|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 47
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
46. Die “dier” dui op die mens se emosie – bose emosies met die bose en goeie emosies
met die goeie – dit is duidelik uit verskeie uittreksels uit die Woord, soos en Eségiël:
“Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.
En Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en
vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in julle voortyd en aan julle wel doen,
meer as in julle vroeë dae…” (Eseg. 36: 9,11- Hy behandel hier die wedergeboorte). In
Joël: “Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit
uit, want die bome dra hul vrugte…” (Joël 2: 22). Ook in Dawid: “Toe was ek dom, en
het niks geweet nie; ek was `n dier by U” (Psalm 73: 22). In Jeremia, wat ook die
wedergeboorte behandel: “Kyk, daar kom dae, spreek JaHWeH, dat Ek die huis van
Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere….en Ek sal oor
hulle wakker wees om te bou en te plant…” Jer. 31: 27-28). [2] “Wilde diere” het `n
soortgelyke betekenis , soos in Hosea: “Verder sluit Ek in dié dag vir hulle `n verbond
met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere
van die veld.” (Hos. 2:18). In Job: “….vir die wilde diere van die veld hoef jy nie te vrees
nie, want met die klippe van die veld is jou verbond en die wilde diere van die veld is met
jou bevriend.” (Job. 5:22-23). In Jesaja: “Die wilde diere van die veld sal My eer, want
Ek gee waters in die woestyn…(Jes. 43:20). In Eseg. “Al die voëls van die hemel het nes
gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en
allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.” (Eseg. 31:6). Dit word gesê van
die Assiriër deur wie aangedui word die geestelike mens en wat vergelyk word met die
tuin van Eden. In Dawid: “Loof Hom, al Sy engele, loof hom, al sy leërskare! Loof
JaHWeH van die aarde af - groot seediere en al die dieptes! ….wilde diere en al die vee,
kruipende diere en gevleuelde voëls…” Psalm 148: 2,7, 9-10). Hier word melding
gemaak van die selfde dinge – soos “walvisse,” die “vrugteboom,” “wilde dier,” die
“dier,” “kruipende ding” en die “voëls” wat, tensy hulle lewendige beginsels
verteenwoordig, nooit `n beroep op gedoen kan word om JaHWeH te prys nie. [3] Die
Profete onderskei baie versigtig tussen “diere” en “wilde diere van die aarde” en “diere”
en “wilde diere” van die veld. Nietemin, die goeie in die mens word genoem “diere” net
soos daardie wat die naaste aan die Meester van die hemel en wat genoem word “diere”
beide in Eseg. en Johannes. Alle engele staan rondom die troon, en die oudstes, en die
vier diere, 46.1 en val op hulle gesigte, en aanbid die Lam. (Openb. 7:11; 19:4). Ook
aan hulle aan wie die evangelie gepreek word, word “skepsels” genoem, ‘omdat hulle
hernu geskep moet word’. “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die
ganse mensdom.” (elke skepsel) (Markus 16:15).
|
|
|
|
|