|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 119
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
120. Soos by “Egipte” so-ook by “Eufrat” dui dit op geheue-kennis [scientia seu
scientifica], en ook die sensuele dinge vanwaar hierdie kennis kom. Dit is duidelik uit die
Woord in die Profete, soos in Miga: “Ook sal my vyandin dit sien, en skaamte sal haar
bedek wat vir my sê; waar is Jahweh, jou God? Daar kom `n dag om jou mure [macerias]
te herbou! In die dag sal die gebied ruim wees. Dit is die dag dat hulle na jou toe sal kom
van Assur en die stede van Egipte, en van Egipte tot by die Eufrat.” (Miga 7: 10-12). So
het die profeet gespreek betreffende die koms van die Meester wat die mens moet her
opwek (wedergeboorte) sodat hy kan word soos die hemelse mens. In Jeremia: “Wat het
jy dan te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te
doen met die pad na Assur, om die water van die Eufrat te drink?” (Jer. 2: 18). Waar
“Egipte” en die “Eufrat” hier geheue-kennis, en “Assur” die verstand daaruit ontleen,
aandui. In Dawid: “`n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies
uitgedrywe en hom geplant. U het voor hom plek gemaak, en hy het sy wortels geskiet
en die land gevul. Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier (Eufrat)
toe” (Psalm 80: 9, 11), waar ook die “rivier Eufrat” dit wat sensueel is voorstel en dit is
ook van die geheue. [sensuali et scientifico]. Want die Eufrat was die grens van die
domein en heerskappy van Israel teenoor Assirië, soos wat die kennis van die geheue die
grens is van die intelligensie en wysheid van die geestelike en hemelse mens. Dieselfde
word aangedui deur dit wat aan Abraham gesê was: “…aan jou nageslag gee Ek hierdie
land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufrat rivier.” (Gen. 15: 18).
Hierdie twee grense het `n soortgelyke betekenis.
|
|
|
|
|