niks anders as ydele prag, hovaardigheid en luukse nie! Elkeen wil die ander oortref. 

[10] In my tyd, het daar nog `n sekere hiërargie in die kleredrag bestaan. Elkeen moes hom klee volgens die voorskrifte van sy stand en daardeur was die hoogmoed en die verskillende luukse goed binne perke gehou. Nou het die wedersydse hoogagting, die liefde, die geloof en die barmhartigheid egter opgehou om te bestaan en die koue, gevoellose verstand beheers oral die harte van die mens, waarheen mens sy oë ookal wend. 

[11] In my tyd het daar vrye herberge langs die paaie gestaan, waarin arm reisigers gratis versorg was. Iedereen kon wetlik aanspraak maak op die gasvryheid van sy geloofsbroeders. Slegs Jode en heidene moes die herbergier `n klein vergoeding betaal. Die herbergier het die reg gehad om insamelaars na die naburige gemeente te stuur, wat hom ryklik van alles voorsien het. Dit was tog sekerlik `n goeie voorsiening, maar nou het niks meer daarvan oorgebly nie. Het die reisiger geen geld nie, dan is hy aan die hongerdood oorgelewer. O mensdom, hoe ver het jy jou van die weg na God se hemelryk verwyder! 

[12] O Heer, ek glo dat daar met hierdie teenswoordige mens nie baie gedoen kan word nie, want die oordeel van die dood staan tog reeds op iedereen se voorhoof geskrywe. Waar niemand meer omsien na die nood van sy naaste nie, waar die luide gekla van ellende oorstem word deur die lawaai van die pronksugtige wêreld, daar is alle moeite te vergeefs! Daarom is ek van mening, dat mens vir hierdie geestelik byna dooie mensdom geen spesiale moeite meer sou moet doen nie, maar haar deur allerlei epidemies baie natuurlik moet laat uitsterf. Slegs die enkele goeie mense, wat hier en daar verspreid lewe, sou mens moet behou, sodat die aarde dan tog weer beter bewoners deur hulle sou kry.”

[13] Ek sê: “Beste vriend, jy het heeltemal gelyk; dit is werklik `n ellende soos wat dit nou op aarde uitsien! Ek sê vir jou, dit is baie erger as in die tye van Noag en Lot. Wat kan mens egter anders doen as geduld en nogeens geduld hê? Laat jy hulle vandag almal sterwe, dan sal hulle in die geestesryk geen haar beter wees as op aarde nie; laat jy hulle egter op aarde `n tydlank aan hulle lot oor, sodat hulle deur hulle domheid eg ellendig word, dan sal daar tog baie tot inkeer kom.

[14] Hier en daar is daar egter ook nou nog wel liefdadige mense, wat vir hulle arme broeders en susters baie goed doen. In jou tyd, my beste Rudolf, was daar wel enkele goeie voorsienings, maar daarnaas ook weer behoorlik slegtes; dit is ook nou nog die geval.

[15] Ek sê vir jou: Die wêreld was nooit goed nie, uitgesonderd steeds slegs enkele, weinige mense in haar! Wat eenmaal sleg is, dit is en bly sleg. Aan dorings en distels groei geen druiwe en vye nie; van wynstokke en vyebome sal jy egter altyd edel vrugte oes. Laat ons onsself daarom gladnie oor die wêreld bekommer nie. Hoe bonter hulle dit maak, soveel erger sal hulle hulleself ten slotte straf. Aan hom wat hoog klim, sal die rotspunte self spoedig vertel hoe hoog en lewensgevaarlik dit is. Ons besoek nou maar net siek mense; laat ons daarom maar weer verder gaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205