|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 332
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
348. Dat deur die “vrugte van die land” word bedoel die werke van geloof sonder
naasteliefde, kom ook voor in dit wat volg; want die werke van geloof leeg van
naasteliefde is werke van geen geloof nie, en is in hulleself dood, want dit is uitsluitlik
vanuit die eksterne mens. Hieroor word in Jer. geskryf: “Waarom is die weg van die
goddelose voorspoedig? U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet, hulle groei, ook
dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere; Hoe lank sal die land
treur en die plante van die veld verdor? (Jer. 12: 1, 2, 4). “Naby in die mond en ver van
hulle niere” dui op hulle wat in geloof maar afgeskei is van naasteliefde, en dit betrek
hulle waar gesê word dat “die land treur.” In dieselfde Profeet word sulke werke genoem
“die vrugte van die werke:” “Die hart is bedrieglik [supplantativum] bo alle dinge, ja,
verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, JHWH, deursoek die hart, toets die niere, om aan
elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handeling.” (Jer. 17: 9, 10). In Miga:
“Maar die aarde sal `n wildernis word vanweë sy inwoners, weens hulle handelinge.”
(Miga 7: 13). Dat sulke “vrugte” geen “vrugte” is nie, of dat die werke dood is, en dat
beide vrugte en wortels vergaan, word in Amos verklaar: “En tog het Ek die Amoriet
voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was so
sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.”
Amos 2: 9). En in Dawid: “U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag
van die kinders af weg.” (Ps. 21: 11). Maar die werke van naasteliefde is lewendig en van
hulle word verklaar dat “hulle wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe, soos in Jes:
“Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet
ondertoe en vrugte dra boontoe.: (Jes. 37:31). Om “vrugte te dra boontoe” is om te handel
uit naasteliefde. Sulke vrugte word genoem “vrug van die land tot hoogheid,” en kom in
dieselfde Profeet voor: “In dié dag sal die Spruit van JHWH wees soos tot sieraad en
heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van
Israel.” (Jes. 4:2). Dit is ook die “vrugte van heil” en word so genoem deur dieselfde
Profeet: “Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid;
laat die aarde oopgaan, en laat die heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam
uitspruit. Ek, JHWH het dit geskape.” (Jes. 45: 8).
|
|
|
|
|