DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

233. Om die geheimenisse van die geloof deur middel van geheue-kennis [scientifica] na te vors is net so onmoontlik as wat dit is vir `n kameel om deur die oog van `n naald te gaan, of vir `n rib om `n wortelhaar of veseltjie te regeer in die bors of van die hart. Hy wat die verborge dinge van die natuur ondersoek, wat ontelbaar is, sal skaars een ontdek, en terwyl hy ondersoek instel, val hy in dwaling en vergrype, soos dit algemeen bekend is. Hoeveel meer is dit die geval terwyl daar ondersoek ingestel word na die verborge waarhede van die geestelike en hemelse lewe, waar ontelbare van geheime bestaan wat onsigbaar is in die natuur! [2] As `n illustrasie, neem hierdie eenvoudige voorbeeld: Uit homself kan die mens nie anders doen as die bose nie, en om weg te draai van die Meester. Maar dit is nie die mens wat hierdie dinge doen nie, maar die bose geeste wat saam met hom is. Ook is dit nie die bose geeste wat dit doen nie, maar die boosheid self wat hulle hul eie gemaak het. Nietemin, die mens doen die bose en draai hom weg van die Meester, en is in skuld, en tog leef hy net uit die Meester. Dus, uit homself kan die mens nie dit doen wat goed is nie, en terugdraai na die Meester, maar dit word gedoen deur die engele. Ook kan die engele dit nie doen nie, maar die Meester alleen. En tog is die mens in staat om uit homself goed te doen, en om homself na die Meester te draai. Hierdie feite kan nooit verstaan word deur ons sinne, die geheue-kennis en filosofie nie, maar as hulle geraadpleeg sou geword het, sou dit ontken gewees het, ondanks die waarheid daarvan. En dit is regdeur dieselfde. [3] Van dit wat gesê is, is dit duidelik dat hulle wat dinge van die sinne konsulteer en ook die geheue-kennis [sensualia et scientifica] in dinge van die geloof, werp hulleself nie net in die vertwyfeling nie, maar ook in ontkenning, dit is, in dik duisternis, en gevolglik in alle hebsug. Want as hulle glo wat vals is, sal hulle ook doen wat vals is. En as hulle glo dat dit wat geestelik en hemels is het geen bestaan nie, so glo hulle ook dat daar niks anders is as dit van die liggaam en die wêreld nie. En so het hulle alles lief wat aan die self behoort en die wêreld, en op hierdie manier is hulle in hebsug en booshede, ontspring uit dit wat vals is. Genesis 3: 14-19: “Toe sê Jahweh aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee (diere) en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou saad en haar saad; hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. En aan die vrou sê hy: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. En aan die mens het hy gesê: omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie – vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205