|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 374
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
396. “En JHWH het `n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou
doodslaan nie,” dui daarop dat die Meeste onderskei geloof op `n besonderse manier ten
einde dit gepreserveer of bewaar mag bly, en is duidelik uit die betekenis van `n “merk of
teken” en `n “teken te gee” op enigeen, as `n metode van onderskeiding. Dus in Eseg:
“En JHWH sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak `n teken
(dit is, merk hulle uit) op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die
gruwels wat daarin gedoen word.” (Eseg. 9: 4), waar by die “merk of teken op die
voorhoofde” nie bedoel word `n merk of `n lyn op die voorhoof gedeelte nie, maar om
hulle van die ander uit te ken of te onderskei. Soos in Johannes waar daar gesê word dat
die sprinkane moet slegs daardie aanval wat nie die merk van God op hul voorhoofde het
nie. (Openb. 9:4), waar die merk ook hier `n geval is van onderskeiding. [2] En in
dieselfde boek lees ons van `n “merk op die hand en op die voorhoof.” (Openb. 13: 6).
Dieselfde ding was verteenwoordig in die Joodse Kerk deur die eerste en groot gebod te
bind aan die hand en op die voorhoof waaroor ons lees in Moses: “Hoor, Israel, JHWH
onse God is `n enige God. Daarom moet jy jou God liefhê met jou hele hart en met jou
hele siel en met al jou krag. Ook moet jy dit as `n teken bind op jou hand, en dit moet as
`n voorhoofsband tussen jou oë wees. (Deut. 6: 4, 8; 11: 13, 18). Hierdeur word gesê dat
hulle die gebod moet onderskei wat betref die liefde, wat bokant al die ander is, en
daarom die betekenis van die “merk op die hand en op die voorhoof.” [3] So ook in Jes:
“…die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel, en hulle sal kom en My
heerlikheid sien. En Ek sal `n teken onder hulle doen,…” (Jes. 66: 18-19). En in Dawid:
“Wend U tot my en wees my genadig; gee U sterkte aan U kneg en verlos die seun van U
diensmaagd. Doen aan my `n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd
staan…” (Psalm 86: 16-17). Uit hierdie gedeeltes is die bedoeling van die merk of teken
nou duidelik. Niemand moet hom nou verbeel dat `n fisiese merk op `n spesifieke
persoon of op Kain geplaas is nie, want die innerlike sin van die Woord bevat dinge
heeltemal verskillend van dit wat vervat is in die letterlike sin.
|
|
|
|
|