|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 87
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
88. Wanneer die “geestelike mens hemels geword het, “word hy die “werk van God”
genoem, omdat die Verlosser alleen vir hom geveg het, en het hom geskape, geformeer
en gemaak, en daarom word dit hier gesê, God het Sy werk voltooi op die sewende dag;
en tweekeer, dat, Hy gerus het van Sy werk. Deur die profete word die mens herhaaldelik
genoem die “werk van die hande en die vingers van God” soos in Jes. waarin van die
wedergebore mens gespreek word
Jes. 45:11: “So sê Jahweh, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande
die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe”!
Jes. 45:12: “Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek—my hande het
die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.”
Jes. 45:18: “Want so sê Jahweh, wat die hemele geskape het—Hy is God! —wat die
aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; “Hy het dit nie geskape om
woes te wees nie,” maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is Jahweh, en daar is
geen ander nie.”
Jes. 45:21: “Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds
af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, Jahweh, nie? En buiten My is daar
geen ander God nie: ‘n Regverdige en reddende God is daar buiten My nie.”
Daarom is dit duidelik dat die nuwe skepping, of wedergeboorte, is die werk van die
Verlosser alleen. Die uitdrukkings om te skape, om te former en te maak, word heeltemal
afsonderlik gebruik in beide die bostaande gedeelte-skepping van die hemele, formering
van die aarde, dit te maak, en in ander plekke van Jes;
Jes. 43:7: “Elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek
geformeer, wat Ek ook gemaak het.”
En ook in beide die vorige asook hierdie hoofstuk van Genesis; so ook in hierdie gedeelte
voor ons, “Hy het gerus van al Sy werk wat God geskep en gemaak het,” in die innerlike
betekenis word altyd `n bepaalde gedagte oorgedra, en in hierdie geval is dieselfde waar
die Verlosser genoem word “Skepper,” “Formeerder,” en “Maker.”
|
|
|
|
|