DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 307

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

323. Aan die einde van die hoofstuk sal verskeie voorbeelde gegee word van hulle wat gedurende hulle verblyf in hierdie wêreld anders gedink het. Hoofstuk 4 1. En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het `n man verkry met die hulp van JHWH. 2. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het `n skaapherder geword, en Kain `n landbouer. 3. En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan JHWH `n offer gebring. 4. En Abel het ook van sy eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En JHWH het Abel en sy offer genadig aangesien, 5. maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. 6. En JHWH sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? 7. Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie – die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers. 8. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. 9. Toe sê JHWH vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? 10. En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. 11. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. 12. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; `n swerwer en vlugteling sal jy wees op aarde. 13. Daarop sê Kain vir JHWH: My skuld is te groot om dit te dra. 14. Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my nou verberg vir U aangesig; `n swerwer en vlugteling sal ek op aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. 15. Maar JHWH sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En JHWH het `n teken gegee aan aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie. 16. Toe gaan Kain weg van die aangesig van JHWH, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden. 17. En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy `n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog. 18. En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg. 19. En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla. 20. En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere. 21. Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel. 22. En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, `n smid wat allerhande koper- en ysterwerktuie gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma. 23. En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem. Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan `n man dood wat my wond en `n seun wat my kwes. 24. Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe-ensewentig maal. 25. En Adam het sy vrou weer beken en sy het `n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my `n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. 26. En ook vir Set is `n seun gebore wat Hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van JHWH aangeroep.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205