|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 31
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
30. Vers 14 -17. En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die
hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel
vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel
van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. God het toe twee groot ligte
gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en klein lig om te heers oor die nag; ook die
sterre. En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die
aarde.” Wat bedoel word met die twee “groot ligte”, kan nie heeltemal duidelik verstaan
word, tensy dit ten eerste geweet word wat die ‘essensie van die geloof is’, en ook wat
die vordering van hulle is wat nuut geskep is. Die gehele essensie en lewe van die geloof
is die Meester alleen, want hy wat nie in die Meester glo nie, kan nie lewe hê nie, soos
Hyself verklaar in Johannes: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat
die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.”
(Joh. 3:36). [2] Die vordering van geloof met hulle wat nuut geskape is, is soos volg. Ten
eerste het hulle geen lewe nie, want dit is slegs in die goeie en die waarheid dat daar lewe
is, en niks in die bose en die valse nie, agterna ontvang hulle lewe vanaf die Meester deur
geloof, eerste deur geloof van die geheue wat `n geloof is van suiwer kennis [fides
scientifical]; die volgende deur geloof in die intelligensie, wat `n intellektuele geloof is;
en laastens deur geloof in die hart, wat die geloof van die liefde is. Die eerste twee tipes
van geloof is verteenwoordigend vanaf verse 3 tot vers 13, deur dinge leweloos, maar
geloof verlewendig deur liefde word verteenwoordig vanaf vers 20 tot 25, deur lewendige
dinge. Vir hierdie rede word liefde, en geloof wat daarvan ontleen is, nou eerste hier
behandel, en word genoem “groot ligte” en liefde is “die groter lig wat heers oor die
dag”, en “geloof wat ontleen is van liefde” is die “klein lig wat heers oor die nag”, en
omdat hierdie twee ligte een behoort te wees, word daar van hulle gesê, in die enkelvoud,
“Laat daar ligte wees” [sit luminaria], en nie in die meervoud nie [sint luminaria]. [3]
Liefde en geloof in die mens is soos hitte en lig in die eksterne liggaamlike mens, vir
watter rede die vorige verteenwoordig word deur die laaste. Dit is op grond hiervan dat
van die ligte gesê word dat hulle “geplaas is aan die uitspansel”, of in die interne mens; `n
groot lig is in sy wil, en `n kleiner een in sy intelligensie; maar hulle verskyn in die wil en
intelligensie slegs soos die lig van die son doen in sy ontvangende voorwerpe. Dit is slegs
die Meester se genade alleen wat die wil affekteer met liefde, en die intelligensie met die
waarheid van die geloof.
|
|
|
|
|