|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 347
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
367. Dit is onnodig om hierdie dinge te bevestig uit soortgelyke aanhalings uit die
Woord, behalwe so ver as om te bewys dat naasteliefde die “broer” van geloof is, en dat
`n “veld” dit aandui wat van die doktrine is. Dat naasteliefde die “broer “ is van geloof is
duidelik aan elkeen uit die gesteldheid of essens van die geloof. Hierdie broederskap
word verteenwoordig deur Esau en Jakob, en was die gronde vir hulle woordestryd oor
die eersgeboortereg en die gevolglike heerskappy. Dit was ook verteenwoordig in Péres
en Zara (Serag), die seuns van Tamar by Juda (Gen. 38: 28, 29, 30), en deur Efraim en
Manassah Gen. 48: 13, 14); en in beide van hierdie, sowel as in ander soortgelyke
gevalle, is daar `n twisgesprek oor die eersgeboortereg en die gevolglike heerskappy.
Want beide geloof en naasteliefde is die nageslag van die kerk. Geloof word genoem `n
“man” soos Kain, in vers 1 van hierdie hoofstuk, en naasteliefde word genoem `n “broer”
soos in Jes. 19: 2; Jer. 13: 14; en ander plekke. Die vereniging van geloof en naasteliefde
word genoem die “broederverbond” (Amos 1: 9). Soortgelyk aan die betekenis van Kain
en Abel, was die van Jakob en Esau, soos reeds gesê; in die dat Jakob begerig was om sy
broer te onderkruip, en is ook duidelik in Hosea: “JHWH het `n twis met Juda, en Hy sal
oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade. In die moederskoot
het hy sy broer by die hakskeen gehou…” (Hos. 12: 4, 4). Maar dat Esau, of naasteliefde
verteenwoordig deur Esau, sal uiteindelik die opperhand hê, kom voor in die profetiese
voorspelling van hulle vader Isak: “En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy
dien, en as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.” (Gen. 27: 40). Of wat
dieselfde is, die kerk van die heidene, of nuwe kerk, word verteenwoordig deur Esau, en
die Judese kerk word verteenwoordig deur Jakob; en dit is die rede dat dit gesê word dat
die Jode moet die heidene erken as broers, en in die kerk van die heidene, of primitiewe
kerk, word almal broers genoem, uit naasteliefde. Soos hulle wat die Woord hoor en dit
doen, word deur die Meester broers genoem (Lukas 8: 21); hulle wat hoor, is hulle van
die geloof, hulle wat doen, het naasteliefde, maar hulle wat hoor, en sê dat hulle geloof
het, en nie doen nie, of wat nie naasteliefde het nie, is nie broers nie, want die Meester
vergelyk hulle met dwase. (Matt. 7: 24, 26).
Dat `n “veld” `n doktrine verteenwoordig, en gevolglik wat ookal aan die doktrine
behoort van geloof en naasteliefde, is duidelik uit die WOORD, SOOS IN Jer: “My berg
in die veld, jou rykdom, [vrywillig] al jou skatte sal Ek as buit gee…” (Jer. 17; 3). In
hierdie aanhaling dui “veld” op doktrine; “rykdom” en “skatte” dui die geestelike
rykdomme van die geloof aan, of die dinge wat tot die doktrine van die geloof behoort. In
dieselfde: “Verdwyn die sneeu van die Libanon ooit van die rots in die veld? (Jer. 18:
14). Dit is verklaar aangaande Sion, wanneer behoeftig oor die doktrine van die geloof,
dat sy “soos `n land omgeploeg sal word” (Jer. 26: 18, Miga 3: 12). In Eseg: “Hy het ook
die saad van die land geneem en dit in `n saailand geplant.” (Eseg. 17: 5), en handel oor
die kerk en sy geloof; want doktrine word `n “veld” genoem oor die saad in dit. In
dieselfde: “En al die bome van die veld sal weet dat Ek, JHWH, die hoë boom verneder.”
(Eseg 17: 24). In Joël: “Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is
verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn. Die landbouers staan beskaam,
die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore
is.” (Joël 1: 10-12), waar die “veld” doktrine verteenwoordig, “bome” en “landbouers” is
die aanbidders. In Dawid: “Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van
die bos jubel.” (Ps. 96: 12), waar dit baie duidelik is dat die veld nie kan “juig” nie, ook
kan die bome van die bos nie “jubel” nie, maar die dinge wat in die mens is, wat die
kennis van die geloof is. In Jer: “Hoe lank sal die land treur en die plante van die veld
verdor?” (Jer. 12:4), waar dit ook duidelik is dat nie die land en ook nie die plante van die
veld kan treur nie, maar dat die uitdrukkinge verband het met iets in die mens terwyl hy
in `n staat van naaktheid of verwoesting is. `n Soortgelyke aanhaling verskyn in Jes:
“…die berge en die heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die
veld in die hande klap.” (Jes. 55: 12). Die Meester noem ook in Sy voorspelling
aangaande die voltooiing van hierdie eeu, die doktrine van die geloof `n “veld”: “Dan sal
daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.” (Matt.
24: 40; Lukas 17: 36), waar deur die “veld” bedoel word die doktrine van die geloof,
beide waar en vals. Soos wat `n “veld” die doktrine aandui, wie dan ookal `n saad van
geloof ontvang, of dit `n mens, die kerk, of die wêreld is, word ook `n “veld” genoem.
|
|
|
|
|