|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 321
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
337. Die Innerlike Sin. Siende dat hierdie hoofstuk die degenerasie van die Mees
Antieke Kerk behandel, of die vervalsing van sy doktrine, en gevolglike van sy kettery en
sektes, onder die name van Kain en sy nakomelinge, moet daarop gelet word dat daar nie
`n moontlikheid bestaan om te verstaan hoe die doktrine vervals was, of wat die
geaardheid van die ketterye en sektes van daardie kerk was, tensy die geaardheid of
natuur van die ware kerk reg verstaan word nie. Genoeg was hierbo gesê van die Mees
Antieke Kerk, wat wys dat dit `n hemelse mens was en dat dit geen ander geloof erken as
dit wat van die liefde tot die Meester en teenoor die naaste was nie. Deur hierdie liefde
het hulle geloof gehad vanaf die Meester, of `n ontvangs van alle dinge wat aan die
geloof behoort, en vir hierdie rede was hulle onwillig om geloof te noem, uit vrees dat dit
afgeskei sou word van die liefde, soos wat dit hierbo aangetoon is (n. 200, 203). [2] So is
die hemelse mens, en so word hy beskryf deur verteenwoordigers in Dawid, waar van die
Meester gespreek word as die koning, en die hemelse mens is die koning se seun: “O
God, gee aan die koning U regte en u geregtigheid aan die seun van die koning. Die berge
sal vrede vra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid. Hulle sal U vrees solank as
die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag. In sy dae sal die
regverdiges bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.” (Psalm 72: 1, 3,
5, 7). Deur die “son” word liefde voorgestel; deur die “maan” geloof; deur die “berge” en
“heuwels” die Mees Antieke Kerk; deur “geslag op geslag” die kerke na die vloed;
“solank as die maan daar is” word gesê omdat geloof die liefde sal wees. (sien ook wat in
Jesaja 30: 26 gesê word). [3] Maar die geval is baie anders in vandag se tyd, want nou
neem geloof die plek bokant die naasteliefde in, maar nog steeds gee die Meester deur
geloof die naasteliefde, en nou word die naasteliefde die hoofgedagte. Dit volg hieruit dat
in die mees antieke tydperk was die doktrine vervals toe hulle `n belydenis van die geloof
gemaak het, en sodoende dit afgeskei het van die liefde. Hulle wat hierdie doktrine
vervals het op hierdie manier, of die geloof afgeskei het van die liefde, of `n belydenis
van geloof alleen gemaak het, was genoem “Kain”; en so `n ding was beskou as `n
ontsetting.
|
|
|
|
|