DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 394

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

415. Deur die “vader van die vee” word aangedui die goeie wat ontleen word van die heilige dinge van die liefde, en dit is duidelik uit wat hierbo aangetoon is, by vers 2 van hierdie hoofstuk, waar dit gewys was dat die “herder van die kudde” die goeie van die naasteliefde aandui. Hier word egter die term “vader” gebruik in plaas van “herder” en “vee” in plaas van “kudde;” en die woord “vee” waarvan gesê word dat Jabal die “vader” daarvan is, volg onmiddelik na “tent” waaruit dit duidelik is dat dit die goeie aandui wat ontspruit uit die heiligheid van die liefde, en dat bedoel word `n kraal of woonplek vir vee, of die vader van hulle wat in tente woon of kraal van die vee. En dat hierdie uitdrukkings die goeie uit die hemelse dinge van die liefde aandui, en is duidelik uit baie aanhalings uit die Woord. Soos in Jer: “En Ek self sal die oorblyfsels van My skape versamel uit al die dele van die aarde waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hul weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.” (Jer. 23: 3). In Eseg. “Op `n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van JisraEL sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op `n goeie plek en wei in `n geil weiveld op die berge van JisraEL.” (Eseg. 34: 14), waar “kudde” “skape” “weiveld” die goeie van die liefde voorstel. In Jes: “Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die Adamah (aarde) besaai, en broodkoring wat die aarde voortbring, en hy sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in dié dag wei op `n uitgestrekte weiveld.” (Jes. 30: 23), waar deur “brood” aangedui word dit wat hemels is, en die “weiveld” of die “vettigheid van die aarde” waarop die vee wei, die goeie is wat daarvan afgelei word. In Jer: “Want JaHWeH het Jakob losgekoop...en hulle sal kom en op die Hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van JaHWeH, na die koring en die vars wyn en die olie en die skape en beeste, en hulle siel sal wees soos `n welbesproeide Tuin...” (Jer. 11: 11-12), waar die heiligheid van JaHWeH beskrywe word deur “koring” en “olie” en die goeie daarvan afgelei deur die “vars wyn” en deur die “ trop- of skape en beeste. Weereens: “Ek het die brose Dogter van Sion afgeskei na `n woonplek van rus. Herders met troppe sal na haar toe kom; hulle rig tente teen haar op, hulle verslind haar, elkeen neem sy deel.” (Jer. 6:3). Die “Dogter van Sion” beskryf die hemelse kerk, waarvan die “tente” en “troppe van vee” verteenwoordigend is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205