Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Ondergang van die helse mag. Cado as oorlewende toon `n beter ingesteldheid. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak

170 Miklosch vertel verder: “Cado kyk nou bewend die vlugtende hoofman agterna en sien hoe `n vuurstroom hom al naby die hakke sit. Die vlugtende huil erbarmlik en baie vooruitskietende vonke lek aan sy huid. Dit maak Cado ontsteld en dit lyk wel of na elke brandende vonk wat die huid van die hoofman raak, ook sy huid geweldig pyn aandoen.

[2] Maar nou het die vloed die vlugtende hoofman bereik en Cado skree: “Almagtige Godheid! Hy is verslind, en niemand kom hom te hulp nie! Sy stryders is almal reeds begrawe! Ek staan op hierdie heuwel, wat al halfpad omspoel is deur die vreeslike vloed en waarvan nog maar `n smal strokie aan die oostelike kant begaanbaar is, en ek staan ook op die punt om binne enkele oomblikke sy lot te deel. Sou ek nou ook van die plek van die onheil weghardloop, sou dit my nie meer baat nie. Ek sal bly waar ek is en die goddelike Almag mag met my doen wat Hy wil, want daar is nimmer aan haar te ontkom nie. Hierdie vuursee moet egter ook `n onmeetlike hitte hê, aangesien ek dit al hier so ondraaglik warm het.  

[3] Grote God, welke vreeslike pyne sal nou maar al te gou vir ewig my deel wees! Dit is dus die afskuwelike hel, waarvan die wurm nooit sterf en die ontsettende vuur nooit uitdoof nie. O Godheid, betoon erbarming aan `n kind van die hel, wat weliswaar baie sleg is, maar sy gruwels tenminste erken en dit nou, jammer genoeg, te laat betreur! Ek het weliswaar al `n ontsettend pynlike helletog deurgemaak, maar na die aanblik van hierdie suiwer goddelike, straffende mag het elke krag my in die steek gelaat. Ek voel nouliks meer die krag van `n insek in my, en moet my dus laat gevange neem deur die vloedgolf van regverdige toorn van die goddelike, wrekende vuur.”

[4] Miklosch gaan verder: “Nou sak Cado op sy heuwel ineen en wag op die allesverterende vloed, wat nog wel magtig heen en weer golf, maar tog nie meer opstyg nie. Op Cado na is almal wat nou teen ons ten stryde wou trek, deur haar verswelg. Dit kom my slegs nog onverklaarbaar voor, dat die magtige hemelvorste hulle nog nie wil verwyder nie. Ook die gruwelike grot, wat vir meer as die helfte gevul is met die vuurstroom, het nog nie haar dreigende aansien verloor nie.”

[5] Ek sê: “Die stryd is nog nie ten einde nie en Cado is nog nie heeltemal verlore nie. Let nou op, wat verder gaan gebeur! Daarna sal julle eers `n bevredigende uitleg gegee word.”

[6] Miklosch kyk nou veral na die heuwel waar Cado wesenloos ineen gekrimp sit en vertel verder: “Maar omdat die verskriklike vloed tog nie tot aan sy huid wil kom nie, begin hy hom weer op te rig om te sien hoe dit met hierdie woedende storm van die Godheid verder sal verloop. Hy sien dat die vuursee nie hoër styg as die aansienlike peil wat dit aanvanklik oor `n onafsienbare vlakte bereik het nie.

[7] Dié verskynsel gee Cado weer moed en hy sê vir homself: “Wat het al die esels daar nou saam bereik, dat hulle weereens met boosaardige plesier die stryd aangebind het met die almagtige Godheid! Maar ekself is eintlik ook `n esel, want waarom het ek toentertyd die voorstel van die twee bodes om my van die gruwelike ondergang te red, nie aangeneem nie? Waar is hierdie heerlike wesens nou? Rondom my is dit nag; slegs die gloeiende vuursee werp `n effens, sinistere skynsel oor my vervloekte wese. Daar ver in die verte in die ooste ontdek ek `n vriendeliker skynsel as wat hier is. Hoe sou dit wees as ek net daarheen gaan? Gevaarliker as hier in die midde van die onderste hel kan dit tog nêrens wees nie.”

[8] Nou kom Cado orent en begin hom in ons rigting te beweeg, maar al sy bewegings lyk asof hy homself met sy hardlopery wil fop, want hy trippel eintlik steeds op dieselfde plek. Wat kan wel die oorsaak daarvan wees, dat hy nie met sy vaste wil kan vooruitkom nie?”

[9] Ek sê: “Die oorsaak lê daarin, dat sulke geeste ook na hulle beste voornemens en goeie insigte, tog `n hart het vol onreinheid, waaruit in die kamer van die wil onophoudelik slegte dampe opstyg, wat steeds daar, waar die swakkere deel van die wil `n stap vooruit sou wil doen, `n teruggang veroorsaak. So gaan dit immers ook met baie op aarde: Hulle ken die goeie en die ware en neem hulle ook steeds voor om dit uit te voer, maar op oomblikke, waarop hulle gewoonlik die goeie en ware wil opneem in hulle wil, protesteer hulle vlees dan ook die meeste; hulle word swak en kom ondanks hulle strewe nie van hulle plek af weg nie. Sodoende is die gees steeds gewillig, maar die vlees is swak! Aan hierdie Cado het julle nou `n lewende voorbeeld, hoe `n mens of gees niks op eie krag kan vermag sonder My nie. Met My kan hy egter alles doen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205